Landbouweekblad

Wat gemaak as die reg blind is vir dié oortredings?

VEEDIEWE is nie die enigste misdadigers wat boere jaarliks duisende rande aan verlore ure en inkomste kos nie. Onwettige jag met honde het die afgelope jare ontaard in ’n hoogs georganiseerde “sport” waar jagters tienduisende rande aan honde bestee en weddenskappe en prysgeld honderde duisende rande per jagtog kan beloop.

Boonop is dit selfs moeiliker om sulke jagters aan die pen te laat ry as veediewe omdat die strafregstelsel as ’t ware blind is vir die misdaad.

Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou se veiligheidskomiteee en veeboer by Wesselsbron, wys op talle haakplekke in die stryd teen dié misdaad. “As jy die jagters vang, op kameras of binne padreserwes, is die eerste probleem dat jy nie weet waar hulle gejag het nie, en sonder ’n klaer (in ’n strafsaak) kan jy niks doen nie.

“Tweedens, noudat jy hulle gevang het, moet jy die polisie bel. Al het jy ’n goeie verhouding met die stasiebevelvoerder, het jy dalk nie dieselfde verhouding met die konstabel wat uitkom nie. Jy moet twee of drie uur vir die polisie wag, en dalk is daardie konstabel vriende met die jagters en laat hulle dadelik vry.

“Daardie jagters weet boere kan

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related