Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Armblankes
Armblankes
Armblankes
Ebook247 pages6 hours

Armblankes

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Edward-John Bottomley volg die verhaal van wit armoede in Suid-Afrika, van die 19de eeu toe die kategorie 'armblanke' eers geskep is.Die kerk en regering het armblankes probeer 'red' as deel van die apartheidsplan, want wit armoede kon lei na rasse-integrasie; vandag reageer politici weer op verskillende maniere op dié verskynsel. 'n Vars blik op 'n ou geskiedenis, met implikasies vir die hede.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateSep 20, 2012
ISBN9780624057932
Armblankes

Related to Armblankes

Related ebooks

Related articles

Reviews for Armblankes

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Armblankes - Edward-John Bottomley

    Die ontdekking van die armes

    missing image file

    Hulle het Alfred Francis saam met swart vroue in ’n huis in die onderdorp gekry.

    Hy het as ’n soort onderwyser op ’n plaas in die Kaapkolonie gewerk. Francis was so arm toe hy werk as ’n skoolmeester gesoek het dat die boer Du Plessis vir hom moes klere koop. Nadat hy die kinders ’n tyd lank geleer lees en skryf het, het Francis ’n perd gesteel en dorp toe gemik, waar die plaaslike polisie hom gekry het.

    Daar was menige soos Francis in die Kaap voor die twintigste eeu. Mans wat matrose was, miskien, of wat uit een of ander leër gedros het. Hulle het in die wye veld tussen die berge rondgeswerf, werk as meesters gesoek op plase waar die eienaars hul kinders nie na die plaaslike skool wou of kon stuur nie. Die meesters is as skaars meer as bedelaars beskou, wat ’n rukkie lank halt geroep het om hul skoene heel te maak voordat die volgende reëns kom. As hulle gelukkig was, het hulle ’n boer gekry wat gewillig was om hulle in diens te neem. Dalk het hulle gebly en vir die kinders die bietjie wat hulle self van skrif en skryf geweet het, geleer, en met die plaaswerk gehelp. Hulle kon op die trappies van die klein skooltjie of kerk sit en staar na die ry bome waar die wind sy eie stert jaag. Miskien het die bries gedraai, en die reëns te vroeg gekom en dan sou hulle ’n perd steel, of brood, en koers kies.

    In daardie jare was daar berigte van die ‘laagste voorbeelde van die mensdom’ wat bykans nakend oor die heuwels geswerf het, plantwortels geëet het. Daar was depressies, wat hul getalle laat toeneem het, en die goeie tye, wanneer daar minder van hulle was wat dorpsgrense oorgesteek het. As hulle in die buitewyke van stede kom bedel het, of in die klein dorpies, sou hulle die liefdadigheid wat aan hulle bewys is sonder uitsondering misbruik, het die mense gesê, en die volgende oggend dronk in berugte strate gekry word. Voor die armblankeprobleem en moderne krotwerwe, was daar die meesters. Die armes, so staan daar geskrywe, was nog altyd by ons. ¹⁰

    Kom ons praat oor die empire – van die era van Britse uitbreiding tot in die wilde lande ver van hul eilandfort, toe rooi massas gesien kon word waar hulle in die heuwels van Natal en die agterstrate van Delhi marsjeer. Toe groot skepe die branders aangedurf en die boodskap van beskawing na die uithoeke van die wêreld uitgedra het. Waar hulle vasgemeer het, het die lug gebewe van die klank van duisende gepoleerde stewels wat teen ’n moordende snelpas marsjeer.

    Kyk van naderby. Daar, die halfbloedkind van ’n Engelse amptenaar en ’n Xhosa-vrou – simbool van verowering en van skande, verstoot deur albei ouers, skrop hy in die versteekte dele van die stad rond. Daar, die liggame van Indiese betogers in Amritsar wat stil lê terwyl die wind die klank van koeëls uit die lug vee.

    Daar, die bordele wat in die nag gloei. ’n Jas gegooi oor ‘n salonstoel, strepe wat ’n hoë rang aandui. Die reuk van parfuum in die swaar aandlug.

    Daar, die empire.

    Om van naderby na die geskiedenis te kyk, om ons aannames te ontleed en krities na te dink oor wat ons vind, hang van ’n stel konsepte af – die lense wat ons gebruik om op die verlede te spioeneer. Een van dié lense is postkolonialisme. In onlangse jare het akademici begin herevalueer wat met die term ‘empire’ bedoel word. Dit was alles behalwe ’n onstuitbare monolitiese mag, en die verspreiding van die empire word nou beskou as baie meer lukraak, gekloof deur interne teenstrydighede, vyandighede en botsende agendas.

    Baie van hierdie revisionistiese werk fokus op die Britse Ryk, en beskou dit nie as die doelgerigte fokus van duisende identiese funksionarisse nie, maar as ’n ryk van mense, vol van die chaos en lompheid van ons spesie. Teen die middel van die negentiende eeu kon dit straks meer korrek gewees het om die gevolg te beskryf as ’n ‘ryk van strandhoofde en brughoofde, half-verowerde streke, half-gevestigde binneland, sendingstasies en walvisstasies, barakke en soldatekwartiere, verdragshawens op pad boontoe en verdragshawens met geen toekoms nie’.¹¹ Dit beteken nie dat die baie werklike ekonomiese en militêre mag van die ryk onderskat moet word nie – die klank van masjiengeweervuur in die stilte van ’n Indiese namiddag – maar dit vra groter sensitiwiteit vir so ’n ‘projek’ se komplekse, menslike natuur met sy vele fasette – en om te besef dat die onderneming om ’n empire te bestuur, die gevolg van aanhoudende onderhandelinge in die klubs van Londen en in die sweetwarm kantore van administrateurs in Kalkutta was.

    Die verbreding van die empire-konsep dat ons daardeur ook kan aandag gee aan die skaduwees van die imperiale droom is deels toe te skryf aan die opkoms van ’n spesifieke vorm van akademiese studie bekend as postkolonialisme en sy bemoeienis met dissonansie tussen die amptelike geskiedenis en die stemme van die gemarginaliseerdes. Postkolonialistiese studies begin met die aanname dat die kolonies – die onderneming van die oorheersing en besetting van ’n buitelandse nasie – ’n diepgaande uitwerking gehad het op die koloniseerders sowel as dié wat geregeer is. Dié effek was nie bloot ekonomies nie, maar kultureel. Die kolonies het identiteite geskep wat dié wat daar gewoon het, vir altyd as anders gemerk het – ’n eksotiese reuk aan die hals van ’n Engelse society lady, ’n hardebolkeil op die kop van ’n Indiese klerk.

    Sommige geleerdes¹² het die idees van postkolonialisme toegepas deur te redeneer dat die koloniale identiteite van koloniseerder en gekoloniseerde in verhouding tot mekaar gekonstrueer is – in die dominiums en in die metropool. In die kolonie moes die heersers die sienings wat hulle van hul tuisland geërf het, aanpas by die nuwe wêreld waarin hulle nou gewoon het. Kolonisasie het die Engelse in Suid-Afrika of die Hollanders in Sri Lanka kultureel anders gemaak as die lande wat hulle verlaat het. Hierdie nuwe aankomelinge het die reën oor die veld en die moesonwinde stormend uit die oerwoud ervaar, en dit het hulle vir ewig verander. Die gekoloniseerdes – dié wat die skepe sien aankom het – moes ook verander. Hulle was vissers of jagter-versamelaars. Nou was hulle diensknegte en die wêreld het vreemd geword.

    By die huis het kolonialisme ook identiteite omvorm. Markte is oorstroom met eksotiese goedere en vreemde speserye. Of dit nou te wagte was of nie, dié in die koloniale metropole, soos Londen of Lissabon, was nou veroweraars. Hulle het na onbekende lande gevaar en dit hul eie gemaak. Hulle kon nooit meer dieselfde oor hulself dink nie.

    Ander geleerdes¹³ het dié insig op die vloeibaarheid van identiteit van toepassing gemaak deur te redeneer dat ‘koloniseerder’ en ‘gekoloniseerde’ nooit vaste identiteite was nie, maar kategorieë wat voortdurend heronderhandel en versterk moes word. Hoe klassifiseer ’n mens die ras-gemengde kinders van Britse funksionarisse en ‘naturelle’-vroue? Die donkerder vel van dié kinders kenteken hulle as anders, maar het dit hulle op dieselfde vlak geplaas as dié wat hul ouers wou kom koloniseer? En het die wit armes wat langs die inheemse Afrikane of Sri Lankane of Indiërs vir kos gebedel het, dieselfde rasstatus as die wit winkelier? Klassifikasie was ’n stomp instrument in imperiale hande, en die kategorieë daarvan moes voortdurend gemonitor word namate belange, smake en die sedes van die samelewing verander het.

    Nadat die skepe vasgemeer het, die handelsposte en regeringskantore gevestig is en die vlag omhoog gehys is, is die koloniseerders gekonfronteer met ’n land wat vir hulle vreemd was. Hul kinders sou grootword in ’n wêreld ver verwyderd van die een wat hulle agtergelaat het, en die mense by wie hulle op straat verbygeloop het, was vir hulle eers vreemd, toe bekend. Dit is waar ons moderne konsepte van ras, identiteit en regeringsmag gevorm is. Kategorieë is gesmee, getoets en afgeskaf: ‘Die kolonies . . . was onderbefondste en oorbelaste laboratoriums van moderniteit. Daar is die wetenskap se gesag as ’n teken van moderniteit gevestig met die minimum uitgawe en die maksimum ambisie.’¹⁴

    Die idees van postkolonialisme plaas ’n belangrike klem op die kolonies, en hul bydrae, ekonomies en kultureel, tot die rykprojek. Tog, ondanks die verskeidenheid kolonies – vir die Britte plekke so uiteenlopend soos Kanada en Singapoer – is baie van die aandag op net een plek gevestig: die Indiese subkontinent. Postkoloniale geleerdes en kommentators het, om die een of ander rede, net vlietende aandag aan die wye wêreld buite die grense van Indië gegee. Daar was net enkele wesenlike konflikte in setlaarlande soos Kanada of Australië, tog is die ryk net soveel in die berge van Noord-Amerika en die getye van die suidelike Stille Oseaan gevorm as op die slagvelde van Indië (of Suid-Afrika).

    ‘Ten beste het die oorsese Britte in die gedaante van voorafvervaardigde medewerkers verskyn wat industriële Brittanje, die lees waarop hulle geskoei is, se gebruike nageboots en produkte verbruik het . . . Hersiening moes lankal plaasgevind het,’ skryf die historikus James Belich.¹⁵ ‘Die dominiums kan nie in die Prokrusteaanse bed van imperiale medewerkers ingepas word nie. Ook kan hul bydrae tot Britse wêreldmag nie as minder belangrik as Indië s’n geag word nie.’ Miskien is dit tyd om verder as die krotbuurte van Nieu-Delhi te kyk en die lens van postkolonialisme toe te pas op lande waar die koloniseerders gekom het om te bly, en wat hulle met verloop van tyd hul eie begin noem het.

    Belich redeneer dat om op imperalisme, die verowering van nasies en die onderwerping van hul inwoners te fokus, ’n belangriker ontwikkeling verberg – dat dit die setlaarkolonies soos Australië, die Verenigde State en Suid-Afrika was wat die mees diepliggende uitwerking op die moderne wêreld gehad het, en nie besette lande soos Indië nie: ‘Europese ryke het een en ’n halwe kontinent omtrent ’n eeu lank oorheers. Europese volksplanting het drie en ’n derde kontinente, waaronder Siberië, oorheers. Dit gebeur steeds.’¹⁶ Imperialisme het die siele van gekoloniseerdes en koloniseerders in ’n verskriklike skakering gewas, hande gevlek, en ’n spoor van slawe en weduwees en goewerneurs agtergelaat. Geslagte later gloei die kole van heerskappy steeds in die hart van die wêreld. Tog, ondanks die impak daarvan het wesenlike Europese heerskappy laat opgedaag, en dit het nie baie lank geduur nie. Die ware mag agter die dramatiese Engelssprekende uitbreiding tussen 1790 en 1939, is Belich se slotsom, was die setlaargemeenskappe.

    Ver van die fabrieke en woude van Europa het ’n setlaarskolonie gelê wat die eienskappe van volksplanting én verowering soos geen ander gekombineer het nie. Suid-Afrika is ’n groot, droë land waar ‘die gom van die ryk swakker was en die druk daarop veel groter’.¹⁷ Anders as met ander lande waar die koloniseerders kom bly het, was die Britte in Suid-Afrika ’n aansienlike minderheid in verhouding tot inheemse Afrikane, ’n groep wat hulself as ’n ‘eiland van wit’ in ’n donker en gevaarlike see beskou het – ’n siening meer algemeen in kleiner setlaarsbuiteposte soos Kenia, Rhodesië of Ceylon. Ewe belangrik was dat die Britte ’n minderheid van die koloniseerders self was. In Suid-Afrika is die Britte deur iets betreklik onbekends in die gesig gestaar – ’n Europese koloniale mededinger wat die land jaloers vir homself bewaak. Die Hollanders was sedert 1652 in Suid-Afrika teenwoordig, en was goed ingegrawe teen die tyd van die uitgebreide Britse migrasie in die negentiende eeu. Die twee groepe het sedert 1795 in botsing gekom, toe Brittanje die Kaapkolonie van die Hollanders afgevat het. Oor die volgende eeu het dié nasies versigtig om mekaar gesirkel, skynbewegings uitgevoer, reikwydte gemeet, krag getoets, totdat hulle gegrom en mekaar in die Tweede Anglo-Boere-oorlog van 1899-1902 gepak het. Meer as 200 jaar lank het die Hollanders en die Britte in Suid-Afrika hulself in verhouding tot die ander definieer – as Nie-Hollands en Nie-Brits – asook tot die inheemse swart Afrikane, en meegeding om beheer van die land deur politiek, ekonomie en idees.

    Die Tweede Anglo-Boereoorlog, wat hoofsaaklik deur ’n stryd om beheer van die Witwatersrandse goudvelde veroorsaak is, is ’n embleem van die primêre kragte wat moderne Suid-Afrika gevorm het. In 1867 is diamantneerslae in die sentrale deel van die land gevind, wat ’n stormloop van hoopvolles na die land gelei het, stories geïnspireer het van blink voëleiers wat oor die platteland gesprei lê, maklike fortuine vir die desperates en die ambisieuses.

    En toe, 20 jaar later, is die mees uitgebreide neerslae van gouddraende erts ter wêreld onder die Witwatersrand ontdek – die rykste skat in die geskiedenis. ‘Van 1886 is die storie van Suid-Afrika die storie van goud.’¹⁸ Die historikus Charles van Onselen beskryf die jare tussen die ontdekking van goud en die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog as ’n ‘historikus se droom’:

    Binne ’n bietjie minder as dertig jaar is ’n republiek wat op ’n nederige landbou-ekonomie geskoei is, omvorm in ’n kolonie wat met die wêreld se grootste en tegnologies mees gevorderde goudmynbedryf kon spog – ’n traumatiese oorgang waaroor vier verskillende regerings toesig gehou het, gestippel deur ’n staatsgreeppoging, en in een stadium heeltemal tot stilstand gebring deur ’n bloedige konflik wat twee en ’n half jaar geduur het.¹⁹

    Binne 80 jaar het Suid-Afrika gespring ‘van ’n onervare kwasi-staat tot ’n verrassend gevorderde nywerheidstaat . . . ’n proses wat in Europa eeue geduur het’.²⁰

    Die fortuin onder Suid-Afrika se voete kon ryke uit nasies maak en die kluis is beskerm deur niks meer nie as arm Hollandse boere wat eerder wou vee teel as om oor ’n wêreld te heers. Die oorlog sou teen Kersfees verby wees. Dit het langer geduur. Later, toe die sagte reën die lyke oordek, het tienduisende Britse en Boeresoldate vir ewig onder die sterre gelê en slaap. Niemand weet vir seker hoeveel swart Afrikane omgekom het nie. Die konflik het groot eise aan die ryk gestel, en dit gebelg en verneder onder ander Europese nasies gelaat. Terwyl dit gewoed het, het Brittanje byna ’n halfmiljoen troepe teen ’n totale moontlike Boeremag van 50 000 ingestuur. Die Boere het klein bendes guerillavegters gevorm wat die onmoontlike dier keer op keer pyn veroorsaak het, net om weer in die heuwels te verdwyn wanneer die lyke getel word. Aan die wêreld is dit as ’n gentlemansoorlog voorgehou. Sondae het die vegtendes vanuit hul loopgrawe opgekyk en oor hul waens geloer om kerkdienste by te woon en krieket te speel. En toe – met ’n uitgerekte, pynlike en duur konflik as vooruitsig het die Britte hulle tot ’n verskroeiede aarde-taktiek verbind en daardeur die plase en families verwoes wat die Boerevegters van proviand voorsien het. Die reuk van gebrande landerye het die land oortrek, die vee keelaf gesny, koeëlgate in hul sagte flanke. Putte is vergiftig. Landerye gesout. ’n Hele landbou-ekonomie wat nou op vuil winde sweef.

    Dit was nie meer ’n gentlemansoorlog nie. Hulle het vroue en kinders in groot vlugtelingstede hervestig, wat gou onder ’n nuwe naam bekend geword het: konsentrasiekampe. Altesaam is meer as 100 000 Boere en swart Afrikane in dié kampe geïnterneer waar siekte op lang bene gehurk het om by tente in te loer, hongersnood die mae getoets het en bene soos droë takke gebreek het. Tienduisende Boerevroue en -kinders is dood. Niemand is seker hoeveel swart Afrikane het langs hulle gaan lê nie. Meer as 25 000 Boeremans is van hul tuistes verban en na die vreemde gestuur. Toe die stof gaan lê het, het die goud aan die Britte behoort. Die oorlog het ’n hele nasie in armoede gedompel, ’n ander in skande, en ’n derde, die swart Afrikane, heeltemal vergeet. Dit het ’n donker en woedende kloof geslaan in die gemoedere van dié wat die Afrikaners geword het, een wat steeds laat in die nag gluur.

    Die Engelse filantroop Emily Hobhouse, wat oor die omstandighede in die konsentrasiekampe geskryf het, het dit die ‘verskriklike lag van die Afrikaner’ genoem. Die aaklige gevolg van die verskroeide aarde-beleid het Afrikaners laat lag. Oor die Van Graan-broers, wat albei reuse-verliese in die oorlog gely het, is Hobhouse se woorde só deur Swart opgeteken:

    Een ‘het sewe klein mondjies gehad om te voed. Hy het vir ’n skuldbewys by Repatriasie aartappelmoere gekry, maar die droogte het dit laat vrek. Sy broer het vir hom osse geleen om mee te ploeg, dus het hy ’n bietjie gesaai, maar totdat dit ryp is, het hy niks om van te lewe nie. Sy pragtige huis is ’n ruïne, op twee na is al sy bloekoms afgesaag, sy vrugtebome afgekap.’ ‘Maar,’ het Hobhouse vervolg, ‘hoe het hy nie gelag nie, en hoe het sy broer gelag.’

    Hobhouse het voorts opgemerk dat ‘soos al die ander burgers lag [die Boeregeneraal] De Wet. As hy dit

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1