Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Mara
Mara
Mara
Ebook256 pages4 hours

Mara

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

Oor net twee dinge is Rakie Bouwer seker: Haar broer is as kind dood, en sy moet uitvind hóé. Die soektog stuur haar op verborge paaie na haar verlede – waar familiegeheime gevaarlik lê en skuil. Intussen daag haar tweelingsuster, Mara, ongenooid op . . . Wat probeer Mara wegsteek en hoekom? Terwyl Rakie desperaat probeer om antwoorde te kry, loop sy die gevaar om haarself te vernietig. Want eindelik is die skrikwekkendste vraag van almal: Wat is donkerder as jou eie bloed? 
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateApr 15, 2022
ISBN9780624093411
Mara
Author

Marida Fitzpatrick

Marida Fitzpatrick het in Secunda grootgeword. Sy het haar honneursgraad in joernalistiek (cum laude) aan die Universiteit van Johannesburg verwerf en was al artikelskrywer vir Nuusweek en nuusverslaggewer vir Beeld. Tans is sy ’n diepteverslaggewer by Beeld waar sy persoonlikheidsprofiele en artikels skryf. Sy woon in Johannesburg. Marida was finalis in die Liefde is vir ewig-kompetisie met haar boek, Eksklusief uit Eden. Iemand vir ’n scoop? Is haar tweede roman.

Related to Mara

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Mara

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

4 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Mara - Marida Fitzpatrick

    9780624089810_FC

    MARIDA

    FITZPATRICK

    MARA

    TAFELBERG

    Hoewel Mara afspeel teen die agtergrond van werklike plekke en historiese gegewens, is al die karakters en gebeure fiktief. Enige ooreenkomste met die werklikheid is blote toeval.

    Die verhaal bevat kru rassisme in die vorm van rassistiese skeldname, terme, verwysings, vooroordele, oortuigings en veralgemenings. Die doel daarvan is nie om enige ras of bevolkingsgroep te na te kom of enige vorm van rassisme op enige manier te kondoneer, te normaliseer of te bevorder nie. Die doel daarvan is bloot om ’n bepaalde milieu en tydvak in Suid-Afrika se geskiedenis akkuraat uit te beeld en die fiktiewe karakters daarbinne getrou te skets in hul lewensbeskouings en dialoog.

    Vir Daniël

    All children have to be deceived if they are to grow up without trauma.

    – Kazuo Ishiguro, Never Let Me Go

    We are so accustomed to disguise ourselves to others that, in the end, we become disguised to ourselves.

    – François de la Rochefoucauld

    What kind of intruder announces his presence? Well, maybe the worst kind.

    – Damon Galgut, The Promise

    1

    Hoe het sy haar ma oorleef? Rakie kyk na Salomé Bouwer waar hulle op die sorgsentrum se stoep sit. Hoe het sy 38 jaar as hierdie vrou se dogter oorleef?

    Salomé pluk aan die kombers oor haar knieë waar sy in die rolstoel sit.

    Wag, Ma, kom ek … probeer Rakie.

    Leave it! Salomé sukkel self die kombers reg. Haar heup is gekraak ná ’n val, maar dit maak haar niks meer weerloos nie; inteendeel. Haar tydelike gestremdheid het haar net vuriger gemaak. Die heup sal uiteindelik aangroei, het die dokter gesê, maar op 82 neem alles lank om te heg, selfs in Salomé Bouwer se verbete liggaam waar geen sel enigiets met gelatenheid aanvaar nie.

    Die sorgsentrum is nie ’n ouetehuis wat na ammoniak en fyngekookte boontjies ruik nie. Pine Haven is ’n spogplek in die groen heuwels van Westcliff. Salomé het ryk grootgeword en danksy haar familietrust sal sy ryk doodgaan. Dis net in die hoofstukke tussenin, daar waar sy ’n man en kinders gehad het, dat haar lewe na die middelklasglybaan ontspoor het.

    Van waar hulle op die terracotta-stoep onder die swart leiklipdak sit, kyk hulle uit oor ’n yslike koloniale tuin met verskillende vlakke en terrasse. Daar is perfek simmetries gesnoeide struikheinings, ronde boompies en houtbankies by klein visdammetjies vir die min pasiënte wat daar gaan stap, wat nog kán stap. Rakie het al 28 mans getel wat in die tuin werk – die uitgestrekte grasperke sny, die reusagtige plataanbome se droë blare bymekaar hark, die gemanikuurde heinings en boompies snoei. Buite verg dit ’n leërskare om die baldadige Johannesburgse plantelewe in bedwang te hou; binne kan geen hoeveelheid verpleegsters of matrones die dood stuit nie.

    Dis amper 25 jaar ná apartheid, maar die inwoners is uitsluitlik wit en die versorgers uitsluitlik swart. As die tuiniers bygetel word, werk hier waarskynlik drie of vier keer meer mense as wat hier versorg word.

    In haar foutlose, aksentlose Engels bestel haar ma vir hulle tee by een van die swart vroue, en voeg by: Make sure the milk is cold, please! Dan sê sy kliphard vir Rakie: They have this awful habit of bringing hot milk with the tea. Who drinks hot milk with tea? Here everything is cold that should be hot and hot that should be cold! Sy lag hartlik en sien nie hoe die vrou omkyk nie.

    Rakie kon nog nooit so goed Engels praat soos haar ma nie, en sy weet haar sterk Afrikaanse aksent het Salomé nog altyd geïrriteer. Haar Transvaalse aksent, haar Hoëveldse aksent. Salomé se ouers was ryk appelboere in die Elgin-distrik in die Kaap. Haar moedertaal was Engels, maar toe haar pa sien hoe die Nasionale wind waai, het hy sy kinders in Afrikaans laat skoolgaan en op Stellenbosch laat studeer. Rakie weet haar ma het haarself eintlik nietemin nog altyd as Engels beskou en op Afrikaners neergesien, selfs op haar eie gesin.

    Haar ma glimlag vir haar met dun lippe. Jy lyk goed, sê sy op daardie manier wat Rakie altyd laat voel dat sy tekort skiet.

    Dankie, sê Rakie, en laat die Ma doelbewus uit.

    Salomé se nek ruk. Die selfvertroue verlaat haar, sy kyk angstig om haar rond. Die verwarring versag haar gelaatstrekke.

    Rakie herken dit, sy weet wat gebeur, maar dit ruk haar nog elke keer.

    Dawid? vra Salomé.

    Pa is nie hier nie, Ma. Nou kan sy dit sê, noudat haar ma weg is. Dis ek, Rakie, Ma se dogter.

    Salomé kyk na haar dogter en die teleurstelling is onverbloem. My dogter?

    Ja. Ek is Ma se dogter, Rakie.

    Mara … Dit lyk of Salomé se oë weer fokus. Mara. Sy is steeds ’n mooi vrou. Al die Bailey-trekke waarvan Rakie niks het nie: die sterk kaak, die hoë wangbene, die adellike neus. Haar hare is lank en grys, in ’n bolla teruggekam. Met verloop van tyd het dit al hoe brosser geraak en daar is nou kortetjies wat wild en krullerig om haar gesig staan. Die meeste hare is te kort om die bolla te haal en net die bittereinders is in die karige ronding vasgedraai. Dit laat haar eksentriek lyk, waansinnig selfs, maar Salomé het dit nog altyd geniet om anders te lyk as die tannies met die kort kapsels en perms. Sy was altyd baie ouer as die ander ma’s, want sy het haar kinders eers in haar vroeë 40’s gehad. Vir lank wou sy nie kinders hê nie. Sy het gedink sy gaan ’n beroemde pianis of koorafrigter word, maar uiteindelik het sy gehoor gegee aan Dawid se hartsbegeerte om ’n pa te wees.

    Mara, sê sy weer. Mara.

    Dit is Rakie se tweelingsuster. Hulle lyk na mekaar, maar is nie identies nie.

    Nee, Ma, dis Rakie. Mara is nie hier nie. Dis Rakie. Rakie Bouwer, Ma se dogter.

    Iets vreemds het gebeur. Dit is deesdae vir haar makliker om Salomé te besoek. Eers het sy geweldig opgesien teen die weeklikse uittog, maar noudat Salomé se verstand besig is om los te torring, het die besoeke draagliker geword.

    Rakie, sê haar ma uiteindelik en kyk haar aan, probeer uitmaak of sy ’n vreemdeling of ’n bekende is. Dís wat dit makliker maak, hierdie kans wat hulle het om as vreemdelinge te ontmoet.

    Die vrou bring hul tee op ’n skinkbord en sit dit op die ystertafeltjie tussen hulle neer. Thank you, sê haar ma te hard. Rakie voel hoe haar gesig begin gloei van verleentheid. Hoekom moet Salomé altyd met mense praat asof hulle doof is? Die vrou glimlag. Cold milk, sê sy en Salomé glimlag terug. Wonderful! roep sy uit. It’s a miracle! Die vrou lag en stap weg.

    Rakie staan op en skink vir haar ma tee in een van die koppies – eers die koue melk, dan die tee, op die Engelse manier. Dis bonkige staatsdiensporselein – dik, die oortjies te klein, die gat skaars groot genoeg om ’n vinger daardeur te kry. Rakie weet hoe haar ma dit haat om uit sulke koppies te drink.

    Salomé maak haar oë toe, laat val haar kop agteroor. I shut my eyes and all the world drops dead.¹ Dan ruk sy dit weer regop, maak haar oë oop en lag.

    Rakie gee vir haar die tee aan. Die koppie se gerinkel teen die piering laat haar skrik. Van wanneer af bewe haar hande so?

    Salomé kyk af na die wit koppie in haar hande. Sy vou haar geraamtevingers om die porselein. Viljoen moet oefen, sê sy. Haar stem was sagter, maar die naam begin dawer in Rakie se ore, vibreer in haar bors. Viljoen. Wanneer laas het sy daardie naam gehoor? Wanneer laas het sy aan hom gedink? Viljoen. Viljoentjie.

    Ma?

    Mara, beveel Salomé hard, gaan roep vir Viljoen. Hy moet kom oefen.

    Toe Rakie afkyk, sien sy sy het tee in haar eie piering gemors.

    Ma, dis …

    Viljoen! roep Salomé. Van die ander mense op die stoep en in die tuine kyk na hulle. Viljoen! roep sy weer.

    Rakie vat haar hand.

    Ma. Má. Ma, kyk vir my, kyk vir my.

    Viljoen, sê haar ma weer, en frons. Sy probeer die naam plaas. Vil … joen.

    Rakie lig haar koppie en vat ’n sluk. Die tee is koud. Hoeveel tyd het verloop?

    Viljoen is dood, prewel Salomé. Viljoen is dood.

    Nou, hier op ’n Dinsdagoggend, op die sorgsentrum se stoep, oor ’n koppie tee, sê haar ma dít wat nie een van hulle al durf sê het nie. In dertig jaar het haar ma nog nooit oor Viljoen gepraat nie. Die onderwerp was verbode in hul huis. Rakie dink hoe graag sy oor hom wóú praat, hoe baie vrae sy gehad het, maar dis nooit toegelaat nie.

    Sy kyk na Salomé se blou oë. Dis klein en half verberg agter ’n web van gebarste aartjies. Waar is sy? Waarheen gaan sy wanneer die gordyn so toeskuif? Watter donker plekke besoek sy? Plekke waar sy in drie dekades nie was nie. Dis ’n sin wat Salomé Bouwer nooit sou sê nie: Viljoen is dood. Sy het nie erkenning daaraan gegee dat haar seun bestaan het óf dood is nie, en die res van hulle het haar nagevolg. Daar was nie groot konfrontasies of gevegte daaroor nie. Daar is nie reëls neergelê nie. Hulle het net geweet hulle kon nooit weer na Viljoen verwys nie.

    Rakie en Mara was agt jaar oud toe hul boetie soos ’n potloodstrepie uit hulle almal se lewe gevee is. Nou kom haar ma en skryf die naam in groot, krom letters terug. En wat staan haar nou te doen?

    Ek gaan vra vir nog tee. Sy wink een van die versorgers nader.

    Jy’t hom doodgemaak, sê Salomé dan.

    Rakie se hand stol in die lug. Vir ’n paar oomblikke sit sy nog so, gevries, voordat sy dit laat sak.

    Wat het Ma gesê?

    Jy’t hom doodgemaak, Mara. Jy het Viljoen doodgemaak.

    Hitte en naarheid stoot koorsig in haar lyf op. Sy kan dit nie skok noem nie. Dis iets anders. Dis ’n diep wete, iets vas, iets solied binne haar wat dan tog vloeibaar raak, soos lawa. Ma is deurmekaar. Dis ek, Ma, dis Rakie, nie Mara nie. Ma … Sy probeer haar asemhaling reguleer. Ma is ontsteld en deurmekaar.

    Viljoen is dood. Salomé se intensiteit van so pas, die fokus, is weer aan die vervaag. Hoekom het jy hom doodgemaak?

    Rakie kan nie langer bly sit nie. Sy staan op, stap na die ontvangstoonbank waar drie verpleegsters staan. Hulle is besig met papierwerk en gesels in Xhosa. Excuse me, sê Rakie in Engels. My mom is confused. She’s upsetting herself.

    Een van hulle stap saam met haar na Salomé toe. Wat is fout, Ouma? vra sy. Rakie haat dit as hulle met haar ma praat asof sy ’n kind is, maar sy laat die vrou begaan.

    Viljoen is dood, sê Salomé gelate vir die verpleegster.

    Kom ons vat haar terug. Die verpleegster stoot Salomé se rolstoel binnetoe.

    Rakie stap agterna. Sy moes nie so heftig op ’n ou vrou se mymeringe gereageer het nie. Die dokter het haar gewaarsku sulke dinge gaan gebeur.

    Maar daar is iets anders wat haar pla, iets waarop sy nie nou ’n greep kan kry nie. Dit pla haar meer as wat haar ma gesê het.

    Voor haar swaai die vrou se heupe ritmies onder die blou nylon van haar verpleegstersuniform. Rakie beny haar die ongestoordheid van die beweging, sy beny die vrou haar onbetrokkenheid by die donker intrige wat in hierdie wit, gesteriliseerde gang afspeel. Want sy besef nou wat haar so ontstel het.

    Dit was nie haar ma se verwarring nie – júís nie. Dit was die helderheid waarmee sy gesê het: Jy het Viljoen doodgemaak.

    ***

    God, Salomé! Wat maak jy met die koffers? Pak dit terug, jy maak die kinders bang!

    Ek, Mara en Viljoen lê onder my bed. Ma en Pa baklei.

    Ek het vir jou gesê ek sal die kinders vat en loop, hoor ek Ma se stem.

    Hul kamer is nie reg langs ons s’n nie. Viljoen s’n is tussenin. Hy het na my en Mara toe gekom. Hy kom altyd na ons toe wanneer Ma en Pa stry kry. Dan klink Ma se stem anders.

    Mamma en Pappa gaan skei, fluister Viljoen waar hy langs my op sy sy lê. Eers kon ons mekaar nie sien nie, dit was te donker, maar nou het my oë die donker gewoond geraak. Nou sien ek sy oë is groot en nat. Mara lê agter my, ek kan haar nie sien nie. Ons het ons pajamas aan, ons het al geslaap. Die bakleiery het ons wakker gemaak. Viljoen is kleiner as ek. Hy het by my in die bed kom klim onder my Sugar Plum Fairy-duvet. Maar toe die goed begin val, het ons onder die bed ingekruip. Want laas toe sy so was, het sy ons uit ons beddens kom gryp. Sy het ons buitentoe gesleep en in die kar geprop. Pa het met sy vuiste teen die ruite geslaan.

    Ma het ons pajamas van swart sweetpakmateriaal gemaak wat sy op uitverkoping by A&E gekry het. Dit het te klein uitgekom, sy het ’n fout met die patroon gemaak, toe het sy sulke bont bane langs die kante in gestik, in die moue en die broekspype. Viljoen se bane is geel en blou en my en Mara s’n geel en rooi.

    Sjuut, fluister ek vir hom. Moenie praat nie. As Ma ons hoor, gaan sy ons kry.

    Ek bewe. Wanneer sy so raak, is sy duiwelsbesete, het Pa al gesê. Sy raak so wanneer daar duiwels in haar vaar. Al wat ons dan kan doen, is bid.

    Kom ons bid, sê ek. Mara sê niks nie, sy’s nie bang soos ek en Viljoen nie. Ek en hy lê met ons gesigte na mekaar. Die bruin mat krap my wang, Viljoen se Colgate-asem is warm in my gesig. Die matras is laag bokant ons, die matras op houtbalke wat soos ’n groot leer lyk.

    Los my, Dawid! Ma huil ’n lelike huil. Glas breek. Sy’s nie hartseer nie, sy’s kwaad. Los my! Diep en hees: Los my!

    Asseblief, liewe Here God, bid ek saggies en sit my hande teen mekaar soos Pa my geleer het. Viljoen doen dit ook. Dit ruik soos lym en mat hier onder die bed, dit brand in my neus. Dit ruik soos toe die huis nuut was, toe ons net hier ingetrek het. Ons was die eerste mense in die huis, het Pa gesê, Chemkor het dit spesiaal vir ons gebou. Ma het gesê dis die lelikste huis wat sy nog ooit gesien het. Ek kon kies watter kleur my kamer se mure moes wees. Groen, ek het groen gekies. Liggroen soos my koki, die een wat soos appel ruik, die een wat ek altyd vir die blomme se stingels gebruik, nie vir die gras nie.

    Stoppit, Salomé! Stóp dit! Pa is nie kwaad nie, hy’s iets anders.

    Asseblief, liewe Jesus, asseblief, laat die duiwels Ma verlaat, bid ek.

    Ma sê Driefontein is die lelikste dorp in die wêreld. Sy sê dis die gopse. Wat beteken die gopse? het ek vir Pa gevra. Hy het niks gesê nie.

    Daar is sterre teen my en Mara se dak wat in die donker gloei, sulke plastieksterre. Wanneer al die ligte af is, sien ons hulle. Hulle skyn so witgroen. Ons versamel hulle uit die Rice Krispies-bokse. Ek het verskillende groottes. Gister het ek ’n grote gekry, die heel grootste een wat ek nog gekry het. Ek het hom reg bo my kop geplak. Dis Venus, het Ma gesê, die aandster, die helderste een. Sy help my en Mara om die Melkweg teen ons dak te bou. When you consider things like the stars, sê Ma, our affairs don’t seem to matter very much.² Sy sê ons wêreld moet groter wees as ons kamer, sy sê ons wêreld moet groter wees as Driefontein. In die aande kyk ek na die witgroen sterre tot ek slaap. Dan voel dit vir my ek slaap buite, onder die Melkweg, onder Venus. Dan voel ek ver, ver weg – weg van my kamer, weg van ons Chemkor-huis, weg van Driefontein, op ’n plek waar duiwels nie kan kom nie.

    Salomé, wat is dit? Wat is dit? Bedaar!

    Ek hoor iets breek. Ma gooi goed. Sy gooi baiekeer goed teen die mure wanneer sy so raak.

    Kyk my in die oë, Dawid! Hoekom kyk jy nie vir my nie? Kyk vir my, kyk vir my!

    Ek bid vanaand soos oom André van langsaan. Oom André bid anders as Pa, want hulle’s in die Baptistekerk. Pa bid altyd dieselfde. Seën die voedsel aan ons liggame, bid Pa. Maar vanaand probeer ek soos oom André bid. Ek weet nie hoekom nie, dit voel net of dit beter gaan werk. Here, hou u hand oor Ma, hou u hand oor ons huis, bid ek.

    Ek wil uit hierdie huis uit padgee! skreeu Ma. Ek wil uit Driefontein uit padgee!

    Stuur u engele, Here God, stuur u engele vanaand na ons toe.

    Jy kan alleen op hierdie godverlate mynhoop bly, Dawid, ék loop vanaand!

    In die naam van Jesus Christus, bid ek soos oom André.

    God, Salomé, bedaar!

    In die naam van Jesus Christus vra ek, Here, verdryf die duiwels.

    Nog goed wat breek. Ma wat ’n geluid maak diep uit haar maag. Dis die duiwels, dis nie sy nie. Voetstappe in die gang. Hard, vinnig. Vensters wat toeklap. Dis Pa, hy maak vensters toe. Hy’s bang oom André kom weer.

    Maak ons mamma gesond, liewe Jesus, asseblief, asseblief, liewe Heretjie.

    Ma gil al hoe harder. Ek weet nie wat om verder te bid nie. Seën die voedsel aan ons liggame, sê ek. Amen.

    Toe ek my oë oopmaak, lê Viljoen oopoë vir my en kyk. Mara beweeg nie. Trane loop skuins af oor Viljoen se gesig, van sy een oog, oor sy neus, oor sy ander oog, oor sy wang, tot in die Chemkor-mat.

    ***

    Rakie klik die afstandbeheer om haar i20 se alarm te deaktiveer. Dit wil nie werk nie. Sy druk en druk die sagte swart vleis van die knoppie, maar niks gebeur nie. Sy loop om die motor, druk die knoppie aanhoudend.

    Fok, fluister sy, en dan harder: Fok! Sy begin huil, eers sag en dan gee sy nie meer om wie haar sien of hoor nie. Intussen hou sy aan die knoppie druk, so hard dat haar duimnael seer word.

    Dit voel asof sy in ’n TV-speletjie is, asof sy nie werklik is nie, asof haar motor wat nie wil oopmaak nie ’n uitdaging op hierdie vlak van die speletjie is wat sy moet slaag om na die volgende te kan vorder. As kind het hulle op ’n slag by die een of ander niggie of kleinniggie van haar ma op ’n naburige dorp gaan kuier. Dié het ’n kind gehad wat min of meer so oud soos Rakie was, en sy het haar eie TV met speletjies in haar kamer gehad. Hulle het Mario Brothers gespeel terwyl die grootmense gebraai het. Soos met die meeste mense vir wie hulle gaan kuier het, is hulle nooit weer soontoe nie.

    Skielik reageer die motor en gaan dit oop. Sy is so verstom dat sy ophou huil. Sy klim in, kyk na haar gesig in die truspieël, die trane in haar oë, die Rorschach-maskaravlekke onder haar oë. God, sy lyk oud. Sy is nog nie veertig nie, nog nie eens 39 nie, maar die frons tussen haar oë lê daar ingekeep, soos die lyne van ’n skewe H wat in ’n skoollessenaar ingekerf is. Haar oë is blou, soos haar ma s’n, maar sy het nie haar ma se oë nie. Ander vorm, ander skakering, nie so mooi nie. Kleiner, ’n uitgewaste blou. Maar mooi genoeg dat genoeg mense al iets daaroor gesê het, veral mans wat dit soos ’n wagwoord gebruik om toegang tot haar bed te kry. Jy het die mooiste oë, sê die verbeeldingloses, maar sy verkies hulle, want die kreatiewes kom met erger goed vorendag. Sy het mans nog altyd hul sin gegee. Sy kon nog nooit vir hulle nee sê nie. Die laaste paar jaar

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1