Landbouweekblad

BO BLINK, ONDER ’N EWIGE BOER

Dit is ’n lus om te luister na die 85-jarige mnr. Mike Krafft (foto onder) oor Namibië se pioniersjare. Op sy rype ouderdom boer hy nog saam met sy seun, René, met beeste en wild by Dordabis, padlangs sowat 90 km suidoos van Windhoek.

Sy oupa, mnr. August Stauch, het Namibië se diamantbedryf een maanligaand in 1908 op dreef gekry nadat hy uitgepluis het hoe die blink klippies juis dáár beland het. Mike woon nou nog op die plaas Ibenstein waar hy op 5 Februarie 1937 gebore is nadat August (sy oupa aan sy ma se kant) dit omstreeks 1920 gekoop het.

Stauch was toe ’n direkteur van Consolidated Mines wat beheer van die diamantbedryf geneem het. Hy was tot 1926 ’n direkteur, “het baie geld gemaak” en kon Ibenstein koop.

Oupa Stauch was die tweede oudste kind van sy boeregesin in Duitsland. Die oudste het die boerdery geërf, en Stauch as tweede seun het by die spoorweë gewerk.

Stauch se oupa kom van Rusland waar sy voorsate hulle in 1642 as boere gevestig het. In 1918 het hulle weens onderdrukking deur die Lenin-bewind na Estland gevlug. Stauch was 16 toe die gesin na Duitsland verhuis het.

Toe Stauch aan asma begin ly, is hy na Namibië met sy droë klimaat verplaas. Hy was gestasioneer op Kolmanskop in die Namibwoestyn, 10 km

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related