Landbouweekblad

Stoetboer vang elke druppel water vas

Boereplan

Byna 90 droë boorgate later kon Heinz en Almut Gruhn, die Namibiese egpaar wat pas as die Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar bekroon is, hul getal beeste met ’n verbysterende derde vermeerder.

Die gebruik van gatdamme en sonpompe speel ’n belangrike rol in die sukses wat hulle met hul Hereford-stoetery en kommersiële boerdery behaal.

Die Gruhns boer op die plaas Otongovi, 135 km noordoos van Windhoek, met hul Otongovi Hereford-stoetery, kommersiële beeste, osboerdery, kleinvee en vrylooplêhenne. Hulle is pas as die Lewendehawe-registrerende Federasie (LRF) en Molatek se Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar bekroon nadat die stoetery in 2014 en 2022 die naaswenner was, en in 2014 wenner van die Koeigroep van die Jaar-kompetisie. Die egpaar het ook al 4,5 sterre vir volledige prestasiemeting en-aanmelding van Breedplan ontvang. (Hou Landbouweekblad dop vir ’n artikel oor hul veebenadering.)

Op Otongovi word hul stoet- en kommersiële koeie eenders bestuur. Die stoetkoeie word gebruik om teeldiere te teel

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related