Landbouweekblad

Uitvoermark ryp vir geel kiwivrugte

Tuinbou

Sowat ’n dekade gelede is die eerste boorde geel kiwivrugte deur ’n hand vol ambisieuse pioniers reg oor Suid-Afrika aangeplant. Met sowat 350 hektaar geelkiwiboorde – en ’n moontlikheid om dit sesvoudig uit te brei – klink dit na min, maar dié gewas se hoë lisensiekoste word vinnig op die winsgewende uitvoermark verhaal.

Nieu-Seeland, een van die wêreld se voorlopers in kiwiverbouing, het in 2020 met 430 000 ton uitvoervrugte nagenoeg NS$6,2 miljard (R73,6 miljard) verdien. En Suid-Afrika het talle plekke wat ideaal geleë is om ’n tydgleuf van Februarie tot einde Maart te vul voor Nieu-Seeland se belangrikste oes in April gepluk word.

Kiwivrugte in Suid-Afrika het ’n veelbewoë geskiedenis nadat die groenkiwiaanplantings in die 1980’s grootliks ’n mislukking was. Die eerste paar jaar van geelkiwiproduksie was ook nie maklik nie. Vanaf planttyd duur dit drie jaar, meer as R1 miljoen en toewyding om ’n hektaar geelkiwilote in hoogste winsrat te kry.

Die potensiële

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit