Landbouweekblad

Damara moet terug na sy ras-egte aard

KORTOM

■ Met Damaras word nie geproduseer vir kilogram per lam nie, maar vir kilogram vleis geproduseer per hektaar. Dit maak sin vir ’n klein- tot mediumraamras soos die Damara, glo mnr. Fanie Lerm van Ladismith.

■ Die Lerms teel hul Damaras volgens streng bepaalde seleksiedoelwitte – daar word byvoorbeeld nie gekyk na volwasse ramme se grootte nie.

Vir mnr. Fanie Lerm en sy vrou, Antoinette, is daar nie ’n mooier skaap as ’n Damara nie.

“Ek was dadelik op Damaras verlief toe ek hul pragtige kleure en adellike houding die eerste keer sien,” verklaar hy trots by een van sy troppe op die plaas Wilgerivier naby Ladismith in die Wes-Kaap.

Lerm en sy seun, Faan (27), hou ook sowat 1 000 Damaras op hul plaas Middelpost by Kakamas aan, asook ’n kudde van 250 kommersiële Nguni-koeie op huurgrond tussen Fraserburg en Leeu-Gamka. “Met ons aanteel soek ons rond na nog grond in die Noord-Kaap.”

Die rigting wat die teling van die Suid-Afrikaanse Damara ingeslaan het, kwel hom egter. “Drie soorte Damaras word geteel – die oorspronklike Kaokoland-Damara, die Rooi-Damara en die Suid-Afrikaanse Damara. Die eerste Damaras is omstreeks 1984 uit Namibië na Suid-Afrika gebring. In daardie jare het Namibiese Damara-boere ook begin om met hul skape in Suid-Afrika te skou, en die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter