SIKLIESE BOERDERY ÁL GENADE IN TAAISTE WOESTYNLAND
Boerdery in Suider-Afrika is meestal nie maklik nie, maar in die suide van Namibië is dit nóg moeiliker en produsente moet op ’n spesiale manier boer. Net ’n handjie vol boere kan in sulke uiterstes vooruit boer.
Soos mnr. Nico Strauss van Velloor die streek beskryf: Die taaiste van taai toestande, waar die afgelope somer se 150-300 mm reën as uitermate baie bestempel word. Soms is hulle net 40-50 mm in ’n hele jaar beskore.
Kennis van die omgewing en sy beperkings is voorvereistes om hier te seëvier. Saamstaan en mekaar help moet deel van sulke boere se lewenswyse wees. Droogtehulp word sorgvuldig verdeel en boere help mekaar oor en weer met weiding.
“Anders kan ons maar oppak en trek, want niemand kan die mas alleen opkom nie,” sê Strauss wat met Dorpers en beeste by Velloor, 20 km noord van die
Velloordrif-grenspos tussen Namibië en Suid-Afrika, boer. Die verste dele van sy groot veeplaas is 50 km van mekaar. Hy het ook besproeiingsgrond verder stroomop in die rigting van die Nakop-Ariamsvlei-grenspos.
Velloor is ’n Vlaamse woord wat “fluweelagtige gelykte” beteken, en verwys na die indruk wat ’n mens ná ’n goeie reënjaar kry wanneer jy deur Strauss se veld ry. Die grashalms lyk amper fluweelagtig.
Van só ’n sagtheid is daar egter min sprake in hierdie klipharde gebied. Dit het ’n
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days