Landbouweekblad

Veediefstal: Op wie moet boere vertrou?

BY Verkeerdevlei in die Vrystaat smeul die lont nog nadat die polisie met groot magsvertoon twee vroueboere, Janné en Liza-Marie Smith, en hul buurman Hendrik Steyn onlangs in hegtenis geneem het. Die drie is aangekla van regsverydeling, ontvoering, aanranding en poging tot moord oor die manier waarop hulle vermeende veediewe behandel het en sal op 5 September weer in die hof op Brandfort verskyn nadat hulle op borgtog vrygelaat is.

Burgerregte- en landbouorganisasies het egter hul kommer uitgespreek oor die 30 polisielede wat in 13 voertuie sonder ’n lasbrief op die Smith-susters se plaas toegesak het om die twee jong vroue in hegtenis te neem. Dieselfde polisiediens kon egter nog nie vorder met ’n ondersoek ná die onlangse diefstal van omtrent 150 skape op die twee susters se plase nie.

Sulke stories hoor ’n mens op elke veediefstalforum- of landelikeveiligheidsvergadering in amper enige distrik in Suid-Afrika.

Coert Jordaan, voorsitter van landelike veiligheid by Agri Oos-Kaap, sê baie boere voel dit help nie om misdaad by die polisie aan te meld nie. “Dit duur ure, selfs dae om op klagtes te reageer en ons hoor die hele tyd, ‘daar is nie voertuie nie’ of ‘daar is nie mense beskikbaar nie’. Veediefstaldossiere lê tot tien dae by polisiekantore voordat iemand van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related