Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Avonture van die Lone Jack Kêrel
Die Avonture van die Lone Jack Kêrel
Die Avonture van die Lone Jack Kêrel
Ebook252 pages4 hours

Die Avonture van die Lone Jack Kêrel

Rating: 4.5 out of 5 stars

4.5/5

()

Read preview

About this ebook

Agterblad Beskrywing (Back Page Blurp)

“Deur die skrywer van The Starlight Club wat Silwer gewen het in die 2012 eLit boek wedstryd”

Dit was oorlogstyd en manne het geleef en gesterf in gevegte teen hul vyand ... en somtyds het hulle gesterf in geveg teen mekaar. Cole het na die manne gekyk, sy hand opgelig en in ‘n stem hard genoeg vir almal om te hoor gesê, “Moenie dit doen nie, ouens. Sturman was ‘n geel brak, en ‘n droster, en julle hoef nie te sterf om sy soort te probeer wreek nie.”

Daar was sewe Indiane en hulle het rondom twee semi-naak wit vroue, wat gelyk het soos ma en dogter, gestaan. Charlie het sy asem diep ingetrek en stadig uitgeblaas. Toe het hy gemik - - en gevuur, en gevuur, en weer gevuur, herhalend. Hy het vier van die Indiane platgetrek voor hulle geweet het wat hulle getref het. Toe het hy die oopte ingestorm en nog ‘n Indiaan geskiet wat vir sy geweer gereik het.

“My naam is Charles Longstreet.”

Die mans het na mekaar gekyk toe hulle hom erken. “Jy is die Lone Jack Kêrel?”

Die Kêrel het geglimlag. “Die een en enigste.” Hy het sy hoed afgehaal en dit in die lug geswaai, toe gee hy die Rebelle skreeu. “Sien julle geld rowers in hel, manne.” Hy het die teuels gepluk en Comet met sy hakke in die lieste gedruk. Sy het haar kop gedraai en in die borrelende stroom ingespring met water so hoog soos die stiebeuels en het oorgenael, met die water al spattend in die lug om haar. Dit was nogal ‘n indrukwekkende vertoning van ruiterkuns, en die tol kollekteerders het met wrokkige admirasie toegekyk.

Deel in die pret. Ry saam met Jesse en Frank James en die Younger broers terwyl hulle deel in die avonture van Die Lone Jack Kêrel.

Lone Jack Kid het twee pryse gewen naamlik:

Finalis van die 2012 Leser’s Gunsteling boek wedstryd &
Finalis van die 2014 Laramie Toekennings boek wedstryd

LanguageAfrikaans
PublisherBadPress
Release dateOct 1, 2017
ISBN9781507192641
Die Avonture van die Lone Jack Kêrel
Author

Joe Corso

I grew up in Queens, New York. I'm a Korean Vet, FDNY Retired and I started writing late in life hoping to help my grandchildren pay for their college education. I found to my surprise that I could tell a good story which resulted in my writing 30 books (so far) while garnering 19 awards and a 4 time top 100 Best Selling Author.

Related to Die Avonture van die Lone Jack Kêrel

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Avonture van die Lone Jack Kêrel

Rating: 4.5 out of 5 stars
4.5/5

2 ratings2 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

  • Rating: 5 out of 5 stars
    5/5
    This book takes you through a section of the 1800 in the wild west of America. Excellent book and a fantastic read.
  • Rating: 4 out of 5 stars
    4/5
    Fantastic Wild West read....just like in the movies. Lots of humor and passion as well

Book preview

Die Avonture van die Lone Jack Kêrel - Joe Corso

Hoofstuk 1.......................................................................3

HOOFSTUK 10..........................................................106

HOOFSTUK 11..........................................................113

HOOFSTUK 12..........................................................124

HOOFSTUK 13..........................................................131

HOOFSTUK 14..........................................................136

HOOFSTUK 15..........................................................143

HOOFSTUK 16..........................................................150

HOOFSTUK 17..........................................................156

HOOFSTUK 18..........................................................163

HOOFSTUK 19..........................................................169

HOOFSTUK 2...............................................................17

HOOFSTUK 20..........................................................174

HOOFSTUK 21..........................................................182

HOOFSTUK 22..........................................................187

HOOFSTUK 23..........................................................206

HOOFSTUK 24..........................................................212

HOOFSTUK 25..........................................................220

HOOFSTUK 26..........................................................224

HOOFSTUK 27..........................................................238

HOOFSTUK 28..........................................................247

HOOFSTUK 3...............................................................29

HOOFSTUK 4...............................................................42

HOOFSTUK 5...............................................................54

HOOFSTUK 6...............................................................61

HOOFSTUK 7...............................................................73

HOOFSTUK 8...............................................................89

HOOFSTUK 9...............................................................97

HOOFSTUK 1

16 Augustus 1862

Lone Jack

Jackson County, Missouri

Die Rebelle het komplete beheer oor die klein dorpie Lone Jack wat uit twee winkels bestaan: ‘n smidswinkel en ‘n groot raam gebou besit deur Lucinda Cave, wat ‘n groot naambord het met "Cave House" daarop gedruk in groot letters wat onder die dakrand hang.  Die dorp het ‘n paar ander besighede, insluitend ‘n poskantoor, ’n salon en ‘n paar vervalle pondokke waaruit die mense getrek het toe die oorlog Lone Jack bereik het. Die Cave Hotel was die kruks  van ‘n hele aantal grappe omdat dit so ‘n anomalie was.

Die groot hotel was in die middel van die klein dorpie geleë en, as jy sou probeer, kon jy baie moontlik die hele maand se voorraad gaste in een aand daar huisves. Dit het uit plek gelyk in Lone Jack, veral noudat daar net een persoon bly. Al die ander gaste het vertrek na veiliger hawens.

Terwyl die Rebelle hul oorwinning gevier het deur te drink en fuif, het ‘n groot Unie mag, sonder hul wete, in drie verskillende velde twee myl noord van hulle, kamp opgeslaan. Die bevelvoerder het sy mag so verdeel ingeval die Rebelle een groep sou aanval, dan kan die ander twee hulle help.

Die oorlog was besig om sy tol op Charles Longstreet te eis. Hy was uitgeput van te min slaap en het soos ‘n dooie vis geruik, want hy het ‘n maand laas ‘n bad gevat, maar nie een van die ander soldate het gekla nie, want hulle net so sleg geruik. Die een troos wat hul gehad het was dat die salon steeds oop was. Longstreet staan aan die einde van die kroeg by die venster en geniet ‘n glas goeie whiskey - nie die witblits wat hy gewoonlik by die huis drink nie. Toevallig kyk hy by die venster uit en sien ‘n ruiter blitsvinnig op ‘n skuimende perd die dorp injaag op volle galop.  Toe die ruiter die salon bereik, trek hy die leisels hard in wat veroorsaak dat sy perd se hoewe diep in die grond kloof en tot stilstand gly.  Die ruiter spring van die perd af, maak dit haastig aan ‘n paal vas en storm die salon binne. Hy kyk rond en sien Charlie by die kroeg staan met ‘n drankie in sy hand. Die ruiter draf na hom toe in ‘n opgewonde toestand. Sy oë was so groot oop dat Charlie die wit om sy pupille van oorkant die vertrek kon sien. Die man was uitasem en praat vinnig terwyl hy op terselfdertyd sy asemhaling onder beheer kry.

Charlie, waarnatoe het die kwartiermeester sy wa verskuif? Ons is in die middel van ‘n helse skermutseling met die blou tommies net noord van hier en Majoor Forster het my gestuur vir ammunisie. Ons ammunisie is besig om op te raak en hy het dit nou nodig.

Met sy rug teen die kroeg vra Longstreet sy vriend, Hoekom het die Majoor nie iemand vroeër vir die ammunisie gestuur nie?

Hy het! Hy het Sturman gestuur vir dit maar hy het nooit teruggekeer nie. Toe hy nie terugkom nie het Majoor Forster my gestuur om die ammunisie te kom haal, wetende ek sou nie weghol soos daai ander bliksem nie. Moenie jy bekommer nie. Ek sal daai lafhartige bliksem John Sturman wel kry en wanneer ek hom kry, is hy ‘n dooie man. Charlie was bewus van sy vriend se beroemde humeur en hy het ook geweet van sy vriend se eer, miskien te veel eer. Cole het vir ‘n saak geveg . . . Iets waarin hy geglo het en hy sou geen lafaards duld nie. Kom Cole, ek sal jou na die ammunisie trein neem en ons sal al die ammunisie kry wat jy nodig het. Die kwartiermeester het sy trein agter om die hoek geskuif naby die steeg. Hy wou dit nie so oop en bloot hou nie. Hy was bang ‘n gelukkige Yankee skoot tref dit dalk per ongeluk en blaas dit op. Nie te sê dit kan nie gebeur waar dit nou staan nie, maar daar agter is dit nie so maklik om raak te skiet nie. Kom, ons mors tyd.

Na die ammunisie gelaai is maak Cole sy perd agter aan die wa vas en ry weg. Soos hy wegjaag draai hy na Longstreet en skree, Ek sal die ammunisie na die Majoor toe neem en ek sal jou later sien. Moenie jouself vermoor kry tot ek terugkom nie – gehoor?

Longstreet glimlag terwyl hy vir sy vriend waai. Moenie bekommer nie, Cole. Ek sal nie myself vermoor kry nie. Ek sal wag tot jy terug is. Hy skud sy kop en beduie vir die kroegman vir nog ‘n drankie en glimlag by homself vir dit wat sy vriend sopas vir hom gesê het.

Charles Longstreet was deel van Kolonel Tracy se 1600 Rebelle wat in Lone Jack was, wagtend vir Kolonel Joe Shelby en Kolonelle Ward Cockrell en John Coffee, wat Missouri ingekom het in bevel van eenhonderd man elk en op pad was na Lone Jack. Kolonel Quantrell moes al met sy manne gearriveer het, maar na die dorp Independence, Missouri gevat is vyf dae vroeër, het hy en sy manne in stede daar gebly en die dorp geplunder.

Unie Majoor Emory S. Forster het van Lexington na Long Jack met eenduisend ervare veterane marsjeer. Die Rebelle was gelukkig want in sy gretigheid om die Rebelle aan te val, het Majoor Foster sy twee kanonne te vroeg afgevuur en die Rebelle gewaarsku van die nabyheid van die Unie magte wat die dorp nader uit die suide. Noudat die Bondgenote weet dat die Yanks op die drumpel was om Lone Jack binne te kom, het hulle vinnig probeer terugval en die dorp vir die Yanks te los.

Maar in hulle haas om pad te gee, het die Rebelle agtergekom hulle was omsingel en die enigste manier om uit te kom was om hul weg uit te veg, wat nogal moeilik was. Soos die dag gevorder het, het die stryd intenser geraak, en was dit gou duidelik vir albei weermagte dat dit nie meer ‘n stryd was nie, dit het ‘n slagting vir beide kante geword. Die Rebelle wat agtergekom het daar is geen uitkoms meer nie, het geveg met ‘n woede en vasberadenheid wat slegs in die geskiedenis boeke beskryf is. In The Art of War, het Sun Tsu gewaarsku dat mens altyd die vyand ‘n uitkoms moes los. Die Rebelle het geen uitkoms gehad nie. Hulle rûe was teen die muur en met geen uitkoms, het die moeë Rebelle geen keuse gehad as om net nog harder te veg nie. En alhoewel hulle talryker minder en vasgekeer was, het hulle geveg met ‘n woede en vasberadenheid wat die verloop van die stryd verander het. Stadig het hulle begin vordering maak en duim vir duim en voetjie vir voetjie die Federale terug gedwing totdat die Yanks finaal weggebreek en dekking gehaal het, met meeste van hulle wat skuiling gevind het in die Cave House. Ander het skuiling gesoek agter enigiets wat kon dekking bied teen die konstante spervuur van striemende koeëls wat om hulle gezoem het soos honger vlieë.

Die Yanks was gelukkig om die Cave House hulle heiligdom te maak. Dit was toe ‘n goeie keuse want toe sit die Rebelle met ‘n probleem. Die Unie soldate het gevind by die geluk van die trekking dat hulle nou ‘n hoogte voordeel het, en het van die boonste vloer vensters af, die strate skoongevee met konstante sarsies van die dood. Dit was gou duidelik vir die Rebelle dat, met die Yanks se versterkte posisie, die enigste manier om die Yanks te verdryf, sou wees om hulle uit te brand.

Charlie het omgekyk om te sien wie agter hom was en kry toe vir Cole hurkend langs hom. Cole het die verbaasde uitdrukking op Charlie se gesig gesien. Wat? het Cole gevra. Het jy gedink ek sou jou hierdie stryd alleen laat veg? Nie in jou lewe nie. Ek gaan nie toelaat dat jy al die eer vir die wen van die stryd neem nie. Charlie het gelag vir die teenstrydigheid van sy vriend se opmerking.

"Kom ons leer hierdie Yanks ‘n les, Cole. Ons gee hulle iets wat hulle nie sal verwag nie. Gaan terug kamer toe en kry die terpentyn uit die kas dan maak ons ‘n paar terpentyn balle en dan brand ons daai bliksems uit.

Goeie idee, Charlie. Ek hou daarvan. Ons brand hulle daaruit. Ek is nou terug. Hy is toe weg en kom toe ‘n klein rukkie later terug met die kanne terpentyn. Die klein groep Suider soldate begin toe die taak om terpentyn balle voor te berei. Toe hulle genoeg gehad het, skree Charlie hard dat elke man in die kamer hom kon hoor. Ek gaan daardie Yanks daar uit brand, maar ek het ‘n paar vrywilligers nodig. Wie wil saam met my kom?

Sluit my in, het Cole Younger gesê.

"Ek’s met jou,: het Frank James geantwoord.

Toe hoor Charlie  ‘n koor van stemme wat sê hulle is in. Charlie het weggedraai van die geveg en koppe getel. Saam met Frank James, Cole Younger en hyself was daar agt ander mans. Komaan manne, Kom ons wys hierdie blou tommies hoe veg ons Suider manne. Met daardie woorde, het al elf mans die Yankees verras, by die deur uit gestorm en soos besetenes oor die straat gehardloop tot by die steeg aan die kant van die Cave House. Nadat hulle veilig daar aangekom het en vanaf hulle weggesteekte posisie begin hulle die aangesteekte terpentyn balle deur die vensters en op die dak te gooi en mure en vloere raak gegooi wat die droë hout struktuur in vlamme laat uitbars het. Die Rebelle het dadelik geweet die Cave House was gedoem. Hulle het weggedraai en deur die stortvloed van geweerskote teruggehardloop na hul skuiling. Ongelukkig is meeste van die brawe jong mans neergevel voor hulle dit na veiligheid oor die straat kon maak. Van die elf manne wat gehardloop het, was net Frank James, Cole Younger, Charles Longstreet en Jeremiah Brown veilig terug.

Die vier jongmans het hulle oë vasgenael op die brandende gebou gehou, wagtend dat die Yanks uit die gebou gehardloop sou kom met brandende gewere. Maar daai blou tommies was dapper manne wat besluit het hulle veg eerder enduit as om die gebou te verlaat en na veiligheid te ontsnap. Die Yanks het respek afgedwing by die vier Suider manne terwyl hulle toekyk hoe die gebou ineenstort, en die dapper manne in blou saam neem.

Toe die geveg verby was, het die Rebelle meer as twee honderd Yankee lyke en vyf honderd beseerdes getel. Die nadeel was dat die Rebelle omtrent netsoveel dooies en gewondes gehad het. Charlie, Cole en Frank, het saam met die res van die Rebelle oorlewendes deur die massa soldate, wat die straat vervuil, geloop, met sommiges wat in groteske posisies dood lê. Dit het ‘n rukkie geneem voor die Rebelle besef het dat hulle beheer oor die dorp het. Hulle begin toe met die uitdagende beproewing om die dooie Yankees te deursoek na enigiets waardevols. In die proses het die Rebelle ‘n paar nodige vuurwapens gewin, wat baie van die manne kon gebruik aangesien hulle aanvanklik ontwapen was. By die verste punt van die dorp het Longstreet op ‘n dooie Unie offisier afgekom wat op sy maag lê met sy een arm uitgestrek. In sy hand was die beste nikkel-oorgeblaasde Colt Army wat hy al ooit gesien het. Hy het afgebuk en die dooie vingers losgemaak, die rewolwer uit die dooie hand getrek en dit ondersoek. Hy het die silinder kloksgewys gedraai, vier oorblywende patrone getel, die dryfstok getrek, die leë koeël doppies laat uitgly wat hy vervang het met twee nuwe patrone. Daarna, by die mag van gewoonte, gaan hy elke silinder weer na. Tevrede skuif hy sy aandag na die ivoor handvatsel en na die die ryk fabriek gravure geëts in die rewolwer se nikkel laag. Toe het hy die rewolwer in skiet posisie gehou om die balans te toets. Perfek, dink hy. Tevrede met die nuwe wapen, haal Longstreet sy ou Reminington New Model 44 kaliber rewolwer uit sy belt holster en vervang dit met sy nuwe Colt Army 44. Toe haal hy sy Colt 1851 Navy, wat ‘n hamer en bal rewolwer was, uit sy skouer holster en druk dit in sy belt. Hy vervang die 1851 Colt Navy met die Model 1860 in die skouer holster. Longstreet het sy skouer holster laer as meeste manne gedra. Hy het die holster se posisie aangepas sodat hy oor sy bors kan uitreik daarna en maklik die rewolwer kon trek en vinniger ‘n skoot kon skiet. 

Voor die oorlog het Longstreet net een sy-rewolwer gedra maar vandat hy by die weermag aangesluit het, dra hy twee rewolwers omdat hy dan twaalf skote na die vyand kan afvuur in plaas van net 6 wat een skietding hom gun. Net toe Charlie wou omdraai terug salon toe, het hy opgemerk dat die dooie man nuwe stewels dra. Hy het na sy erg verskeurde en geskeurde stewels gekyk en het besluit om een van die nuwe stewels aan te pas. Tot sy vreugde, het die sagte leerstewel hom soos ‘n handskoen gepas en hy trek die ander stewel ook aan voor hy weggeloop het in sy nuwe stewels en saggies die dooie Unie offisier bedank het.

Terwyl die ander mans die Yankees van hulle waardevolle artikels gestroop het , het Longstreet tussen die dooie Yanks deur geloop en gehoop om nog ‘n lekker rewolwer op te spoor, sonder geluk. Al die wapens aan die dooie soldate van beide kante was oud en verinneweer. Die Rebelle het reeds die goeies gevat. Charlie was tog tevrede. Hy het twee van die beste rewolwers besit wat ‘n soldaat voor kon hoop. Hy het begin wegloop maar toe aan die dooie offisier gedink en gestop. Offisiere het altyd op perde gery en hierdie opgesmukte offisier was nie anders nie. Hy moes op ‘n perd gewees het. Miskien het hy sy perd iewers vasgemaak en die perd was nog daar, wagtend vir sy eienaar. Charlie het teruggeloop na die dooie Yank en vir homself gesê, Wat het jy te voet hier gemaak as jy op die rug van ‘n perd behoort te wees? Jy wou seker saam met jou manne veg, nè? So as dit waar sou wees, waar het jy jou perd vasgemaak? Hy het omgedraai, en probeer uitpluis waar hy sy perd sou los as hy die offisier was. Wel... dit sou weg van die geveg moes wees, toe het hy suid gekyk. Dis waar jy sal wees, het hy gedink. Hy het direk in ‘n suidelike rigting na die eindpunt van die dorp geloop en om die eerste gebou, maar die perd was nie daar vasgemaak nie. Toe het hy oor die straat geloop en ‘n snork gehoor. Die perd moes hom hoor aankom het. Aha. Dis hier waar jy wegkruip. Hy het hom gekry. Die perd was ‘n swart sestien-hand Saalperd hings met skimmel kolle. Hy was sterk en vinnig, nie te onaansienlik in perde voorkoms en statuur nie, maar soos hy later sou uitvind, het die perd ‘n uitsonderlike uithouvermoë gehad.

Longstreet het die perd aan ‘n koppel paal vasgemaak voor die salon en in gegaan. Soos hy ingekom het, het hy ‘n geskreeu by die toonbank gehoor en gesien die droster John Sturman rig ‘n skietding op ‘n man met ‘n rowwe voorkoms. Wel, Meneer Vol Fiemies, blaf Sturman. Jy het my beledig en nou gaan jy daarvoor sterf.

Die man waarna Sturman sy skietding rig is woedend en sy gesig is rooi van raserny. Jy is geen heer nie. Jy is ‘n vark van die laagste soort. As jy my nie in hierdie nadelige posisie gehad het nie, sou ek jou die manlike kuns van vuisslanery kon leer.

Sê jou sê en kry klaar, grootbek, en maak gou want dit sal jou laaste woorde wees wat jy ooit sal sê. Sturman was nie bewus dat Longstreet vinnig nader gekom het totdat hy amper op hom was nie. Sturman was net skielik bewus van iemand, maar dit was klaar te laat en soos hy omdraai om te sien wie dit is, slaan Longstreet hom teen die kant van sy kop met die loop van sy nuwe Colt, hard genoeg om hom oor die vertrek te laat vlieg. Dit was oorlogstyd en mans het geleef en gesterf in gevegte met die vyand ... en soms het hulle gesterf as hulle onder mekaar veg. Hierdie mans het daagliks die dood in die gesig gestaar en hulle het nie omgegee as een hulle ‘n skietding op ‘n burgerlike rig nie, al was dit oor die algemeen nie aanvaar tydens vredestyd nie. Maar dit was nie nou vredestyd nie en iemand moes Sturman gekeer het voor dinge handuit geruk het en voor hy iets doen waaroor hy later kon spyt kry. Maar die mans was te moeg om om te gee, behalwe dat hierdie keer was daar iets verskillend. Al was hulle moeg, het hulle opgestaan en eers na Sturman gekyk, toe na Longstreet. Hulle het instinktief geweet daar kom ‘n geveg en het verder weg uit gesprei sodat hulle nie dalk deur van die lood wat definitief sou vlieg, getref sou word nie.

Sturman het op sy hurke geland en nadat sy kop weer helder was het hy stadig opgestaan. Ek gaan jou doodmaak, soldaat. Niemand doen dit aan John Sturman en kom weg daarmee nie.

Longstreet het Sturman in die oë gekyk en gesê Ek staan nie terug vir lafaards en drosters nie ... so as jy daai hamer wil kap, doen dit nou. Sturman het net ‘n oomblik gehuiwer voor hy na sy skietding gereik het, maar Longstreet was vinniger. Cole Younger, wat buite besig was om die dooie Yanks van hul kosbares te verlig, het die skote gehoor en het die salon binne gestorm, net betyds om te sien Sturman was dood op die vloer en Longstreet wat sy rewolwer, met rook wat nog uit die loop getrek het, terug in die holster sit. Goed Charlie, jy’t die lafhartige bliksem vermoor en my die moeite gespaar.

Op daardie oomblik het die salon deur oopgevlieg en het drie van Sturman se vriende binne gestorm. Hulle was opsoek na Sturman en nou het hulle hom gekry. Hulle het hul blik van die dooie man gedraai na Longstreet. Wie het hom vermoor? Was dit jy? het die man gevra en na Charlie gewys. Iemand moet betaal vir die moord van ons vriend.

Cole het die manne bekyk, sy hand gelig en hard genoeg vir almal in die vertrek om te hoor gesê, Moenie dit doen nie manne. Sturman was ‘n hond en ‘n droster en julle hoef nie te sterf om julle op iemand soos hy te wreek nie.

Die drie manne was vol van hulleself en wou van niks weet nie. Hulle het uitgesprei, wetende hulle het ‘n beter kans, met drie van hulle teen twee manne.

Charlie het vir Cole gefluister, Ek sal die een aan die linkerkant vat, dit lyk of hy ‘n geweer kan hanteer, dan vat jy die een aan die regterkant en ons doen ons bes met die een in die middel.

Onverwags, het die man wat Sturman gedreig het na vore gekom. Noudat ek nie ‘n rewolwerloop op my maag gerig het nie, as julle my sou toelaat, wil ek graag in julle pret deel. Buitendien, een goeie daad verdien ‘n ander - of hoe dink julle?

Longstreet het geglimlag. Wie ook al hierdie vreemdeling was, sy aandele het so pas versterk onder die manne. Seker pel, het Charlie grimmig laat hoor. Ons kan doen met al die hulp wat ons kan kry. Charlie het na die man se skietding gewys. Kan jy daai lang-loop wat jy dra gebruik?

Die vreemdeling het geknik, afgekyk na sy skietding en geglimlag. Ek is bekend om te tref waarna ek mik.

Sturman se drie vriende het uitgesprei in ‘n semi sirkel maar nou was hul kanse gelyk en die twyfel en senuagtigheid het op hul gesigte gewys. Kom nou julle papbroekerige prêriewolwe, as julle daardie rookysters wil trek, doen dit dan, skree Cole. Een van die drie manne die uitdaging gehoor en gereik na sy skietding, maar Longstreet het sy Colt vinniger getrek as wat ‘n rinkhals sy tande in ‘n wilde hond kan insink, die sneller getrek en ‘n koeël laat vlieg. Nog voor die dooie man op die vloer kon land, skiet hy die middelste man met ‘n tweede skoot, wat hom in die hart tref en hom onmiddellik laat sterf – alles terwyl, op dieselfde oomblik, Cole Younger die derde man laat val het.

Die vreemdeling het ongelowig na Charlie gekyk. Genade! Jy het beide mans geskiet nog voor ek my holster leeg het. As ek dit nie met my eie twee oë gesien het nie, sou ek dit sowaar nie geglo het nie. Wat is jou naam seun?

Charlie reik sy hand na die vreemdeling wat dit neem. "Longstreet, meneer. Charles Longstreet

Enjoying the preview?
Page 1 of 1