SUID-AFRIKA het ’n netwerk van biobanke geskep om die land se groot verskeidenheid plante, diere, bakterieë en swamme te bewaar.
Die netwerk van biobanke sal navorsing in Suid-Afrika verbeter deur te verseker dat navorsers toegang tot alle monsters het.
Biobanke Suid-Afrika (BBSA) is ’n projek van die departement van wetenskap en innovasie. Dit is daarop gemik om plaaslike wetenskaplikes se mededingendheid