Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vuisboek
Vuisboek
Vuisboek
Ebook102 pages1 hour

Vuisboek

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

 Vuisboek is 'n poëtiese meesterstuk wat resoneer met die siel van die Afrikaner, in die land waar die kranse antwoord gee. Hierdie digboek dien as 'n kragtige herinnering aan 'n volk se gelofte en sy inherente krag. Met elke vers weef die skrywer 'n tapisserie van emosies wat die essensie van die Afrikanergees vasvang. Dit is meer as 'n digbundel; dit is 'n diepgaande verkenning van identiteit, die hoop, en vryheid van die nasie en sy mense. Vir diegene wat op soek is na 'n literêre reis wat die hart roer en 'n gevoel van trots oproep, is "Vuisboek" 'n meesleurende leeswerk wat lesers inleef in die ryk tapisserie van die Afrikaner-erfenis.

LanguageAfrikaans
Release dateFeb 7, 2024
ISBN9798201923266
Vuisboek
Author

André Cronje

André is a South African born Huguenot descendant living in Paris, France as an artist, author, and volunteer. Like a potter molds his clay, so he forms and shapes his thoughts on a variety of subjects braving social, moral, and spiritual issues with the light of Jesus Christ who died and rose from the dead, forgiving sins, healing the sick, and giver of eternal life, to anyone who believes the gospel and is baptized.

Related to Vuisboek

Related ebooks

Related articles

Reviews for Vuisboek

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vuisboek - André Cronje

    VUISBOEK

    Met voortrekker monumentum ploeg die boer voort, gegrond en gewapen in sy geloftes krag, teen ‘n bosemag wat nie in liefde wil saam leef met sy naaste nie. Die stryd word oorwin met geloof in God en met die Voortrekkermonument as n getuie van God se mag vir al die mense in die land Suid Afrika.

    ……………………

    Met liefde opgedra aan ouma Chrissie Nel en my ma Joan Cronje vir hul liefde en toewyding aan hul familie.

    ……………………

    Deur André Cronje

    Indeks

    Indeks

    Kopiereg

    1. Red Die Boer

    2. Kreed Gebed

    3. Vrede Vir My Volk

    4. Gaan Hoër

    5. Vandag En Môre

    6. Slapende Skoonheid

    7. Blomme

    8. Roekeloos

    9. Die Soldaat

    10. Wat Ek Doen

    11. Nie Dit En Nie Dat Nie

    12. Verkenners Eer

    13. Oop Grense

    14. Oop Kop

    15. Onthou Jy Nog

    16. Die Wensput

    17. Die Mode Polisie

    18. Brood Van Smarte

    19. Die Liefdes Pakkie

    20. Die Bedelaar

    21. Die Antwoord

    22. Fetus Oorblyfsels

    23. Op My Eie

    24. Ouerskap

    25. Charlie’s Engele Van Hel

    26. Die Koning Van Die Narre

    27. Tik-Tok

    28. Die Afrikaner

    29. Afrikaners Was Plesierig

    30. Kom Uit Die Kas

    31. Dinge Wat Jy Nie Sal Vind Nie

    32. Ek Is Perfek

    33. Wie Is Ek?

    34. Doelwitte En Drome

    35. Die Vermiste Gedagte

    36. Watter Een Is Jy

    37. Wees Jy Die Een

    38. Die Wiel Draai

    39. Plus Een

    40. Aangesig Tot Aangesig

    41. Die Betowerende Magie

    42. Stenig Die Owerspelige Vrou

    43. Die Gelukkige kêrel

    44. Jesus Jy Is Die Een

    45. Vriend Van My

    46. My Beminde Maagd

    47. Drie, Twee, Een

    48. Tyd Trein

    49. Kom Op Hier

    50. Liewe Amerikaners

    51. Verkrag Deur Die Wêreld

    52. Amazon’s Pandora’s Boks

    53. Die Deur Staan Oop

    54. Die Vertoning Gaan Voort

    55. Die Paradys Skandaal

    56. Covid Tereur

    57. ‘n Pragtige Dag

    58. Jy Het God Nie Nodig Nie

    59. Die Dood Se Raaisel

    60. Die Spele Van Konings

    61. Wat Rym Met Wyn

    62. Praise Jah

    63. Welkom Jesus

    64. Die Wegraping

    65. Gelofte Dag

    66. Die Gelofte

    67. Die Boer Se Toekoms

    68. Bid Vir Jou Land

    69. Bloedrivier Lied

    70. Die Stem

    Die Seën Van God

    Kopiereg

    Gelisensieër vir persoonlike verryking en motivering. Geen deel mag gereproduseër word vir wins of herverkoping nie.

    ParisFranceMission.Org/books

    André Cronje © 2024 Kopiereg

    Konsepsuele kuns deur André

    @shineandre

    1. Red Die Boer

    Elke boer het sy erfenis en plasie.

    Goeie môre RSA, is sy bobaas stasie.

    Die hoenders kraai en die kinders draai,

    Dis opstaan tyd, boere troos en boekevat.

    Met pap en koffie, kortbroek en hoed,

    Loer die boer op na hemels aarde.

    Met trekker, bakkie en krywa stoot,

    Gooi-laai die span, vir hul dagse brood.

    Graaf in die hand, en roer in die ander,

    Skoffel werk die manne die dorre land.

    En met windpomp, boorgat en seën van bo,

    Lewe die grond en groei die saad gesaai.

    Oop staan die hek vir familie en vriende,

    Maar geknip en gebuig lê die grens se draad,

    Te maklik vir jakkals kind en aap se kwaad.

    Plaaswerkers jou soldate, en bakkie jou buffel.

    Met oë op die horison, uitkyk en luister,

    Vir telefoon, hond blaf, of die stem wat jy ken,

    En soos ‘n troep, dapper en paraat, ploeg jy voort.

    Die son sak aarde toe op die warm grond

    Terwyl die sterre uit klim oor die hemelsruim.

    ‘n Volmaan hang op niks oor Voortrekkers krans.

    Met ‘n pot op die stoof en wyntjie in die hand,

    Eet lag die mense en volksdans die aand verby.

    Maar vroeg inkruip, vir vroeg opstaan,

    Want môre is dit loop en stroop vir jou brood,

    Op die vrugbare grond waar die oes lê en wag.

    Red die boer en jy beskerm sy kind,

    En almal op die plaas sal dan vrede vind.

    Maar vir beloning soek hul die boer se bloed.

    Doof of dom, breek hulle die sonneblom.

    Idiote leer hulle nie, dat pap en brood,

    Kom van olie en saad.

    Maar leiers met hulle oë op geld,

    Pleeg moord en korrupsie brand.

    Met woorde en liedere, sweepklap

    Die duiwels, mense met haat en wonde.

    Pas jou op, mot gooi, vloek en skel,

    Dis jy wat jou woorde moet tel.

    Rebellie kanker, uit die land!

    In die naam van die Here, kry verstand.

    Almal soek ‘n antwoord,

    En ‘n plekkie in die son.

    En terwyl die skare skree, groen en goud,

    Kwel en kwyn die arm wit en swart,

    In Plakkers, Myn Konsentrasie Kamp.

    Pap en vleis gee jou yster,

    En ‘n lat op die blad is vir luister.

    Werk dit uit of byt dit in,

    Jou hande is vir welkom groet,

    Nie vir ore klap, vuislaan, of goeters vat.

    Met moed en murg in jou been,

    Volg my raad, met ‘n liefdes daad.

    Reg of verkeerd? ‘n Boer maak ‘n plan.

    Waar’s die boer met sy psalms en lof gesang?

    God sal fonteine skep met die trane van jou wang.

    Here, help! Red die boer, uit die vyand se hand.

    Onthou die gelofte en daai dag.

    Eendrag maak mag, en tweedrag breek krag.

    Maar ons kamp in Vergeet en Vergane Vallei,

    Vêr van die hoogtes van die Voortrekkermonument.

    Vergewe Here, en genees ons reënboog

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1