Landbouweekblad

Akkurate data grondslag vir eeu oue stoetery

INLIGTING

Plaasligging: Windhoek, Namibië

Naam: Lichtenstein West

Eienaarskap: Beslote korporasie

Vertakkings: Simmentaler- en Brahman-stoetery, Warmbloed-perde en trofeejag

Veldtipe: Bergagtige, klipperige veld met goeie, diverse veld bestaande uit meer as honderd grasspesies

Gemiddelde reënval: 350 mm/jaar

KORTOM

■ Dié boer beplan metings en weging vooruit om elke eienskap op die regte tyd te meet.

■ Me. Bianca Lueesse kyk elke paar weke na gelang van veldtoestande en die beskikbare weiding hoe die verskillende dieretroppe verskuif moet word.

■ Lueesse is die vierde geslag wat ’n bestaan uit die Simmentalers maak en sit die seleksie vir beeste voort om in veldtoestande met min insette te reproduseer en produseer.

Dit is ’n lang proses om ’n beesboer te word en voortdurend te groei, sê me. Bianca Lueesse, Simmentaler-, Brahman- en Warmbloedperde-stoetboer en wildboer van Windhoek in Namibië, wat pas as Breedplan-Landbouweekblad-Molatek se Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar vir 2022 aangewys is.

Die hoë vlak waarop sy boer en die kundigheid wat sy aanwend om op wetenskaplike wyse te selekteer, teel en bestuur, het haar dié vlagskip-eerbewys tydens die jaarlikse LRF-Veeskool by Aldam besorg.

Die Simmentalers waarmee Lueesse op die plaas Lichtenstein West in die Khomas Hochland buite Windhoek boer, stam van die eerste Simmentalers af wat haar familie in 1893

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Plaasverkope
MIDDELFONTEIN (803) 75 ha, aan A.M. Taylor, van G.M. Maytham, R850 000. PUNCH BOWL (799) 33 ha, aan Epty21 Inv Trust, van R.V. Rauch, R3 700 000. DE GROOTEBOOM (373) 546 ha, aan De Grooteboom Industrial (Edms.) Bpk., van A. le Grange, R1 365 000. MOO
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad8 min read
Nuwe Tegnologie Laat Geleenthede Wink Vir SA Stamboek
Vertel van jou grootwordjare en hoe jy in dieregenetika beland het? Ek is op ’n plaas buite Ventersdorp in Noordwes gebore en het daar grootgeword. My pa het ’n gemengde boerdery bedryf. Ek het op George in die Suid-Kaap gematrikuleer nadat ons daarh

Related