Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die beste verhale en humor van Herman Charles Bosman
Die beste verhale en humor van Herman Charles Bosman
Die beste verhale en humor van Herman Charles Bosman
Ebook416 pages7 hours

Die beste verhale en humor van Herman Charles Bosman

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hierdie versameling bevat die beste verhale en humor van Bosman, nou ook in Afrikaans vertaal deur die bekroonde Afrikaanse digter, Johann de Lange.

Sterlig op die veld bevat 23 van Bosman se beste stories. Dit sluit klassieke Oom Schalk-stories in soos “Die pad na Mafeking”, “Die Rooinek” en “Makapan se grotte”, en ook Voorkamerstories soos “Skoolkonsert” en “Geboortesertifikaat”. En in beroemde stories soos “’n Boere-Rip van Winkel” en “’n Ou Transvaalse verhaal” hoor ons die stem van die skrywer wat met self-ironie die kuns van die storieverteller bepeins.

Die herken-blues bevat 29 stukke wat strek oor Bosman se hele loopbaan, van skoolseungrappe tot die laaste lag. Soos Bosman self gesê het, was hy bekend vir die humor wat in al sy werk te vinde was en wat hom so gewild gemaak het onder sy lojale lesers. Hierdie versameling sluit bekende juwele soos “In die skadu van die withaak”, “’n Bekkersdal-marathon” en “’n Besoek aan Blikkiesdorp” in, waarin sy satiriese ironie in volle swang is, tot ’n aantal essays wat nog nie voorheen in ’n bundel versamel is nie wat hom ewig as een Suid-Afrika se gemoedelikste kommentators bevestig.
LanguageAfrikaans
Release dateOct 1, 2013
ISBN9780798164474
Die beste verhale en humor van Herman Charles Bosman
Author

Herman Charles Bosman

Herman Charles Bosman (1905-51) completed and published his prison memoir, Cold Stone Jug, in early 1949. Fifty years later it is republished here in a restored text following the original edition corrected by him for his publisher, the APB Bookstore in Johannesburg, where it was a fast seller, greeted as an important addition to the work of the post-war new generation of South African English-language writers. As the introduction here shows in a wealth of fresh detail, Cold Stone Jug’s climb to classic status as the foundational text of the country’s prison literature has been slow but sure. It still continues to fascinate new readers. A work that pushed back the boundaries of what was suitable subject matter for literary treatment in South Africa, Cold Stone Jug has remained as shocking – and as grimly humorous – as when it first appeared. This is the closest Bosman came to writing an autobiography, restricted to the years 1926-30 during which he served his term, sentenced for murder. The original edition of Cold Stone Jug was dedicated “to Helena, my wife” and had the following epigraph: A chronicle: being the unimpassioned record of a somewhat lengthy sojourn in prison.

Related to Die beste verhale en humor van Herman Charles Bosman

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die beste verhale en humor van Herman Charles Bosman

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die beste verhale en humor van Herman Charles Bosman - Herman Charles Bosman

    STERLIG OP DIE VELD

    VOORWOORD

    DIE DOEL MET HIERDIE KEUR is om die beste van Bosman se verhale bymekaar te bring – die treffendste, roerendste, onvergeetlikste. Hy het altesaam 170 stories geskryf – omtrent sestig Oom Schalk-stories en tagtig Voorkamerstories, met nog dertig ander stories wat geskryf is naas hierdie twee hoofreekse. Toe daar dus besluit moes word oor die beste verhale, was daar nooit enige vraag oor óf daar genoeg verhale sou wees nie; inteendeel, die moeilikste deel was om te besluit wat om uit te laat.

    ’n Opstel deur Bosman (geskryf laat in 1944) tydens ’n terugkeer na die Marico lei die reeks in, en dit verskaf die leser met die nodige agtergrondinligting om die stories wat volg te plaas. Dit is geen wonder dat die res van die keur deur oom Schalk Lourens-stories oorheers word nie – sestien in geheel, gerangskik volgens die volgorde van publikasie van 1930 tot 1951 (ook die duur van Bosman se skrywerslewe). Vier Voorkamerstories volg hierop, en die versameling eindig met vier verdere stories waarin Bosman ’n skrywer as verteller gebruik.

    Uit hierdie naastenby chronologiese volgorde blyk dit dat Bosman se verhaal-oeuvre nie gekenmerk word deur ’n tentatiewe, ongelyke begin met geleidelike vordering tot toenemende gesofistikeerdheid en tegniese uitnemendheid nie. Alhoewel ons ’n mate van oorskrywery in byvoorbeeld Die Rooinek kan bespeur, is dit veilig om te sê dat Bosman uit die staanspoor sy stem gevind het (of, dalk akkurater, ’n vertellerstem in Oom Schalk gevind het). Onder sy vroegste fiksiepogings is Makapan se grotte (1930) en Die Rooinek (1931) – beide puik, sterk verhale met meevoerende verhaallyne.

    Die soort mondelinge verhaal wat Bosman gekies het, het ’n lang en edele literêre afkoms wat strek van Boccaccio en Chaucer in die veertiende eeu tot Irving, Twain, Harte en ander Amerikaanse humorskrywers in meer onlangse tye. Suid-Afrika het self ’n tradisie van storievertelling wat teruggevoer kan word tot skrywers soos W. C. Scully, J. Percy FitzPatrick, Perceval Gibbon en Pauline Smith. Met Oom Schalk het Bosman hom onteenseglik aan die toppunt van hierdie storievertelstyl in Suid-Afrika geplaas.

    Alhoewel hy sy lewe lank aangehou het om Oom Schalk-stories te skryf, het Bosman hom in sy latere jare gewend tot die meer tegnies uitdagende genre van die meerstemmige gesprekstuk soos verteenwoordig deur sy Voorkamer-reeks. Bosman het hierdie verhale geskryf in reeksgewyse vorm vir die Johannesburgse weeklikse nuusblad, The Forum. Die reeks het verskyn onder die opskrif In die Voorkamer, en is duidelik bedoel om te dien as ’n komiese kontrapunt vir die ernstiger forum van die politieke kommentaar en opiniestukke waaruit hierdie links-liberale weekblad hoofsaaklik bestaan het. Bosman se stamina was merkwaardig: Hy het al tagtig van die Voorkamerstories in die laaste agtien maande van sy lewe geskryf, sonder om een keer sy weeklikse sperdatum mis te loop.

    Die verhale neem die vorm aan van gesprekke tussen die Marico-boere wat vergader in Jurie Steyn se voorkamer, wat ook as plaaslike poskantoor dien. Om die momentum en narratiewe stukrag in die gevolglike mêlée van kompeterende stemme vol te hou was veeleisender as om die verhoogbestuur van Oom Schalk te behartig, en Bosman het die uitdaging duidelik geniet. Alhoewel dit die beste is om dit in volgorde te lees, waar die ontvouing van die groter verhaal te voorskyn kom te midde van die besonderhede van elke individuele episode, kan sommige van die Voorkamerstories ook met groot vrug as onafhanklike entiteite gelees word. Ek het hier vier sulkes gekies.

    Terwyl Oom Schalk gesitueer is in die vroeë dekades van die twintigste eeu (met herinneringe wat terugstrek tot so ver as die 1850’s), is die boere wat in Jurie Steyn se voorkamer bymekaarkom uit dieselfde tyd as die datum van publikasie van die verhale (dus die 1950’s), en hulle lewer inderdaad dikwels kommentaar op eietydse gebeure – die Koreaanse Oorlog, die eskalasie van die Koue Oorlog, en die ontwikkeling van moderne tegnologie. Die treffendste voorbeeld in hierdie opsig is Geboortesertifikaat wat, ten spyte van uiters snaakse oomblikke, sydelings maar snydend kommentaar lewer op die Parlement se aanneming van die berugte Wet op Bevolkingsregistrasie gedurende daardie tyd.

    Die derde kategorie van Bosman se verhaal-oeuvre word verteen­woordig deur die laaste vier stories in hierdie keur. In hierdie verhale praat Bosman in sy eie stem as skrywer en bepeins grappenderwys en selfironiserend die kuns van storievertelling. Een van die aantrekkings-kragte van Bosman se skryfwerk is sy vaardigheid met die insmokkel van kunstige, gesofistikeerde kommentaar op die skryfproses self in die skynbaar ongekunstelde, eenvoudige vorm van die vuurherdverhaal. Die affêre by Ysterspruit en ’n Boere-Rip van Winkel keer terug tot die bekende Bosman-onderwerp van die Boereoorlog, hierdie keer geïnkorporeer met waarnemings oor die wyse waarop hy as skrywer anekdote en volksgeskiedenis in roerende fiktiewe vertelling omskep.

    Die osriem is nie so bekend soos die ander verhale wat hier ingesluit is nie. Dit kom as ’n verhaal voor binne die romanfragment Louis Wassenaar en was ongepubliseerd tot dit in Stephen Gray se versameling Bosman’s Johannesburg (1986) verskyn het. Bosman het teruggekeer tot die tema in Die kleiput, wat ook slegs postuum verskyn (in Unto Dust, Lionel Abrahams se 1963-uitgawe van Bosman se verhale). Ek het die oorspronklike weergawe hier ingesluit omdat ek dink dit verdien om beter bekend te wees vir die spannende vertelstruktuur en diep psigologiese ondersoek van verydelde begeerte.

    Die keur eindig met die beroemde ’n Ou Transvaalse verhaal (1948), ’n latere Bosman-verhaal wat, in die vermaaklike oorwegings van die bron van al sy stories (mondelinge oorlewerings), terugkeer tot die inleidende Marico, ’n terugkeer. Die storie herinner aan die ou plattelandse Suid-Afrikaanse lewe: Dit is in baie opsigte ’n distillasie van honderde jare van mondelinge kultuur, van stories wat mondelings die rondte doen van stamkraal na plaasstoep na dorpskroeg. Maar die wyse waarop dit met die boerse materiaal omgaan, is volkome modern, en dit staan op die keerpunt van die huidige era.

    Hierdie laaste groep stories bring die metafiksionele neiging in die meeste van Bosman se werk na vore. Die besorgdheid oor hoe om ’n storie te vertel (sigbaar van so ver terug as 1935 met Mafeking Road), die intertekstuele verwysing na ander skrywers en die vermenging van modusse (diskursief, fiksioneel) illustreer alles Bosman se lewenslange fassinasie met die tegnieke van die vertelkuns.

    ’n Ou Transvaalse verhaal is ook interessant weens die veelbete­kenende kwaliteit daarvan: teen 1948 was die ou Marico soos Bosman dit in 1925 geken het vinnig besig om te verdwyn, maar die Nasionale Party se verkiesingsoorwinning, waarop die verbanning van politieke partye, die ontwikkeling van rassistiese wetgewing en die onderdrukking van vryheid van spraak sou volg, sou die basis van die humanistiese en romantiese siening van oom Schalk Lourens begin erodeer.

    Die stories in hierdie versameling vertoon Bosman se temporele en tematiese reikwydte. Danksy Oom Schalk se ongelooflike geheue kon Bosman ironies besin oor die gebeure van ’n eeu van Suid-Afrika se geskiedenis. In die jare tussen die 1850’s (toe Oom Schalk die eerste keer op kommando was – sien Makapan se grotte) en die 1950’s (wanneer die latere generasie boere in Jurie Steyn se voorkamer vergader), het baie oorloë tussen Hollandse setlaars en Afrika-stamlede plaasgevind; is die twee Anglo-Boereoorloë geveg; het Suid-Afrika ’n Unie geword en aan die Eerste Wêreldoorlog deelgeneem; en het die Depressie en die oorlog daarna ontstaan.

    Bosman se stories neem hierdie hele greep geskiedenis in. Sy verdieping in sy agterveldse inkleding is dus slinks bedrieglik: Sy karakters is takhare, maar hul boerse wysheid en hul skepper se vermoë om hulle tydlose kwaliteite te gee, maak dat die stories wat hulle vertel vandag nog geldig is. Bosman se blywende gewildheid vir meer as ’n halfeeu is veelseggende bewys hiervan. Mag hierdie keur van sy beste verhale sy gewildheid nog baie jare laat voortleef.

    Craig MacKenzie

    Johannesburg, 2001

    MARICO, ’N TERUGKEER

    ’N MAAND GELEDE KEER EK TERUG na die Marico-bosveld, ’n distrik in die Transvaal waarheen ek jare gelede as onderwyser gestuur is, en ’n deel van die land waaroor ek in die daaropvolgende jare ’n aantal kortverhale geskryf het wat na my beskeie mening nie heeltemal sonder literêre verdienste is nie.

    Daar was eienskappe van die Marico-bosveld wat amper te oordadig was. Daardie deel van die land was ná die runderpes en die Boereoorlog feitlik verlate. Baie plase noord van die Dwarsberg is net meer as tien jaar tevore eers bewoon, toe boere van die Noord-Kaap en die Wes-Transvaal na die Marico getrek het. Daardie boere was régte Boere. Mense sê ek het ’n besondere insig in die psige van die Afrikaner wat sy lewe op die platteland deurbring. Ek het daardie kennis in die Marico opgedoen, waarheen ek gestuur is toe my verstand die ontvanklikste vir indrukke was.

    Dan was daar die bos. Doringbome. Withaak en kameeldoring. Die kremetart. Swarthaak en blinkblaar en wag-’n-bietjie. Moepels en maroelas. Die songebakte vlakte en die doringboom en Suid-Afrika. Bome is meer as plantegroei en meer as simbole en meer as flou sentimentaliteit, soos in Woodman, spare that tree of Poems are made by fools like me. Nietemin, wat die eik en die essehout en die sipres vir Europa is, is die doringboom vir Suid-Afrika. En as lourier en mirtehout vir snoer of blommekrans is, is dorings vir ’n kroon.

    In die bos was daar koedoes en koeie en duikers en steenbokkies en osse en gemsbokke en donkies en af en toe luiperds. Daar was ook ribbokke in die kranse en groen- en swartmambas, waaroor skrikwekkende stories vertel is, en muile om die perdekarre te trek, want perde het nie in daardie streek geaard nie. Skrikwekkende stories is ook oor muile vertel.

    En die sonsondergang in die Marico-bosveld is ongelooflik, dik gestreep soos tronktralies, en kleurvol soos hulle kafferkomberse.

    Dan was daar boorgate, honderde voet diep, waaruit water in droogtetye met die hand in die vee se watertrôe gepomp moes word. En daar was ’n Betsjoeana-hoofman wat eenkeer Londen toe is, waar hy ’n oudiënsie verleen is deur Sy Majesteit, George V, die destydse Engelse koning.Toe die Hoë Kommissaris hom op pad terug van Buckingham­paleis uitvra oor die aard van die gesprek, het die Betsjoeana-hoofman geantwoord, Ons konings weet waaroor om te praat.

    Daar was af en toe besoeke van predikante van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. En ’n paar vergaderings van die Dwarsberg Debatsvereniging. En daar was dikwels rusies tussen die inwoners. Want ek sou ontdek dat, hoewel die veld oneindig ver strek en die plase baie myle uitmekaar is, die paadjies tussen die doringbome deur nou is.

    Dit is na hierdie deel van die land, die noordelike deel van die Marico-bosveld, waar die Transvaal ophou en die Betsjoeanalandse protektoraat begin, wat ek ná ’n afwesigheid van baie jare terugkeer vir ’n kort besoek. En ek ontdek wat ek eintlik behoort te geweet het: dat die spoke in die hede loop en nie in die verlede nie. Jy dra die spookbeelde met jou saam, in jou kop, net soos jy jou drome onder jou arm ronddra.

    En wanneer jy na ou plekke terugkeer, kom jy jouself teë, soos jy in die verlede was, en as jy jouself liefhet – soos ons almal onsself moet liefhê, omdat ’n mens eers dan, volgens Christus, jou naaste kan liefhê – dan is daar ’n soete weemoed in dié soort ontmoeting. Daar is die tere triestigheid van die skemeraand, donker oë in gesigte na bo gekeer in ’n bleek beswyming. En geure. En gedagtes soos sagte reën wat op ou grafstene val.

    En daardie aand op die trein, op my pad terug na die Bosveld, kom ek ’n soldaat teë wat vir my sê, Sodra ek uit hierdie uniform is, gaan ek weer vee smokkel.

    Hierdie woorde maak my opgewonde. ’n Paar van my stories handel oor die eeue oue Marico-tradisie van veesmokkel oor die grens van die Betsjoeanalandse protektoraat. Daarom vra ek of mense steeds vee smokkel. Meer as ooit, lig die soldaat my in. Hy kyk by die treinvenster uit, die donker in. En jy kan maar weet, op hierdie oomblik, terwyl ek met jou sit en gesels, is iemand besig om vee deur die draad te jaag.

    Ek is baie bly om dit te hoor. Ek was bang dat daardie deel van my stories dalk intussen kon verouder het. Net dinge wat op ’n manier met die ekonomie verbind is, kan verander. Droogte en die menslike natuur verander nooit.

    Die volgende oggend is ons in Mafeking. Mafeking lê buite die Transvaal. Dit is omtrent twintig myl binne die Noord-Kaap se grens. En om uit te kom by Ramoutsa in die Betsjoeanalandse protektoraat, die stat naaste aan die spoorlyn na die deel van die Groot-Marico waarheen ons wil gaan, moet ons eers ’n permit by die immigrasiebeampte op Mafeking kry. Dis alles baie verwarrend. Ons wil net van Johannesburg na ’n gebied in Noordwes-Transvaal reis, maar om daar uit te kom, moet ons eers die grens na die Kaapprovinsie oorsteek, en van die Kaap moet ons deur die Betsjoeanalandse protektoraat reis, ’n Kroonkolonie wat jy nie mag binnegaan voordat ’n immigrasiebeampte daaroor Pretoria toe gebel het nie.

    Dis laatmiddag toe ons Ramoutsa bereik.

    Van daar reis ons per motor na die Marico. Binne ’n uur steek ons weer die Transvaalse grens oor. Ons is terug op Transvaalse bodem, ons heimwee gestil, want sedert vroegoggend was ons bannelinge in vreemde streke. Die oomblik toe ons ons dus anderkant die doringdraadheining bevind wat die Betsjoeanalandse protektoraat van die Groot-Marico skei, hou ons stil en klim in die veld uit. Ons sê vir mekaar hoe goed dit is om weer op Transvaalse grond te staan. En ons sê ook, hoewel dit opwindend is om deur vreemde lande te reis, soos ons sedert sesuur daardie oggend gedoen het, en hoewel buitelandse reise ’n verruimende uitwerking op die gees het, is ons bly dat hierdie ervarings nie na ons kop toe gegaan het nie, en dat ons nie toegelaat het dat vreemde lewenswyses en idees ons beïnvloed nie.

    Ons reis verder deur die bosveld, oor klipperige paadjies, weinig meer as wielspore, tussen bome en onder takke deur, met dorings wat teen die voorruit en die dak krap, nes jare gelede, toe ek die Marico die eerste keer besoek het. Ek is bly om te sien dat niks verander het nie.

    Skemer oorval ons in die skadu van die Dwarsberg, nie ver van ons bestemming nie, en ons kom op ’n plek in die veld af wat ek herken. Dis ’n stasie waar die tweeweeklikse Goewermentslorrie van Zeerust voorheen gestop het, onderweg na Limpopo. Hoe die lorriedrywers geweet het dié plek was jare gelede ’n stasie, was deur die teenwoordigheid van ’n paar koedoehorings wat bo-op ’n groot miershoop ingesteek was. Die plek het nie verander nie. Die miershoop is steeds gekroon, skynbaar met dieselfde stel horings. Die stasie het nie sigbaar uitgebrei in die jare tussenin nie. Al teken van vooruitgang is dat, saam met die horings op sy kruin, die miershoop nou verder versier is deur ’n geroeste melkkan waarvan die boom uitgeslaan is.

    En so keer ek terug na daardie deel van die land waarheen die Transvaalse Departement van Onderwys dit jare tevore goedgedink het om my te stuur. Daar is geen ander plek waarvan ek weet wat so swaar gelaai is met atmosfeer nie, so vreemd en donker deurdrenk van daardie dinge in die lewe wat die outentieke stempel van Suid-Afrika dra.

    Toe ek die eerste keer in die Marico was, was dit in die tyd dat die moepels byna ryp was. En toe ek jare later terugkeer, sien ek dat die moepels in die Marico weer begin ryp word.

    MAKAPAN SE GROTTE

    KAFFERS? (SÊ OOM SCHALK LOURENS). Ja, ek ken hulle. En hulle’s almal eners. Ek is godvresend, en ek het respek vir Sy werke, maar ek kon nog nooit verstaan waarom Hy kaffers en die runderpes gemaak het nie. Die Hottentotte is ’n bietjie beter. Die Hottentot sal net die biltong steel wat aan die draad hang om droog te word. Hy sal nie die draad óók steel nie. Dis waar die kaffer anders is.

    Tog, mens loop soms ’n goeie kaffer raak, wat getrou en opreg is, en ’n ware Christen, en wat nie die wildehonde jou skape sal laat vang nie. Ek dink altyd dis nie reg om daardie soort kaffer dood te maak nie.

    Ek onthou een kaffer wat ons gehad het, by name Nongaas. Hoe ons aan hom gekom het, het só gebeur: Dit was in die jaar van die groot droogte, toe daar niks gras was nie, en die water in die pan opgedroog het. Ons vee het soos vlieë gevrek. Dit was verskriklik. Elke dag het tien of twaalf of twintig gevrek. My pa besluit toe ons moet alles op die waens pak en na die Dwarsberg trek, waar hy gehoor het daar goeie reëns was. Ek was toe ses jaar oud, die jongste in die huis. Ek het meestal agter in die wa saam met my ma en my twee susters gesit. My broer Hendrik was sewentien, en hy’t my pa en die kaffers gehelp om die vee aan te jaag. Dis hoe ons getrek het. Nog baie van ons vee vrek tydens die trek, maar ná omtrent twee maande bereik ons die Laeveld en my pa sê God is goed vir ons. Want die gras is groen al met die Dwarsberg langs.

    Een oggend kom ons af op ’n klompie kafferhutte, waar my pa twee sakke mielies vir ’n rol tabak ruil. Voor ’n hut staan ’n piekanien omtrent so oud soos ek, en hy kyk heeltyd vir ons en glimlag breed. Maar hy kyk veral na my broer Hendrik. En dis g’n wonder nie. Selfs in daardie dae was my broer al baie gesteld op sy voorkoms, en hy het altyd probeer om na die jongste mode aan te trek. Sondae het hy selfs kouse gedra. Nadat ons die mielies opgelaai het, sny my pa ’n stop boertabak af en gee dit vir die piekanien, wat nog breër glimlag, sodat ons elkeen van sy tande kan sien, wat baie wit is. Hy sit die pruimpie in sy mond en byt daarop. Ons bars almal uit van die lag. Die piekanien lyk nes ’n klein hondjie wat ’n stukkie vleis ingesluk het en sy kop eenkant toe draai om uit te vind hoe dit smaak.

    Dit was in die oggend. Ons druk deur tot die middag, want my pa wil Tweekoppiesfontein bereik, waar ons ’n tyd lank met die vee wil oorstaan. Dit is laat in die middag toe ons daar aankom en begin uitspan. Net toe ek besig is om uit die wa te klouter, kyk ek om en sien iets vinnig agter ’n bos inspring. Omdat dit soos een of ander gedierte lyk, is ek maar lugtig, en vertel my broer Hendrik daarvan. Hy vat sy geweer en beweeg stadig in die rigting van die bos. Byna onmiddellik sien ons dis die piekanien wat ons daardie oggend voor die hut sien staan het. Hy moes omtrent tien myl agter ons waens aangeloop het. Hy is vuil en moeg, maar toe my broer na hom toe stap, glimlag hy weer van oor tot oor en lyk baie bly. Omdat ons nie weet wat om met hom te doen nie, sê Hendrik hy moet terug huis toe gaan en steek hom onder die klippe. Maar my pa is ’n barmhartige mens, en nadat hy na Nongaas se storie geluister het – want dit was die piekanien se naam – sê hy hy kan maar bly, mits hy hom goed gedra, en nie soos die ander kaffers lieg of steel nie. Nongaas vertel ons in die Setsjoeana-taal, wat my pa verstaan, dat sy pa en ma deur leeus doodgemaak is, en dat hy by sy oom bly, van wie hy nie hou nie, maar dat hy van my broer Hendrik hou en dit is waarom hy agter ons waens aangeloop het.

    Nongaas bly baie jare by ons. Hy word saam met ons groot. Hy is ’n baie goeie kaffer en raak met verloop van tyd baie geheg aan ons. Maar hy aanbid my broer Hendrik. Namate hy ouer word, praat my pa soms met Nongaas oor sy siel en vertel hom van God. Maar hoewel hy vir my pa sê hy verstaan, kan ek sien dat, wanneer Nongaas aan God dink, hy eintlik aan Hendrik dink.

    Net ná my een-en-twintigste verjaarsdag kry ons die nuus dat Hermanus Potgieter en sy hele familie deur ’n kafferstam onder leiding van Makapan uitgemoor is. Ons hoor ook dat, nadat hulle Hermanus vermoor het, die kaffers die vel van sy lyf gestroop en sakkies daarvan gemaak het om hulle dagga in te hou. Dit was ’n baie bose ding om te doen, veral omdat dagga jou mal maak en dit ’n sonde is om dit te rook. ’n Kommando is uit ons distrik opgeroep om die stam aan te val en te leer om respek te hê vir die wit man se wette – maar veral om meer respek te hê vir die wit man se vel. My ma en susters bak ’n groot klomp hardebeskuit, wat ons saam met mieliemeel en biltong inpak. Met die lood-gietvorm smelt ons koeëls. Die volgende oggend ry ek en my broer te perd na Makapan se kraal. Ons vat Nongaas saam om na die perde om te sien en vuur te maak. My pa bly agter. Hy sê hy is te oud om op kommando te gaan, tensy dit is om teen die Rooibaadjies te veg, as daar nog enige van hulle oor is.

    Maar hy gee ons wel ’n stukkie goeie raad.

    Moenie vergeet om julle Bybels te lees nie, seuns, roep hy agter­na toe ons wegry. Bid dat die Here julle sal help, en wanneer julle skiet, mik altyd vir die maag. Hierdie opmerkings is kenmerkend van my pa se diep godsdienstige geaardheid. Hy weet natuurlik ook dis makliker om iemand in die maag as in die kop te tref en dis ewe doeltreffend, want geen mens kan lank leef nadat sy binnegoed flenters geskiet is nie.

    Wel, ons ry toe verder, ek en my broer, met Nongaas ’n paar jaarts agter ons op die pakperd. Nou en dan sluit ons by ander burgers aan, baie van hulle met waens, tot ons drie dae later Makapan se kraal bereik, waar die groot kommando reeds kamp opgeslaan het. Ons kom in die aand daar aan, en so ver ons kan sien, brand daar vure in ’n groot kring. Daar is meer as tweehonderd waens, en die vure flikker rooi en geel op die tentseile. Ons meld aan by die veldkornet, wat ons ’n plek wys waar ons kan kamp opslaan, reg langs die vier Van Rensburg-broers. Nongaas het pas die vuur aangesteek en koffie gemaak toe een van die Van Rensburgs oorstap en ons na hulle wa oornooi. Hulle het ’n rietbok geskiet en is besig om stukkies daarvan oor die kole te braai.

    Ons skud met almal blad en merk op dat dit die regte soort weer is vir mielies as die wurms hulle net nie opvreet nie, en dat dit hoog tyd is dat ons ’n ander president kry, en dat rietbok darem baie lekker smaak so oor die kole gebraai. Toe vertel hulle ons wat met die kaffers gebeur het. Makapan en sy volgelinge het die kommando’s van ver af sien aankom en, nadat hulle ’n paar skote afgevuur het, het almal by die grotte in die krans ingevlug. Hierdie grotte strek baie ver ondergronds, met baie kinkels en draaie. Aangesien die Boere nie die kaffers kon bestorm sonder om baie swaar verliese te ly nie, het die kommandant opdrag gegee dat hulle die rant moet omsingel en die kaffers in die grotte moet laat verhonger. Hulle was toe reeds ses dae binne die grotte, die hele stam, mans, vroue en kinders, en aangesien hulle nie meer baie kos kon oorhê nie en daar net ’n klein brakwaterdam was, was die Boere hoopvol dat hulle die meeste van die kaffers sou kon uitmoor sonder om ammunisie te mors.

    Wanneer die wind van die grotte se kant af waai, was die stank reeds erg. Ons sou verder terug kamp opgeslaan het, as ons nie bang was die kaffers ontsnap tussen die vure deur nie.

    Die volgende oggend sien ek die eerste keer hoekom ons nie die kaffers uit hulle lêplek sal kan verdryf nie, selfs al is ons kommando vierhonderd man sterk. Oral tussen die klippe en bosse sien ek donker openinge in die krans wat reguit na die diepste dele van die aarde lei. Hier en daar sien ons dooie liggame. Maar daar is ’n klomp kaffers wat steeds nie dood is nie en ons kan húlle nie sien nie. Maar hulle het gewere wat hulle van swartmarkhandelaars en sendelinge gekoop het, en hulle skiet op ons elke keer as ons binne trefafstand kom. En oor alles hang deurentyd die stank van ontbinding.

    Die beleg sleep nog ’n week voort. Toe hoor ons dat ons leiers, Marthinus Wessels Pretorius en Paul Kruger, stry gekry het. Kruger wil die kaffers onmiddellik aanval en die saak afhandel, maar Pretorius sê dis te gevaarlik en hy wil nie nóg burgers verloor nie. Hy sê die hand van God lê reeds swaar op Makapan, en oor ’n paar weke sal die res van die kaffers almal van honger dood wees. Maar Paul Kruger sê dit sal selfs béter wees as die hand van God nóg swaarder op die kaffers lê. Uiteindelik kry Paul Kruger toestemming om met vyftig vrywilligers die grotte van een kant af te bestorm, terwyl kommandant Piet Potgieter met tweehonderd man van die ander kant af opruk om die kaffers se aandag af te lei. Kruger is baie gewild in ons geledere en feitlik almal wil by hom aansluit. Maar hy kies vyftig manskappe, onder wie die Van Rensburgs en my broer. Omdat ek nie wil agterbly en die kamp oppas nie, is ek verplig om by Piet Potgieter se kommando aan te sluit.

    Al die voorbereidings word gedoen en die volgende oggend maak ons gereed om aan te val. My broer Hendrik is baie trots en bly hy is vir die gevaarliker deel van die aanslag gekies. Hy het sy geweer sorgvuldig geolie en sy velskoene blink gepoets.

    Nongaas kom nader en ek kan sien hy lyk baie mismoedig.

    My baas, sê hy vir my broer Hendrik, jy moenie gaan veg nie. Hulle gaan jou doodskiet.

    My broer skud sy kop.

    Laat my dan saam met jou gaan, baas, sê Nongaas. Ek sal voor loop en na jou kyk.

    Hendrik kan maar net lag.

    Luister, Nongaas, antwoord hy, jy kan agterbly en kosmaak. Ek sal betyds vir ete terug wees.

    Die hele kommando kom byeen en almal kniel en bid. Dan sê Marthinus Wessels Pretorius ons moet Gesang nommer 23 sing, Rus my siel, jou God is Koning. Daarna sing ons nog ’n gesang en ook ’n psalm. Die meeste mense sou voel een gesang is genoeg. Maar nie Pretorius nie. Hy het altyd seker gemaak van alles wat hy doen. Toe vertrek ons vir die aanslag. Ons veg dapper, maar daar is baie kaffers, en hulle lê in die donkerte van die grotte en skiet op ons sonder dat ons hulle kan sien. Terwyl die geveg voortduur, is dit erger as die liddietbomme by Paardeberg. En die stank is verskriklik. Ons bind sakdoeke om die onderste helfte van ons gesigte, maar dit help niks. En aangesien ons nie Engelsmanne is nie, het baie van ons nie sakdoeke nie. Maar ons hou aan veg en skiet op ’n vyand wat ons nie kan sien nie. Ons storm tot reg by die bek van een van die grotte en is selfs al ’n ent in toe ons leier, kommandant Piet Potgieter, sy hande in die lug gooi en met ’n borswond agteroor val. Ons dra hom uit, maar hy is reeds dood. Dit breek ons moed en ons val terug.

    Toe ons terugkeer van die geveg, ontdek ons dat die ander flank ook ’n neerlaag gely het. Hulle het baie kaffers geskiet, maar daar was steeds honderde van hulle oor, wat al hoe dapperder geveg het, hoe erger die honger aan hulle mae knaag.

    Ek gaan terug na ons kamp toe. Net Nongaas is daar. Hy sit vooroor gebuig op ’n klip, met sy gesig op sy arms. ’n Aaklige vrees neem van my besit en ek vra hom wat fout is.

    Baas Hendrik, antwoord hy, en toe hy na my kyk, is sy oë vol smart. Baas Hendrik het nie teruggekom nie.

    Ek gaan onmiddellik terug en begin rondvra, maar niemand kan enigiets met sekerheid sê nie. Hulle onthou heel goed dat hulle my broer Hendrik gesien het toe hulle die grot bestorm. Hy was reg in die middel van die voorste linie. Toe ek dit hoor, is ek opreg trots op my broer, hoewel ek ook besef dat mens niks anders van my pa se seun sou verwag nie. Maar niemand kan my sê wat van hom geword het nie. Al wat hulle weet, is dat hy nie onder dié was wat saam teruggekom het nie.

    Ek praat met Marthinus Wessels Pretorius en vra hom om ’n soek­geselskap uit te stuur om na my broer te gaan soek. Maar Pretorius is woedend.

    Ek sal nie ’n enkele man laat gaan nie, antwoord hy. Dis alles Kruger se skuld. Ek was van die begin af daarteen. Nou is kommandant Potgieter dood, wat ’n veel beter man was as Kruger en sy hele Dopper-kliek tesaam. As enigiemand teruggaan na die grotte toe, sal ek hom van die kommando ontslaan.

    Maar ek dink nie dit was regverdig van Pretorius nie. Want Paul Kruger het net sy plig probeer doen, en agterna, toe hy vir president benoem is, het ek vir hom gestem.

    Dis elfuur toe ek weer terug is by ons deel van die laer. Nongaas sit steeds op die plat klip, en ek sien hy het my broer Hendrik se opdragte uitgevoer en dat die pot staan en prut op die vuur. Aandete is gereed, maar my broer is nie daar nie. Die toneel is te veel vir my en ek gaan lê alleen onder die Van Rensburgs se wa.

    Omtrent ’n halfuur later kyk ek op en sien Nongaas wegstap met ’n waterbottel en ’n sakkie op sy rug vasgemaak. Hy sê niks, maar ek weet hy gaan na my broer Hendrik soek. Nongaas weet as sy baas nog lewend is, gaan hy hom nodig hê. Daarom gaan hy

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1