Landbouweekblad

MEATMASTERS WYS HUL STAAL IN DROOGTE

D anksy klem op teelmateriaal het mnr. Johnny Hanekom die afgelope lang droogte nie net oorleef nie, maar selfs met meer skape as voor die droogte geëindig.

Hanekom het die plaas Sandrucken in die Swartrante 50 km suid van Maltahöhe in 2001 gekoop. Die Swartrante vorm deel van die oorgang vanaf die plato na die Namib-woestyn. Die somer word deur warm dae en koel nagte gekenmerk. In die winter word dit baie koud.

Die gebied is volgens hom die room van Namibië se kleinveewêreld. Sowat 16 grassoorte kom voor, feitlik almal smaaklike spesies, soos lusernbos, wolbos, kortbeenboesmangras en blinkaarboesmangras. Daar is ook voedsame bosse, waaronder ghabbabos en noeniebos.

Noukeurigheid en goeie bestuur is duidelik ’n onlosmaaklike deel van Hanekom se mondering, want nêrens is ’n slap draadheining, skewe hek of flenter voertuig of werktuig te bespeur nie. Alles kan deur ’n ring getrek word, van die verste kamp tot die plaaswerf met sy netjiese skaapkrale, sonkragstasie, plaashuise en skure.

Suinigheid vir raad aan ander boere is daar nie by Hanekom te bespeur nie. Hy deel sy kennis in groot hande vol uit.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad4 min read
Minder Antibiotika In Dierebedrywe Gebruik
NIEMAND wil enige teken van antimikrobiese middels in hul cappuccino hê nie, sê dr. Theo Kotze, ’n veeartsenykundige konsultant in die beesbedryf, wat namens die Melkprodusente-organisasie (MPO) in ’n werksessie oor die weerstandigheid teen antimikro