Weg!

Waar die klippe antwoord gee

Die stapel boeke wat sy op die tafel neersit, beklemtoon Sheryn Nader se woorde: “Dís die dorp waar ek woon.” Ons ontmoet mekaar by die gewilde Barbertonse restaurant The Genesis vir aandete en pienk G&T’s. “Ek het sommer ’n paar boeke gebring om jou te wys hoeveel daar al oor dié dorp geskryf is. By die huis lê meer as 200 boeke met verwysings na Barberton.” Reëndruppels klater op die sinkdak bo ons – musiek vir Barberton se mense wat al hóé lank aan die droogte wurg.

Ons blaai Sheryn se boeke een ná die ander oop: Dynamite and Daisies deur Piet Meiring, Lost Trails in the Makhonjwa Mountains deur Bernard John Lovell de Souza, Grace H. Hall se No Time to Die en Hans Bronman se twee, Pioneers of the Lowveld en Cockney Liz: Legendary Barmaid of Barberton. Tussendeur deel Sheryn haar storie.

Sy’s ’n arbeidsterapeut en oorspronklik van Pretoria. “In die stad was daar beter werkgeleenthede, maar toe ek eers hierdie berge sien, het ek geweet dít is my tuiste.”

Sheryn is al 22 jaar lank hier – ’n druppel aan die emmer vergeleke met haar man,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke
Weg1 min read
Afrika Op Sy Beste
Elke keer as ek na hierdie foto van die Wolfbergboog kyk, is ek dadelik weer dáár – saam met my stapmaats op die laaste oggend van ’n onvergeetlike trek deur die Sederberg. Ons drink koffie terwyl die son opkom en sê nie veel nie. Af en toe tik een n
Weg6 min read
Wat Klip Ons Vertel
Vir die eerste seevaarders wat om die Kaap gevaar het, was Tafelberg hoofsaaklik ’n baken. Dié strak klipmassa, reeds vir kilometers sigbaar vanaf die oopsee, het bevestig: Die skip is nog op koers – maar niks meer nie. Tóé was daar nog nie sprake va

Related