Landbouweekblad

Wees oopkop oor krag, sê kenners

Die oplossing vir energieprobleme, of dit nou op ’n wêreldskaal of plaasvlak is, blyk ’n mengsel van energiebronne en opwekkingstelsels te wees waarvan die samestelling van situasie tot situasie verskil.

Des Muller, ’n energiespesialis en besturende direkteur van NuEnergy Developments in Johannesburg, verduidelik dat daar ’n basis van bestendige energie of dan elektrisiteit nodig is. In Suid-Afrika word dit deur steenkoolkragsentrales opgewek, maar kernkrag of hidro-elektrisiteit kan ook ’n land se basislading voorsien.

Om in spitstye die vraag na krag aan te vul, het ’n mens dan opwekkingsvermoë vir spitsverbruik nodig wat vinnig aanen afgeskakel kan word. Dit is hier waar oopsiklus-gasturbines ingespan of hidroelektrisiteit as hernubare bron gebruik moet word.

Des sê ander hernubare bronne, soos son- en windkrag, moet dan gebruik word om die opwekkingsvermoë aan te vul in die streke waar dit beskikbaar is. Hoewel hierdie energiebronne tot 25% van ’n gebied se krag kan opwek, is dit nie betroubaar nie. Dit moet deur die basislading en opwekkingstelsels in spitstyd gerugsteun word.

Hy meen ’n kombinasie van natuurlike gasstelsels, kernkrag, hidro-elektrisiteit en hernubare energie in die vorm van wind- en sonkrag is ’n gebalanseerde en volhoubare energiemengsel vir Suid-Afrika en die res van Suider-Afrika. Hy voeg by dat biomassa ook ’n goeie bron van energie is waaruit krag opgewek kan word. Dit kan byvoorbeeld suikerriet of houtsaagsels wees.

Die doelwit van ’n regverdige energie-oorgang moet wees om ’n land te word met genoeg skoon, betroubare, veilige en bekostigbare energie om ekonomiese groei, werkgeleenthede en welvaart vir almal moontlik te maak, sê Muller.

Dit gebeur egter nie en Suid-Afrika betaal ’n duur prys daarvoor. Hoewel elektrisiteit in Suid-Afrika

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Plaasverkope
MIDDELFONTEIN (803) 75 ha, aan A.M. Taylor, van G.M. Maytham, R850 000. PUNCH BOWL (799) 33 ha, aan Epty21 Inv Trust, van R.V. Rauch, R3 700 000. DE GROOTEBOOM (373) 546 ha, aan De Grooteboom Industrial (Edms.) Bpk., van A. le Grange, R1 365 000. MOO
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad8 min read
Nuwe Tegnologie Laat Geleenthede Wink Vir SA Stamboek
Vertel van jou grootwordjare en hoe jy in dieregenetika beland het? Ek is op ’n plaas buite Ventersdorp in Noordwes gebore en het daar grootgeword. My pa het ’n gemengde boerdery bedryf. Ek het op George in die Suid-Kaap gematrikuleer nadat ons daarh