Landbouweekblad

Mikrokragnetwerke gee jou meer opsies

DIE koms van selfone het die uitbreiding van telefoonpale en -lyne in talle Afrikalande oorbodig gemaak. En kenners verwag dat dieselfde kan gebeur met mikrokragnetwerke in dele van Afrika met ontoereikende kragnetwerke.

Dr. Arnold Rix van die afdeling vir fotovoltaïese stelsels aan die Universiteit Stellenbosch se fakulteit ingenieurswese, het tydens die onlangse Woordfees op Stellenbosch gesê Suid-Afrika het die tegnologie, kennis en infrastruktuur en moet dit gebruik om dié geleentheid vir energieverskaffing aan te gryp. Kenners op die onlangse Afrika-energieweek het ook mikrokragnetwerke as ’n bekostigbaarder en volhoubaarder oplossing voorgehou om krag te verskaf aan die 600 miljoen Afrikane wat nog sonder elektrisiteit leef.

In Suid-Afrika, waar daar ál meer mededinging is om verbindings op die nasionale netwerk, het boerderye met intensiewe kragverbruik reeds sulke netwerke begin oprig om kragpunte op plase te konsolideer, koste te bespaar en sonkrag doeltreffender te gebruik.

Een só ’n boer is Hendrik Bloem en sy familie, wat in die distrik Philippolis

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter