Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Witboy in Berlyn: Avonture in die Eerste Wêreld
Witboy in Berlyn: Avonture in die Eerste Wêreld
Witboy in Berlyn: Avonture in die Eerste Wêreld
Ebook291 pages3 hours

Witboy in Berlyn: Avonture in die Eerste Wêreld

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

"Die honde en kinders verstaan Duits, maar ek nie."
Toe sy vrou werk kry in Duitsland, besluit Deon Maas in 'n oogwink om Berlyn toe te trek. In hierdie intellektueel stimulerende, dekadente stad voel hy hom op sekere maniere dadelik tuis – op ander nie.
In die reis wat alle immigrante meemaak, ontdek hy meer oor homself en sy wortels terwyl hy sy voete in sy nuwe omgewing vind. Hy verwonder hom aan tipies Duitse gewoontes soos dat alle oorsese televisieprogramme (swak) oorgeklank word en dat die Duitsers hul sin vir ordelikheid op alles en almal afdwing.
Op sy avonture ontmoet hy veganistiese anargiste, sokkerboewe, 'n lid van 'n satiriese Duitse politieke party en neem hy selfs aan 'n protesoptog deel.
Maas ontdek dat alles nie perfek werk in die Eerste Wêreld nie. Mense daar sukkel om probleme op te los oor alles so streng gereguleer is en hulle weet nie eintlik hoe om die uit-dagings te hanteer wat toenemende immigrasie veroorsaak nie.
Hy probeer ook antwoorde vind op vrae oor verlies, oor identiteit en hoe om as 'n wit immigrant uit Afrika in Europa in te pas. Maas besef al is hy op papier dalk iets van 'n Duitser danksy sy Duitse stamouers, is hy eintlik iemand heeltemal anders. Iemand wat in wese van Afrika is.
LanguageAfrikaans
PublisherJonathan Ball
Release dateFeb 15, 2019
ISBN9781868427598
Witboy in Berlyn: Avonture in die Eerste Wêreld
Author

Deon Maas

DEON MAAS was co-producer on the television series Jam Sandwich (SABC), Fortuinsoekers (kykNet), The Gulder Ultimate Search, a Nigerian reality TV programme, and Zim-Zim (DSTV). He is also the co-producer of two documentary films: Who Killed Johannes Kerkorrel and Punk in Afrika. Maas, formerly a resident of Johannesburg, built up a loyal following with his first two books, Witboy in Africa and Melk die Heilige Koeie. Presently, he is a dog walker in Berlin.

Related to Witboy in Berlyn

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Witboy in Berlyn

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Witboy in Berlyn - Deon Maas

    DEON MAAS

    Witboy in Berlyn

    AVONTURE IN DIE EERSTE WÊRELD

    Jonathan Ball Uitgewers

    Johannesburg & Kaapstad

    Inhoud

    Titelbladsy

    Opdrag

    1 – Die honde verstaan Duits, maar ek nie

    2 – Die politieke polka

    3 – Van Johannesburg na Berlyn

    4 – If music be the food of love ...

    5 – Duitsland, nie Berlyn nie

    6 – Die waarheid oor Duitse presisie

    7 – Wanneer ’n immigrant nie regtig ’n immigrant is nie

    8 – ’n Janfiskaal en die uitroep van ifikile inkululeko

    9 – Sondag

    10 – Die stad van protes

    11 – Vaarwelkom

    Leeslys

    Lof vir die titel

    Oor die boek

    Oor die skrywer

    Kolofinbladsy

    Für Claudia & Leon und Anna & Sebastian

    "Mein

    Deutsch ist

    unter aller Sau."

    – ’n Ou Duitse spreekwoord – direk vertaal: My Duits is onder die sôe, wat beteken My Duits is baie swak.

    DIE HONDE VERSTAAN DUITS, MAAR EK NIE

    George en Katharina het reeds voor hulle troue besluit om te trek. Of hulle dié besluit alleen geneem het, is te betwyfel.

    Katharina Köhl het blou bloed in haar are gehad én daar was geld in haar Berlynse familie. George Maas was ’n ystersmid wat ’n sukkel­bestaan gevoer het. Dit kan net die noodlot wees wat Katharina in die stalle laat beland het waar George besig was om die Köhls se perde te beslaan.

    Katharina se pa was ’n Landjunker, ’n lid van die Pruisiese adel, en ’n aan­hanger van die ou orde wat in die middel 1800’s bedreig is deur die veranderende maatskaplike en ekonomiese omstandighede. Katharina se nuwe liefde het mnr. Köhl glad nie aangestaan nie, en dit was nie lank nie of George het sonder werk gesit.

    Wat Pappa egter nié in gedagte gehou het nie, is dat sy dogter haar nie sommer sou laat voorsê nie. Op 9 Augustus wys Katharina hom dus die middelvinger en trou met George. Hulle trougeskenk van Pappa was twee skeepskaartjies Kaapstad toe – eenrigting, nié retoer nie.

    Dit was 1860.

    Die Berlyn wat George Michiel Maas en Katharina Köhl, my stam­ouers, meer as 155 jaar gelede agtergelaat het, was ’n heel ander stad as die een waarin ek my vandag bevind. Ek het die sirkel voltooi. Ek is terug in die land van my voorouers.

    George Michiel Maas (1837-1882)

    Katharina Köhl (1841-1922)

    Die busse wat in George en Katharina se tyd deur perde getrek is, is intussen vervang met treine wat onder die grond loop en trems wat deur elektrisiteit aangedryf word. Huise het vandag binnetoilette en die stad is met graffiti ingekleur.

    Berlyn dra die tekens van hoe wreed die geskiedenis soms verloop het tussen my voorouers se vertrek en my aankoms in die stad. Daar was sedertdien etlike oorloë en revolusies, moorde en opstande, selfs boek­verbrandings. In Berlyn sukkel jy nie om bewyse te kry van die foute wat die Duitsers in die verlede gemaak het nie. Vandag nog is daar geboue met koeëlgate in die mure, kerke wat nooit ná die Tweede Wêreldoorlog herstel is nie, bomskuilings wat in kunsgalerye omskep is.

    Dan is daar die Stolpersteine … dié klein struikelblokkies van brons, net ’n bietjie groter as ’n pakkie sigarette, vind ’n mens oral in die stad in die keisteen­sypaadjies voor woonstelblokke. Dit dui aan waar Duitsers, veral Jode, gewoon het wat in die Tweede Wêreldoorlog deur die Nazi’s vermoor is. Die slagoffer se naam en geboortedatum asook die datum waarop hulle weggevoer en vermoor is, is daarop gegraveer. Party se sterfdatum is onbekend; ander het die slagting oorleef.

    Hier wohnte Rudi Goldschmidt

    JG. 1906

    Deportiert 28.11.1942

    Auschwitz

    Ermordet 22.12.1942

    Rudi het byna ’n maand gehou voordat hy sy laaste asem uitgeblaas het omdat hy ’n Jood was. Of dalk was hy homoseksueel, ’n politieke vyand van die staat, ’n Sewendedagadventis of ’n sigeuner (Roma). Miskien was hy meer as een van hierdie dinge.

    Op die dag van sy dood was hy waarskynlik nakend en alleen.

    ’n Paar blokke van Rudi se Stolperstein af staan wit kruise wat opgerig is ter herdenking van die mense wat doodgeskiet is toe hulle gedurende die Koue Oorlog oor die Berlynse Muur uit die kommunistiese Oos-Berlyn probeer vlug het. Die kleremaker Günter Litfin is op 24 Augustus 1961 geskiet, skaars tien dae nadat die muur verrys het. Die laaste ou wat dood is toe hy na Wes-Berlyn probeer vlug het, was Chris Gueffroy, op 5 Februarie 1989. As hy maar net ’n paar maande gewag het … ’n Foto van ’n onbekende man wat wyd in die Westerse pers verskyn het, word op die kruis vir Den unbekannten Opfern an der Mauer (die onbekende slagoffers van Die Muur) gebruik.

    Wanneer jy vandag die Reichstag-gebou, die setel van die Duitse parle­ment, besoek, kan jy deur die Shoah-gedenkmuseum stap wat die slagting van Europese Jode gedurende die Tweede Wêreldoorlog gedenk. Wanneer die Duitse parlementariërs oor nuwe wetgewing moet stem, moet hulle eers hierdie ongelyke stellasie van betonblokke deurkruis sodat hulle nooit die gruwels van die oorlog sal vergeet nie. Die kantoor van die Duitse kanselier daar naby is van glas gebou – omdat haar optrede altyd deursigtig moet wees.

    Shoah: Grys graniet wat die hede gebied.

    In die verlede is die klankbaan van elke nuwe stad wat ek besoek het, deur die eindelose ritme van drank, uiteenlopende avonture en nuwe stemme bepaal. Nou woon ek in ’n gemeubileerde woonstel en die enigste ritme is dié van my eie rondspringery om te keer dat ons honde die ver­huurders se meubels opvreet of op hulle matte piepie.

    Vir die eerste keer is ek nie ’n toeris in Europa nie, maar ’n inwoner. Verby is die dae van twee weke lange warrelwindbesoeke met hope pret en plesier gevolg deur ’n kort lofsang oor hoe wonderlik die dorpie of stad is. Nee, nou gaan dit oor woonstel skoonmaak, inkopies doen, stap met die honde en belasting betaal.

    Vir die eerste keer moet ek aan myself begin dink nie as ’n Afrikaan nie, maar as ’n Europeër. Ek skuur nou elke dag skouers met die einste mense met wie ek nog altyd die draak gesteek het – individue met geen werklike kennis van Afrika nie, maar baie opinies daaroor; vegetariese anargiste; mense wat dink hulle is beter as ander net omdat hulle uit Wes-Europa kom. Ek dink ook gereeld aan al daardie Suid-Afrikaners wat hulle as Europeërs eerder as Afrikane beskou.

    Ons woonstel in die suidoostelike voorstad Neukölln kyk uit op ander woonstelgeboue oorkant die straat. Wanneer mense rondloop en gesels, kyk hulle nooit op nie. Maar ek sien al die subtiele interaksies raak: Paartjies wat eers hulle woordewisseling klaarmaak voordat hulle hul vriende se deurklokkie lui; ’n kind wat agter sy ouers se rug deur ’n ouer boetie en sussie geboelie word; daai laaste intieme oomblik tussen twee mense voordat hulle die res van hulle vrye tyd met ander moet deurbring. Eintlik wou hulle by die huis bly en televisie kyk, maar sosiale druk dwing hulle om vanaand ure lank in die geselskap van ander te wees.

    Dit is Saterdagaand net ná tien en mense begin aankom vir ’n verskei­den­heid partytjies en kuiers. Maar niemand klop by my aan nie. Al is ek omring deur mense, voel ek vir die eerste keer in dekades alleen. Hier waar ek van my balkon op die eerste verdieping afkyk op die wêreld, is ek ver verwyder van vriende en enigiets bekends.

    Ek is nog só nuut hier dat ek steeds verbaas is om kinders Duits te hoor praat en te sien hoe honde op bevele in Duits reageer. Dit is seker maar die punt waar talle immigrante begin.

    Ek sit in Berlyn. Nie Duitsland nie, maar Berlyn – een van daai wêreld­stede waar amper almal van iewers anders af kom. Net soos New York nie die deursnee-Amerika is nie, Lagos nie verteenwoordigend van Nigerië nie, en Johannesburg nie altyd soos die res van Suid-Afrika voel nie, het Berlyn ook haar eie unieke identiteit. Jy kom dit gou agter wanneer jy die eiland van Berlyn verlaat en die res van Duitsland verken.

    Die stad roem hom nog altyd daarop dat dinge hier dikwels effens anders gedoen word as in die res van Duitsland. Dit pas my.

    Ek kom gou agter die Berlyners volg selfs met verkeersreëls soms hulle eie kop. Die Duitsers is bekend daarvoor dat hulle nooit jaywalk nie. Hulle stap eers wanneer die groen verkeersligmannetjie sy verskyning maak, maar hier loop mense oor die straat, al is die mannetjie rooi. Partykeer. Veral laat in die aand. Dit word nie goedgekeur nie, maar gebeur wel.

    Die Duitsers noem die verkeersligmannetjie Ampelmann, en hy is só beroemd dat daar al ’n hele bedryf rondom hom ontwikkel het met T-hemde, bekers en selfs sonstoele met sy prentjie op. Die mannetjie se voor­koms verskil ook van gebied tot gebied en is ’n aanduiding van of jy jou in die ou Wes- of Oos-Berlyn bevind.

    Ek begin vermoed een van die redes waarom ek in Berlyn sal kan oorleef, is juis omdat ek oor die pad kan stap, al wys Ampelmann ek mag nie. As ek sou moes wag vir die groen mannetjie, sou ek nie hier kon woon nie. Daarvoor bruis Afrika te sterk deur my are.

    Hier is mense wat nie wit is nie, maar wat Europeërs gebore en getoë is. My vel is weer wit, maar een ding weet ek: Ek is en bly van Afrika.

    Die verkeerslig as rock-ster.

    Dit voel vreemd om in ’n plek te woon waar mense nie die popkultuur­verwysings van jou jeug verstaan nie. Niemand in Duitsland weet wie Liewe Heksie is nie, ook nie Haas Das, Rabobi of Trompie nie.

    Alles is dalk nuut en opwindend, maar enige vorm van familiariteit verdwyn. Daar is geen vriende soos dié wat jy per ongeluk in Melville kan raakdrink nie.

    Op my eerste twee dae in Berlyn verloor ek boonop twee vriende: eers Johann Botha, die vervaardiger en aanbieder van 50/50, wat in Jeppe in ’n kroeg doodgeskiet word; ’n dag daarna Mick Desmond, die eienaar van The Irish Club in Linden, een van my gunsteling-keelnatmaakplekke.

    Ek kan nie na hulle begrafnis toe gaan nie, al wil ek, en vir die eerste keer besef ek watter impak afstand het.

    Ek het vir my vriende in Jozi tot siens gesê. Sommige van hulle het ek nie eens so gereeld gesien nie, maar hulle was altyd binne trefstand, sommige letterlik. Nou is hulle ’n vlug van 12 uur – en duisende rande – ver.

    Ek is besig om afskeid te neem van die alledaagse dinge van my ou lewe. Ek voel soos die huisie met die varkies binne wat deur die wolf om­geblaas word.

    Die Walliesers het ’n woord. Wel, hulle het verskeie woorde, maar ek dink aan ’n spesifieke een: hiraeth. Dit is moeilik vertaalbaar, maar kom neer op ’n heimwee na iets wat nie meer bestaan nie – iets wat jy onthou, maar wat nie meer so is nie.

    Leon Retief, ’n vriend wat al etlike jare in Berlyn woon, sê: Ek mis Suid-Afrika, maar ek mis die Suid-Afrika van sewe jaar gelede.

    Dit het niks met die politiek of veranderende maatskaplike omstandig­hede te doen nie. Dis amper ’n gevoel wat jy gehad het toe jy deel was van ’n spesifieke omgewing of omstandighede. Iets wat jy weet jy nooit weer gaan terugkry nie. Van my vriende gaan ek vir seker weer sien en ons sal altyd vriende bly, maar my nuwe ervarings en die feit dat ons blootgestel is aan ander invloede, beteken dié vriendskappe sal waarskynlik nooit weer dieselfde wees nie.

    ’n Paar weke ná my aankoms kry ek een oggend uiteindelik my kans. ’n Onwet­tige immigrant uit New York (cute, blond, petite en, heel voorspel­baar, in ’n kort swart rokkie) kom by die woonstel aan om teen die minimum­­loon van €9,50 per uur as hondewagter vir ons te werk. Toe kon ek uiteindelik die bus haal om ander dele van Berlyn te gaan verken.

    Van die bus af klim ek oor op die Babilon, Berlyn se moltreinstelsel met sy luidsprekertaal wat selfs die Duitsers nie kan verstaan nie. Die trein­wa is stampvol mense op pad werk toe en vir wie hierdie ’n daaglikse roetine is. Dan is daar die dronkies wat aan ’n bier teug op die één plek in Berlyn waar dit onwettig is om alkohol te drink.

    Maar ek is besig om die goeie dele van die storie vooruit te loop, want ek ly nog aan die ongeduld van ’n nuweling op ’n nuwe plek. So, laat ek diep asemhaal en begin by die begin.

    "Oh, you,

    aristocrats! I got

    drunk in a small

    tavern for three

    kopecks, and you

    did it abroad, in

    Berlin, have you

    forgotten this?"

    – Grigori Yefimovich Rasputin

    DIE POLITIEKE POLKA

    Neukölln is Berlyn se weergawe van Hillbrow, maar sonder die misdaad en die yskaste wat op Oujaarsaand by die vensters uitgegooi word. Dit is basies soos Hillbrow in die jare tagtig – ’n plek waar mense van oral bymekaarkom omdat hulle nie meer by die huis wil bly nie. Mense wat ontevrede is met hulle ouers, hulle land of hulle geloof, of wat om verskeie ander gel­dige redes – van oorlog en armoede tot pestillensies of aaklige bure – groener weivelde gaan soek.

    Neukölln se inwoners is meestal uitgewekenes, wat heelparty Duitsers in­sluit. Sommige is vrywillige uitgewekenes, ander nie. Daar is Turke, tweede­­geslag-Siriërs, Serwiërs, Jordaniërs, Kirgisiërs, Yslanders, Russe, Pole, Oe­kraïners, Litauers, Irakese, Iranese – as die plek ’n vlag het, is daar iemand wat dit hier sal rondswaai, as hangertjie om hulle nek sal dra of ’n tatoeërmerk daar­van iewers op hulle lyf sal hê.

    Hierdie is nié die soort woonbuurt waar ’n mens winkels kry wat Berlynse aandenkings verkoop nie; hulle probeer nie eens nie. Ons woon­stel is sowat drie blokke aan die westelike kant van waar die Berlynse Muur eens was. Dit is ’n ou werkersklaswoonbuurt waar die straat­gevegte tussen die kommuniste en die Nazi’s in die 1920’s vandag op die hoofplein vereer word.

    Neukölln, wat suid van die middestad lê, is eeue reeds bekend as ’n tuis­te vir immi­grante. Vandag dien dit steeds as veilige hawe vir immigrante, maar ook anar­giste en post-hipsters wat nie met hipsters kan cope nie. Toe die eerste 350 Morawiese Protestante (sommige bronne sê 500) ná die Dertigjarige Oor­log¹ uit Bohemië (in die hedendaagse Tsjeggië) geskop is en hier blyplek gevind het, het die plek as Rixdorf bekend gestaan.

    Die Rixdorfers hou van bolle rol.

    Oorspronklik was Neukölln ’n dorp met die naam Richardsdorf – dit is al in 1360 so beskryf. Daar word beweer die oorspronklike dorpsfondamente is deur die Tempelridders (beter bekend as die Knights Templar) gelê, maar dit het blykbaar vergaan en is toe deur die nuwe immigrante ontwikkel. Dit is egter nog nooit onteenseglik bewys nie. Richardsdorf is tot Rixdorf herdoop nadat koning Frederik Wilhelm I van Pruise die Morawiërs in 1737 toegelaat het om in Richardtstrasse vir hulle huise te begin bou. Die geplaveide straat is vandag nog daar – ek en ons honde maak gereeld ’n draai.

    Die ou Rixdorf met sy houthuise en perdestalle bestaan vandag nog, in die middel van ’n groot wêreldstad. Om die een of ander rede het dit behoue gebly. Hier gaan mense aan met hulle 21ste-eeuse dagtake terwyl hulle omring word deur ouwêreldse argitektuur, skaars twee blokke van die underground, internetkafees en die hoofkantoor van die rollerderby af.

    Richardt­strasse het deur die jare al heelwat erge dinge gesien. Die Prote­stantse immigrante het vinnig aangewas en ander immigrante wat dalk nie so Protestants was nie, het ingestroom. Onder hulle was tientalle Duitsers wat nie in ander dorpe kon of wou nesskop nie – immoreles, misdadigers en ander sosiaal wanaangepastes. Dit herinner ’n bietjie aan Johannesburg se bevolking nadat goud ontdek is.

    Teen die laat 1800’s het Rixdorf, wat toe nog nie deel van Berlyn was nie, ’n reputasie ontwikkel as ’n partytjieplek vir almal wat te veel wou drink, hulle vrou wou verneuk en die soort dinge wou aanvang wat nie by die huis geduld sou word nie. In 1912 het die Berlynse munisipaliteit die dorp se reputasie probeer red deur die naam na Neukölln te verander.

    In Karl Marxstrasse is dit multi-kulti Neukölln-styl.

    Die mengelmoes van inwoners het natuurlik heelwat probleme opge­lewer. Die Duitse Rixdorfers het nie daarvan gehou dat die Boheemse immi­grante nie verplig is om belasting te betaal of diensplig te doen nie. Dit het tot vele konfrontasies en bendegeweld gelei – iets wat jy vandag nog in Neukölln kry.

    Destyds het die Morawiërs se vroue uitgestaan omdat hulle anders aangetrek het as die ander vroue in die buurt, en vandag is hulle vervang deur Moslemvroue wat hoofbedekkings en soms selfs boerkas dra.

    Die stadsvaders het destyds ’n kompetisie ingestel waarin jong manne ná die someroes hooibale deur die strate moes rol, kwansuis om hulle testos­teroonvlak effens af te bring. Dit het gewoonlik in die eerste twee weke van September plaasgevind. Op grond van die uitslag sou hulle blyk­baar kon aflei wie se geslagsdeel die grootste is.

    In 2008 is hierdie kompetisie weer ingestel en deesdae vind dit in ’n straatjie net agter ons woonstel plaas. Dit word Popráci Rixdorfer Strohballenrollen genoem en deur die Neukölln-munisipaliteit en die Tsjeggiese ambassade aangebied.

    Vandag is sowat 160 nasionaliteite tuis in Neukölln, wat steeds die toon­aan­gewende buurt vir immigante in Berlyn is. Ek en my vrou, Veda, het Neukölln gekies omdat ons bang was dit freak ons dalk uit om te veel wit mense om ons te hê, veral wit Duitsers.

    Willkommen in Berlin.

    Almal praat altyd oor hoe groot en opwindend Berlyn is. Dit gebeur inder­daad selde dat jy iets oor die stad lees sonder dat daar ook genoem word dit is nege keer so groot as Parys. In die eerste paar weke ná my aankoms bestaan Berlyn vir my net uit ’n paar straatblokke, want ek hang slegs in die woonbuurt uit.

    Ons bly in Sonnenallee. Wanneer jy in Sonnenallee afstap, word die

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1