Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

10 Stories vol pret vir 2–5-jariges
10 Stories vol pret vir 2–5-jariges
10 Stories vol pret vir 2–5-jariges
Ebook166 pages50 minutes

10 Stories vol pret vir 2–5-jariges

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hierdie boek is gevul met oorspronklike stories wat alle jong kinders sal geniet. Jou kind sal verseker dadelik van elkeen van die karakters hou en hul avonture baie geniet. Die karakters sluit ’n verskeidenheid oulike diere, dinosourusse, seerowers en ook jong meisies en seuns in by wie jong kinders aanklank sal vind. 

Ingebed in elke storie is ’n boodskap wat jy met jou kind sal kan bespreek om sekere kwessies vas te lê, soos die belangrikheid daarvan om goedhartig en sorgsaam te wees, om die waarheid te praat, om dapper te wees, om jou bes te probeer en om ’n nuwe baba in die gesin te hanteer, om maar net ’n paar te noem. 

Elke storie is gevul met illustrasies wat jou en jou kind sal vermaak.

Perfek vir vroeë lesers of beginner-lesers en geskik vir kinders van 2–5. Lees die stories as slaaptydstories en gebruik dit weer wanneer jou kind in preprimêr is en begin om te leer lees.

Daar is ook ’n Inhoudsopgawe waarop jy kan klik vir maklike navigasie. 

’n Wonderlike boek vir jong kinders!

LanguageAfrikaans
Release dateNov 20, 2020
ISBN9781071575710
10 Stories vol pret vir 2–5-jariges

Related to 10 Stories vol pret vir 2–5-jariges

Related ebooks

Related articles

Reviews for 10 Stories vol pret vir 2–5-jariges

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    10 Stories vol pret vir 2–5-jariges - Katrina Kahler

    Inhoudsopgawe

    Buksie, die dankbare vissie

    Wessie, die klein waterskilpadjie

    Die eensame dinosourus

    Kaptein Houtbeen en die skaam pikkewynseerower

    Die takbokresies

    Is jy my mamma?

    Die stoute, klein bokkie

    Piet, die draakvanger

    Suné se verrassing

    Die baie vriendelike hond en die baie brawe kat

    Buksie, die dankbare vissie

    Daar is baie verskillende troeteldiere in die troeteldierwinkel. Die winkel is propvol allerhande soorte diere. Party is groot. Party is klein. Party is wollerig. Party het vere. Party het selfs skubbe. Toe Robbie eendag by die winkel inkom, kyk elke, enkele troeteldier vol hoop na sy kant toe.

    Elke diertjie wag vir die regte eienaar. Elkeen van die troeteldiere wil ’n huis hê om in te woon en ’n eienaar wat vir hulle lief is. En elke keer as iemand by die winkel inkom, hou die diere hulle asems op. Dan hoop hulle dat hierdie die perfekte, nuwe eienaar vir hulle sal wees. Hulle glimlag dan ekstra breed. Hulle lyk so vriendelik as wat hulle kan, en hoop dat hulle gekies sal word.

    Ek wil hê ’n gawe, ou tannie moet my huis toe neem, sê Felix, die gemmerkat. Dan kan ek opkrul op haar skoot en heeldag lekker snoesig slaap. Dáárvan sal ek baie hou! 

    Ek wil hê ’n besige seuntjie moet my huis toe neem, sê Bella, ’n hondjie met kolle. Dan kan hy elke dag vir my stokke en balle gooi om te gaan haal. Dáárvan sal ek baie hou!

    Ek wil hê ’n vriendelike, klein dogtertjie moet my huis toe neem, sê Millie, ’n oulike, klein witmuisie. Dan kan ek op haar skouer sit terwyl sy my elke dag kaas voer. Dáárvan sal ek baie hou!"

    ‘En ek wil hê ’n musikale gesin moet my huis toe neem, sê Kasper, ’n mooi, geel kanarie. Dan kan ek vir hulle sing uit my pragtige, goue koutjie waar ek kan in- en uitgaan soos ek wil. Dáárvan sal ek baie hou!

    Wel, ek wil net iemand hê wat gaaf is en omgee, sê Buksie, ’n helderkleurige reënboogvissie. Dan kan ek rondswem in my eie, groot vistenk en lekker baie eet. Dit is waarvan ék sal hou!

    Al die troeteldiere staar vol hoop na Robbie, want eintlik wil hulle maar net ’n lekker huis hê om heen te gaan en ’n gawe eienaar wat vir hulle lief is. Hulle gee nie regtig om of dit ’n klein, ou tannie, of ’n besige seuntjie of ’n vriendelike, klein dogtertjie of ’n musikale gesin is nie. Solank as wat die nuwe eienaar gaaf is en vir hulle omgee, sal hulle baie bly wees en geliefd voel. Enige iets is beter as om in hokke en ander toe plekke ingedruk te wees saam met ander diere in die troeteldierwinkel.

    Elke dag kom mense na die winkel toe. Hulle staar na elkeen van die diere, maar nie een van hulle was al gelukkig genoeg om ’n eienaar te kry wat hulle huis toe wou neem nie.

    Tot die dag wat Robbie inkom. Watter troeteldier wil jy hê, Robbie? vra sy ma terwyl hulle ronddwaal en in al die houers en hokke kyk.

    Wil jy ’n mooi gemmerkat hê? vra sy toe sy vir ’n oomblik na Felix kyk.

    Nee, ek het klaar ’n kat! sê hy. Hy sal net heeldag op my skoot wil lê en slaap, net soos die kat wat ek nou het. Dáárvan sal ek niks hou nie!

    Wil jy ’n klein hondjie met kolle hê? vra sy pa, en kyk nuuskierig na Bella.

    Nee, ek wil nie ’n klein hondjie hê nie! sê hy. Dan sal ek elke dag moet balle en stokke gooi. Dáárvan sal ek niks hou nie!

    Wat van ’n oulike, klein witmuisie? vra sy ma, terwyl sy na Millie staan en kyk.

    "Nee, ek wil nie ’n

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1