‘BAIE MENSE DINK KINDERS ONTHOU NIE VEEL NIE. EK DINK NIE HULLE BESEF DIE UITWERKING WAT SULKE GE BEURE OP BAIE JONG MENSE HET NIE’
SY WAS vyf jaar oud toe sy haar tatoeëermerk gekry het. Tova Friedman was in Auschwitz, en die tatoeëerkunstenaar was ’n ander gevangene, ’n tienermeisie. “Haar hande het gebewe,” onthou Tova. “Hoe kan ek dit vergeet?”
Tova (nou 84) sit kiertsregop op ’n rusbank oorkant my. Ons is in haar dogter, Taya, se huis in New Jersey in die VSA.
Sy onthou hoe al die kinders in die Duitse konsentrasiekamp in Pole in ’n tou moes staan. Sy het gedink hulle gaan ’n bietjie ekstra kos kry en het gedruk om voor te kom. Sy onthou ook hoe sy toe moes uitvind voor in die tou wag ’n jong tatoeëerkunstenaar wat saggies met haar gepraat en met bewende hande die nommer A-27633 op haar aangebring het, een spikkel ink op ’n slag.
“Vir my het sy oud gevoel, maar as ek nou terugdink, kon sy nie ouer as 17 of 18 gewees het nie,” sê Tova. “Ek onthou nog hoe die naald gevoel het.”
Sy onthou ook die ouer meisie se woorde: “Ek sal vir jou ’n netjiese nommer gee. As jy ooit oorleef, kan jy ’n bloes met lang moue koop en niemand sal weet wat met