Landbouweekblad

EKOTOERISME (EN PERDE!) MAAK SÓ WINS

Ekotoerisme hoef nie ’n aks terug te staan vir gevestigde, konvensionele boerderyvertakkings nie. Op die plaas Moolmanshoek by Ficksburg, vandag ’n gesogte vakansiebestemming, het die Nels dit laat werk en hulle as grasboere gevestig nadat hulle moes toesien hoe die bogrond ná elke harde reënbui wegspoel.

Mnr. Willie Nel vertel van ’n tyd toe medeboere gedink het ’n diepgewortelde saaiboer op meer as 3 000 ha wat ophou plant, is sy varkies kwyt.

Aanvanklik het Nel twaalf jaar lank die gewasverbouing van sy skoonpa, mnr. Hendrik Erasmus, voortgesit, en tussendeur ook met melkbeeste en skape geboer. In 1998 het die volhoubaarheid van sy melkery in die gedrang gekom toe hy nie meer minstens 100 ha mielies as kragvoer vir die koeie beskikbaar gehad het nie.

“Ons moes ’n drastiese besluit oor die toekoms neem, en aanvanklik het ek twee modelle oorweeg: ’n Beesboerdery of ’n boerdery wat

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Plaasverkope
MIDDELFONTEIN (803) 75 ha, aan A.M. Taylor, van G.M. Maytham, R850 000. PUNCH BOWL (799) 33 ha, aan Epty21 Inv Trust, van R.V. Rauch, R3 700 000. DE GROOTEBOOM (373) 546 ha, aan De Grooteboom Industrial (Edms.) Bpk., van A. le Grange, R1 365 000. MOO
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad8 min read
Nuwe Tegnologie Laat Geleenthede Wink Vir SA Stamboek
Vertel van jou grootwordjare en hoe jy in dieregenetika beland het? Ek is op ’n plaas buite Ventersdorp in Noordwes gebore en het daar grootgeword. My pa het ’n gemengde boerdery bedryf. Ek het op George in die Suid-Kaap gematrikuleer nadat ons daarh

Related