Landbouweekblad

Maravillosa! Vrystater boer vooruit in Paraguay

Met plase wat 650 km van mekaar geleë is in dele met uiteenlopende toestande, kos dit goeie beplanning en raakvat-boerdery om oral suksesvol vooruit te gaan. Dit is presies wat mnr. Jaco Brits, deurwinterde boer van Paraguay, doen sedert hy hom 27 jaar gelede daar gaan vestig het.

Brits boer op plase in die ooste en weste van die land met ’n Dorper-stoetery, kommersiële skape en Borantipe vleisbeeste, produseer hout in sy plantasies, maak voer van aangeplante weidings, besit sy eie slaghuis en vleisverwerkingsaanleg en lewer beesvleis aan die uitvoermark.

Brits, sy vrou, Alta, hul drie kinders, Janneman, Willemien en Petri, en Brits se ouers, Mike en Anna, het in 1994 sak en pak van Vrede na Paraguay verhuis. “Die grond was goedkoper en die voorwaardes makliker as in Australië en Nieu-Seeland, wat ons ook aanvanklik oorweeg het.”

Die goeie, diep rooigrond en baie reën in Paraguay het hierdie Vrystaters soos ’n magneet aangetrek.

Hul woonplaas in die ooste heet Cabaña Doña Ana (direk na Afrikaans vertaal as “tant Anna se stoetery”) en is naby die dorp Caaguazú in die distrik met dieselfde naam geleë. Dit is hul permanente woonplek en waar hy sy skaapboerdery het, met beeste boer, voer op aangeplante weidings produseer en plantasies gevestig het. Dié plaas beslaan net 23 ha, maar hy boer op nóg ’n plaas, Estancia Don Eric van 700 ha. Hierdie plaas behoort aan dr. Eric de Beer van Rustenburg. Hoewel De Beer twee jaar gelede oorlede is, gaan die vennootskapsboerdery voort.

Die boerdery bestaan uit

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; pos: lbw@landbou.com WENBRIEF Vir die eerste keer sedert ek 25 jaar gelede na Pretoria verhuis het, het ek ’n groot, swart en stekelrige ruspe gekry wat my kiepersolboom se blare vreet. Eers toe enkeles van hulle uit die b
Landbouweekblad3 min read
Wysig Bestaande Trustakte Só
Trusts is dikwels ’n groot deel van ’n persoon se boedelbeplanning. Dit word onder meer gebruik as ’n hulpmiddel vir opvolgbeplanning in ’n boerdery, vir die beskerming van bates vir minderjariges en ander erfgename, asook vir risiko- en belastingbep
Landbouweekblad1 min read
Kleinveepryse Styg
Pryse is meestal stabiel. Kleinveepryse het taamlik verbeter danksy aankope vir Moslem- godsdienstige feeste. BKB verskaf die Wes-Kaapse pryse. Besoek vleisprys.co.za vir Noord-Vrystaatse pryse.