Huisgenoot

PORTRET VAN ’N HUWELIK

IN 1983, toe Suid-Afrika deur betogings lamgelê is en die apartheidsregering gevrees het hy sou sy greep verloor, het die departement van buitelandse sake ’n oudit gedoen. Hoe beroemd, wou hulle weet, was Nelson Mandela? Hy is nie gesien of gehoor in die twee dekades sedert ’n hof hom tot lewenslange tronkstraf gevonnis het nie. Maar in die jare van sy afwesigheid het die idee van hom gegroei en gegroei, tot hy die regering se gedugste vyand geword het.

Presies hoe bekend was hy, wou hulle vasstel. Die resultate van die oudit het die skrywers geskok. ’n Blok woonstelle in die East End in Londen is Mandela Heights gedoop; ’n kamer in ’n kunsgalery in Glasgow is die Mandela Room genoem; hy het ereburgerskap van Rome en ’n dorp in Griekeland gekry; ’n hoërskool op die dorpie Ilmenau in Wes-Duitsland is na hom vernoem; 20000 ondersteuners in die Duitse Demokratiese Republiek het vir hom poskaarte gestuur, asook derduisende mense in Sri Lanka.

Wat was die rede vir dié byna universele bewondering? Sy gesig was immers onbekend; sy stem ongehoord. As hy in ’n kamer vol ondersteuners moes instap, sou hulle nie geweet het wie hy was nie.

’n Groot deel van die antwoord was sy vrou. Toe haar man in 1964 tronk toe ge-stuur is, was Winnie Mandela (toe 28) ’n enkelma van twee dogtertjies. Sy was ook beeldskoon. In daardie onbeskaamd chauvinistiese tye het manlike joernaliste wat in die swart Suid-Afrikaanse media oor haar geskryf het hul belangstelling kwalik verbloem.

Sy was jonk en pragtig, is gesê, en wie weet wanneer haar man sou terugkeer? Sou sy regtig vir hom wag, soos Penelope al die jare vir Odysseus gewag het in die Griekse epos die Odyssee? Dan weer: Watter man sou regtig dapper genoeg wees om in die slaai van swart Suid-Afrika se bekendste seun te krap?

Namate die jare verbygegaan het, het haar openbare profiel aansienlik ernstiger geword,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Vier Die Liefde
Hy het byna twee dekades gelede gesing oor sy “Jessie baby” – sy was ’n Jessica aan wie hy tóé al sy ewige liefde verklaar het. Die ironie, natuurlik, is dat die rasperstemsanger RAY DYLAN nie in 2007 geweet het wie dié Jessica is nie, tot hy haar se
Huisgenoot2 min read
Ziza En Nickey Jacobs
EK HET my pa in 2004 in ’n ongeluk verloor. Hy het van Victoria-Wes Kaap toe gegaan om werk te gaan soek, en hy sou weer in Desember daai jaar terugkom, maar hy’s in November in die ongeluk dood. So toe is die broodwinner weggevat. Dinge was donker.
Huisgenoot6 min read
Menings Oor Stories Op Huisgenoot.com
Marinda Engelbrecht praat oor haar vriendskap met Peter Veldsman, die befaamde sjef, kosredakteur en kookboekskrywer wat op 82 oorlede is Hy was ’n ware kosikoon, so innoverend en wêreldwyd gerespekteer. Saluut! My deeglik gebruikte versameling harde

Related