DIE SONDES VAN MY NAZI-OUPA
HULLE sê die oë is die vensters van die siel, maar in Rainer Höss se geval weerspieël sy prominente bakore die emosies wat deur hom vloei. Terwyl Edith Grosman, ’n 95- jarige oorlewende van Auschwitz, op die rusbank vooroor leun en ’n driftige tirade teen Duitsland en die Duitsers afsteek, raak daardie ore skarlakenrooi.
“Wat is hierdie nasie?” vra sy. “Wreed, onnosel, geestelik swak?” Sy wys ’n beskuldigende vinger. “Die Duitsland van Goethe en Beethoven! Hoe kon hierdie nasie sulke dinge doen?”
Ons sit in die leefvertrek van Edith se woonstel in die noorde van Toronto, Kanada. Die klein, tingerige vroutjie met kortgeknipte bruin hare sit met haar linkerbeen voor haar uitgestrek. Sy kan dit nie buig nie weens die beentuberkulose wat sy in die doodskamp opgedoen het. Die verbleikte tatoe van haar gevangenenommer, 1970, is net-net onder die opgerolde mou van haar gestreepte blouen- wit T-hemp sigbaar.
Haar sig is swak en sy moet met ’n kierie loop; tog straal sy die vurige energie uit wat haar meer as drie jaar lank in Auschwitz laat oorleef het. Die vorige dag het sy by haar agterkleinseun se barmitswa in die voorste ry gesit. En met meer oorgawe gesing en uit die Tora voorgedra as die res van die gemeente saam.
“Jy sien, selfs jy praat so!” roep sy uit, gloeiend van die woede toe haar gas aan die hand doen dat Hitler die Jode gehaat het omdat hulle ryk was. Ek verduidelik Rainer waag net ’n mening oor Hitler se rassistiese vooroordele, maar sy bly verontwaardig. “Hoe kan ’n intelligente mens soos jy sê die Jode was ryk? Was jy in Oos-Slowakye onder
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days