Landbouweekblad

Droogtebestande vetsterte laat Kasteel se somme klop

Kleinvee

Soms is ’n eenvoudige boeresom nodig om sentiment met sy wortels – en regmatige plek – in ’n vorige era, te ontwortel. Waar die voer van wolooie in die vorige droogte die Kasteel-boerdery R780 per ooi per jaar uit die sak gejaag het, het nie-wolooie die Wieses hoogstens R28/ooi gekos. En hoewel daar heelwat veranderlikes is wat nog in dié berekening ingebring moet word, het die groot droogte van 2014 tot 2021 die besluit beklink om meer met vetstertskape te begin boer.

Die Kasteel-boerdery se oorsprong was toe Hentie Wiese se pa, oupa Dries, in die laat 1940’s in die distrik Loxton ingetrek en grond gekoop het. Toe het die boerdery grootliks uit wolboerdery, met Merino’s die aangewese ras, bestaan.

Hentie, wat in 1938 gebore is en ’n groot Merino-man is, het in die jaar van die groot oplewing in die wolbedryf – bekend as die wol- – al ’n paar jaar op die plaas Biesiespoort by Loxton geboer. Hy het die plaas Van Aswegensfontein in 1981

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related