Landbouweekblad

Karooboer toor met waardeketting

Jongboerkompetisie

Karooboere is uitgelewer aan ’n paar elemente – die weer, afgeleë ruimtes en die lot om dikwels prysnemer te bly. Jaco Pieterse van die plaas Potkraal naby Richmond met sy 14 000 ooie in ’n deurlopende produksiesiklus benut die volle waardeketting deur sy eie abattoir en bemarking wat in die droogte momentum bereik het.

Die boerdery speen lammers vroeg, rond ramlammers in die voerkraal af en bemark dit as verpakte karkasse in die Wes-Kaap. Dit besorg Jaco en sy vrou, Andrea, ’n bykomende marge van 15% tot 20% teenoor die bemarking van slagskape by ander abattoirs.

Dié winsgewendheid is moontlik omdat hy as prysbepaler kan optree. “Ek is min van buitefaktore vir prysbepaling in my onderneming afhanklik. Die produkpryse moet uiteraard markverwant wees.”

Hy erken ruiterlik dat sy stelsel bestuurgewys ’n nagmerrie is. “Jy sit met diere in verskillende fases van produksie in verskillende distrikte in die Karoo op

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter