Landbouweekblad

WOESTYNSKAPE EN TURKSVYE TEM WOESTYNPLAAS

INLIGTING

Ligging: Helmeringhausen, Namibië

Naam: Dabis

Eienaarskap: Vierdegenerasie-familieboerdery

Vertakkings: Skape as hoofvertakking, asook beeste, bokke en turksvye

Grondtipe: Rooi rante op die grootste deel van die plaas waardeur die Groot-Konkieprivier vloei.

Veldtipe: Kleinbossieveld (langs die oudste woestyn in die wêreld, die Namib) met baie goeie weiding.

Gemiddelde reënval: 125 mm per jaar die afgelope paar jaar (voorheen gemiddeld 140 mm)

KORTOM

■ Woestynskape het die regte gene om uitstekend in droë toestande te produseer en slaglammers te lewer.

■ Die Dabis-skaap is uit verskillende geharde rasse saamgestel danksy proewe met verskillende kruisings.

■ Die boerdery maak sestien verskillende produkte van turksvye om die boerdery se inkomste uit teeldiere en slaglammers aan te vul.

Slim planne is noodsaaklik as ’n mens op ’n skaapplaas neffens die Namibwoestyn wil oorleef; wat nog te sê vooruit boer. Suider-Afrika beskik egter oor vernuftige boere en planmakers en hierdie boerdery het alle beskikbare vernuf ingespan om ’n mediumraamskaap te teel waarmee hulle goeie sukses behaal.

Mnr. Jörg en me. Michelle Gaugler pas herlewingslandbou toe met hul skaapboerdery op die plaas Dabis buite Helmeringhausen in die suide van Namibië, op die randjie van die Namib, die oudste woestyn op aarde. Hierdie gebied word geologies as halfwoestyn geklassifiseer.

Daar het hulle ’n unieke skaap geteel wat hulle die Dabis-skaap noem – genoem na hul plaas – of in die volksmond die woestynskaap.

Jörg se pa, Joe, het die grondslag vir die woestynskape gelê en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit