Landbouweekblad

’n Slag met perde

KORTOM

■ Mnr. Michael Vaaltuin, ’n werker van die plaas Kommandantsdrift naby Uniondale, het vanjaar geskiedenis gemaak toe hy die Fauresmith-uithourit gewen het.

■ Mnr. Meyer le Roux, vrugteboer van die Kammanassie-vallei, het meer as 40 Arabierperde waarna Vaaltuin omsien.

■ Die heuwelagtige vallei dra by tot die perde se uithouvermoë.

Dit word beskou as een van die wêreld se moeilikste en uitmergelendste uithouritte waar perd en ruiter tot die uiterste beproef word. Saam trotseer hulle meer as 200 km in die koue. Vanjaar moes hulle boonop in modder en op klipperige terrein meeding.

Bykans 300 geharde perde durf jaarliks die Fauresmith-uithourit aan, maar net minder as die helfte haal die eindstreep. Vanjaar was geen uitsondering nie. Van die 286 perde en ruiters wat op 5 Julie weggespring het, kon slegs 126 dié driedagrit voltooi.

Een van die ruiters wat papnat en vol modder die eindstreep gehaal het, was die 37-jarige mnr. Michael Vaaltuin, ’n plaaswerker op mnr. Meyer le Roux se plaas Kommandantsdrift naby Uniondale.

Toe Vaaltuin met sy breë glimlag op die Arabierperd Habanero die wenstreep oorsteek, het hy geskiedenis gemaak as die eerste persoon van kleur wat dié uithourit wen. Hy is aangewys as die algehele wenner van die rit, asook die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related