Landbouweekblad

’N BEES VIR DIE VELD ÉN DIE VOERKRAAL

PLAASINLIGTING

LIGGING: Parys, Vrystaat

NAAM: Goedgedacht

EIENAARSKAP: Familievennootskap

VERTAKKINGS: Stoet- en kommersiële beeste en voerkraal

GRONDTIPE: Rooi- en swartklei

VELDTIPE: Gemengde soet-suurveld

GEMIDDELDE REËNVAL: 700-800 mm per jaar

KORTOM

■ Dié boerdery verkies vrugbare, geharde beeste wat grootliks sonder ’n lek op weiding kan oorleef en reproduseer. Die Droughtmaster slaag dié toets.

■ Deur ’n semi-ekstensiewe beesboerderystelsel met ’n semiintensiewe voerkraal te kombineer, word heelwat van beesboerdery se risiko’s uitgeskakel.

■ Harde werk en goeie bestuur vul die boerdery se suksesverhaal verder aan.

As sesde geslag van die Dannhauser-familie op dieselfde grond by Parys in die Noord-Vrystaat is daar veral drie dinge wat vir mnr. Johan Dannhauser ononderhandelbaar is: harde werk omdat niemand op die rug van die vorige geslag se sukses kan ry nie, die toepassing van voortreflike boerderybeginsels, en geharde, vrugbare beeste wat op die veld én in die voerkraal hul man kan staan.

Die boerdery met die hoofplaas, Goedgedacht, as hoofkwartier, word deur mnr. Kobus en me. Gezina Dannhauser besit en deur hul seun, Johan, bestuur. Die grond is in ’n trust waarvan Johan en sy susters, me. Carina Taljaard en me. Devina Dannhauser, saam met hul ouers die trustees is. Die boerdery huur die grond by die trust. Dus het die boerdery geen ander keuse nie as om winsgewend te boer.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad4 min read
Minder Antibiotika In Dierebedrywe Gebruik
NIEMAND wil enige teken van antimikrobiese middels in hul cappuccino hê nie, sê dr. Theo Kotze, ’n veeartsenykundige konsultant in die beesbedryf, wat namens die Melkprodusente-organisasie (MPO) in ’n werksessie oor die weerstandigheid teen antimikro

Related