Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die model-huwelik
Die model-huwelik
Die model-huwelik
Ebook410 pages5 hours

Die model-huwelik

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

In hierdie klassieke uitgawe deel Dag Heward-Mills omvattende praktiese insigte in die huwelik mee. Hierdie buitengewone boek sal as bruikbare bronmateriaal kan dien vir sowel die huweliksberader as die getroude paar. Jy sal sekerlik in hierdie boek verfrissende en opwindende wenke kry om jou huwelik te verryk.

LanguageAfrikaans
Release dateJul 18, 2018
ISBN9781613953297
Die model-huwelik
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Die model-huwelik

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die model-huwelik

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die model-huwelik - Dag Heward-Mills

    DEEL 1

    DIE BEMINDES

    Hoofstuk 1

    Die bemindes

    Wie is ’n beminde?

    My beminde is myne, en ek is syne …

    Hooglied 2:16

    Die beminde is ’n persoon met wie jy ’n verhouding het, wat op ’n huwelik kan uitloop. Met ander woorde: hy of sy is ’n man of ’n vrou wat amptelik ingestem het om met jou te trou. Sommige gebruik die term verloofde, mansvriend of meisievriend om die verhouding te beskryf, maar in hierdie boek gaan ons die term beminde gebruik.

    Ons raai jong mans en vroue aan om nie verhoudings met die teenoorgestelde geslag aan te knoop wat nie bedoel is om op ’n huwelik uit te loop nie, omdat hierdie mansvriende en meisievriende algemeen by onsedelike dinge soos ontug betrokke raak. Ons maan daarom dat sulke verhoudings alleenlik met die oog op die huwelik aangeknoop moet word, en dat die tydperk waarin die verhouding voor die huwelik ontwikkel (tradisioneel die hofmaak-periode genoem) nie baie lank moet wees nie.

    Maar vanweë die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê.

    1 Korintiërs 7:2

    Is jy seker dat jy met hierdie persoon wil trou?

    Beproef alle dinge; behou die goeie.

    1 Tessalonisense 5:21

    En hulle het Rebekka geroep en haar gevra: Wil jy met hierdie man saamgaan? En sy antwoord: Ja.

    Genesis 24:58

    Agt dinge om te oorweeg wanneer jy ’n beminde kies

    1. Die feit dat die ouers goeie mense is, beteken nie dat hulle kind ook ’n goeie egmaat sal wees nie. Is hy of sy aan God toegewy? ¹

    2. Moenie in die huwelik tree net omdat jou ouers so sê nie. Is jou voorgenome lewensmaat jou vriend? ²

    3. As jy te vroeg in die huwelik tree, sal jy sekere dinge in die lewe mis (byvoorbeeld jou jeug, jou tyd om enkel en vry te wees).

    4. Hou in gedagte dat mense nie werklik verander nie, en daarom sal dinge waarvan jy nie by jou beminde en daarom ook nie by jou toekomstige egmaat hou nie, ook waarskynlik nie verander nie.

    5. Sal julle in ’n posisie wees om finansieel die mas op te kom?

    6. Gaan julle ’n plek hê om te woon wanneer julle trou?

    7. Stamverskille gaan jou huwelik beïnvloed.

    8. Verskille in opvoedkundige vlakke sal ook julle huwelik beïnvloed. ³

    Notas

    1. Theda Hlavka 2001. Saying I Do was the Easy Part, Nashville TN: Broadman & Holman Publishers, 83-88.

    2. Coleman, William L 1980. Engaged: When Love Takes Off, Wheaton IL: Tyndale House Publishers, 18-19.

    3. Olson, David H & Defrain, John 2000. Marriage and the Family, Mountain View CA: Mayfield Publishing Company, 276. Laryea, Evans A 2002. Joining of Lives, Accra, Ghana, PAL International, 10-11, 166-205.

    Hoofstuk 2

    Die amptelike erkenning van ’n verhouding deur die kerk

    Drie redes waarom ’n verhouding geregistreer moet word

    Elke kerk moet ’n register hê waarin die besonderhede van sy lidmate wat beplan om in die huwelik te tree, baie duidelik aangeteken word. Dit dien as die amptelike erkenning van die verhouding deur die kerk, en dit moet ten minste ses maande voor die beplande huwelik gedoen word. Waarom moet die verhouding geregistreer word?

    1. Om vas te stel of sommige mense nie reeds getroud is nie.

    Sommige pare mag reeds uit die huidige of ’n vorige verhouding kinders hê. In sommige kulture is dit die gebruik om te hê wat as ’n tradisionele huwelikseremonie bekend staan. Dit is belangrik om te weet of die paar hierdie handeling uitgevoer het of nie. Enige sodanige seremonie, tradisie of rite moet aan die lig gebring word. Versuim om sulke inligting te openbaar, mag tot die beëindiging van die verhouding lei.

    2. Om te verseker dat alle soortgelyke verhoudings nie verberg word nie.

    Dit is noodsaaklik dat alle verhoudings voor God, die pastor en die gemeente geopenbaar moet word. Om die verhouding openbaar te maak, help ook om ’n gesonde en heilsame verhouding te bevorder.

    3. Om die paartjie beter te leer ken.

    Wanneer die paar geregistreer word, sal jy hulle op ’n meer persoonlike vlak leer ken:

    1. Die paar se volle name (om die register te voltooi).

    2. Jy kan hulle verbintenis as Christene beter bepaal.

    3. Jy kan die kerkverband van jou lidmaat se beminde leer ken, as dit nie jou eie kerk is nie.

    4. Probeer vasstel wat die vlak van hulle kerklike betrokkenheid is.

    5. Bevestig enige vorige verhoudings.

    6. Probeer vasstel of daar vorige of huidige onsedelike verhoudings was. Dit sal jou ook help om te weet of hulle maagdelik is.

    7. Bevestig of hulle huidige verhouding egalig of stormagtig is.

    8. Stel vas hoe gou hulle van voorneme is om te trou. Onnodige lang verhoudings word nie aangemoedig nie.

    Tien feite wat jy deur die amptelike erkenning van die verhouding moet vasstel

    1. Name en ouderdom van sowel die man as die vrou.

    2. Die datum waarop die verhouding begin het.

    3. Hoe lank hulle mekaar al ken.

    4. Die sekelsel-status van sowel die man as die vrou. ¹

    5. Die MIV-status van sowel die man as die vrou. ²

    6. Enige ander mediese toestand, byvoorbeeld epilepsie, hoë bloeddruk, hoë koors en so meer.

    7. Die opvoedkundige agtergrond van sowel die man as die vrou.

    8. Die werkervaring van sowel die man as die vrou.

    9. Of die ouers van die verhouding bewus is en dit goedkeur.

    10. Die voorgenome datum van die huwelik.

    Sekelsel- en MIV-toetse

    Die toepaslikheid van hierdie hoofstuk is om die versoek deur die kerk vir ’n sekelsel-toets en ’n MIV-toets in die regte perspektief te stel.

    a. Die sekelsel-toets

    As die paartjie ’n uitslag van AA (sekelsel-negatief) en AS het, is daar geen werklike probleem nie.

    As albei die bemindes ’n S iewers het (dit beteken sekelsel-positief), behoort die berader hulle aan te raai om die verhouding vir die volgende redes te verbreek:

    Daar is ’n 25% kans dat hulle ’n SS-kind gaan hê, wat beteken dat enige of al hulle kinders SS mag wees. Dit kan ook beteken dat geeneen SS sal wees nie.

    Hierdie situasie kan ook vergelyk word met die vraag of die egpaar ’n seuntjie of ’n dogtertjie gaan hê. Daar is ’n 50% kans om ’n seuntjie of ’n dogtertjie te hê. Dit beteken dat een egpaar ook net seuns of net dogters kan hê.

    image01

    Figuur 1: Moontlike uitslae van ’n sekelsel-toets

    Medies gesproke kan die SS-kind probleme hê soos:

    1. Gereelde toelating tot die hospitaal.

    2. Talryke uitgawes met betrekking tot mediese sorg.

    3. Baie ure sal in ’n hospitaal deurgebring word.

    4. Die moontlikheid van die skielike dood van die kind.

    5. Tyd wat normaalweg by die huis deurgebring sou kon word, word in die hospitaal deurgebring.

    6. Dit sal bykomende spanning op die vrou (ma) meebring afgesien van al haar ander take.

    7. Dit kan tot twis en ’n moontlike geldtekort tuis aanleiding gee.

    8. Daar gaan waarskynlik ’n ongesonde vrees vir swangerskap wees, wat ook die sekslewe van die paartjie kan beïnvloed.

    9. Die kind self sal ’n baie ongelukkige kind wees.

    Die berader moet vir die bemindes vra of hulle enige kontak onthou wat hulle met ’n sekelsiekte- lyer gehad het. Die aanvaarbare situasie is dat hulle albei negatief vir sekelsiekte moet toets, of ten minste dat een negatief en een positief toets. As albei positief toets, kan die situasie baie gevaarlik wees. Mediese advies staan so ’n huwelik teen. Die kerk is ook daarteen, maar dit is hulle wat uiteindelik moet besluit.

    As ’n paartjie besluit om met die huwelik voort te gaan in weerwil van die raad van die mediese wetenskap en die kerk, sal hulle huwelik steeds ingeseën word. Hulle sal met gebed bygestaan word sodat, deur die genade van God, hulle nie enige kinders sal hê wat die siekte sal opdoen nie.

    b. Die MIV-toets

    As een van die bemindes positief toets, moet hulle sterk aangeraai word om die verhouding te verbreek en van die beplande huwelik af te sien, vir klaarblyklike redes.

    Notas

    1. Chamberlain, Geoffrey, ed 1995. Turnbull’s Obstetrics. 2e uitgawe, Edinburgh, Skotland: Churchill Livingstone, 262. Shaw, Robert, Soutter, Patrick & Stanton, Stuart ed 1997. Gynaecology, 2e uitgawe, New York NY: Churchill Livingstone, 107. Myles, Margaret F 1986. Textbook for Midwives, Edinburgh: Churchill Livingstone, 215. Badoe, EA & Owusu, SK, ed 2004. Health and Disease: A Layman’s Guide to Good Health, Accra, Ghana: University of Ghana Medical School, 66-69.

    2. Chamberlain, Geoffrey ed 1995. Turnbull’s Obstetrics. 2e uitgawe, Edinburgh, Skotland: Churchill Livingstone, 485. Ganong, William F 2003. Review of Medical Physiology, New York NY: McGraw-Hill, 533. Badoe, EA & Owusu, SK ed 2004. Health and Disease: A Layman’s Guide to Good Health, Accra, Ghana: University of Ghana Medical School, 101-107.

    Hoofstuk 3

    Berading aan die bemindes

    Nadat die uitslae van die mediese toetse ontvang is, moet die moontlike gevolge wat uit die uitslae na vore kom, met die paartjie bespreek word. Bevestig die algemene vordering op pad na hulle verlowing en vind uit wat die voorgenome datum vir die huwelik is.

    Terwyl hulle in hierdie verhouding staan, word van die paartjie verwag om rein te bly. Dit is belangrik om hulle aan te moedig om onsedelikheid sterk te vermy. Die berader moenie veroordelend wees nie. Die paartjie moet aangemoedig word om aan die werksaamhede van die kerk deel te neem en op die veilige pad van reinheid te bly. ¹

    Taboes in ’n verhouding tussen bemindes

    1. Vermy omhelsing en soene. ²

    2. Moenie op sy skoot sit nie.

    3. Moenie binnenshuis vir lang periodes alleen by jou beminde wees nie.

    4. Moenie op verlate plekke en snaakse ure alleen met jou beminde wees nie.

    5. Moenie jou hande onder die romp of by die gulp insteek nie.

    6. Moenie saam met jou beminde op dieselfde bed slaap of lê nie.

    7. Moenie in die teenwoordigheid van jou beminde ontklee nie.

    8. Moenie die borste, vagina of penis liefkoos nie.

    9. Moenie seks met jou beminde hê nie (dit is onsedelikheid)! ³

    NB: Voorhuwelikse beraad duur ses maande. Bemindes moet ingelig word dat hulle vroeg genoeg met die berading moet begin om al die fasette van die berading te hanteer voordat die troudag aanbreek.

    Beraders moenie aan die druk toegee om huwelike op kort kennisgewing te voltrek nie. Dit mag misleidend wees.

    Vir die dame

    Dit word aanvaar dat dit haar fout is as enige sonde of onsedelikheid voorkom. Dit is omdat die vrou nie aan enige druk moet toegee nie, al is die mans dikwels in die verhouding onder heelwat seksuele spanning.

    1. Sy moet aangemoedig word om in beheer van die verhouding te bly.

    2. Sy moet baie respek vir haarself hê en nooit toelaat dat iemand met haar mors nie.

    3. Sy moet aangemoedig word om haar maagdelikheid te beskerm sodat sy by enige toekomstige berading met vertroue kan sê wat sy nie tydens die hofmaak gedoen het nie. ⁴

    Voorbereiding vir die huwelik (aftiklys)

    Bespreek die voorbereidings vir die huwelik met die paartjie en gee vir hulle soveel advies as moontlik. Raak die volgende aan:

    1. Keuse van die plek.

    2. Die bruidsrok – die moontlikheid om een te huur moet genoem word.

    3. Die klere van die bruidegom en die strooijonker.

    4. Karre wat gebruik gaan word.

    5. Tydsberekening van die troue.

    6. Die tyd van die aankoms van die bruid – waarsku dat sekere dinge vertraging kan meebring.

    7. Die Skriflesing – die keuse van die paartjie.8. Die seremoniemeester (opsioneel).

    9. Die sitplekplan by die hooftafel – insluitend die ouers, seremoniemeester en so meer (dit moet normaalweg die pastors uitsluit).

    10. Alkohol by die troue (hou in gedagte dat sekere paartjies nie hieroor beheer het nie).

    11. Die heildronke en die antwoord daarop. Stel voor dat dit so kort as moontlik moet wees en dat dank ook aan God, die ouers, die pastors en ander sleutelpersone oorgedra moet word.

    12. Die nodige wetlike dokumente.

    13. Die foto’s van die huwelik. Waarsku teen fotograwe wat nie na die huwelik uitgenooi is nie, maar later met foto’s vorendag sal kom waarvoor hulle geld vra.

    14. Die neem van ’n video.

    15. Versierings.

    16. Die reëlings vir die wittebrood.

    17. Waarsku hulle om nie al hulle geld vir die huwelikseremonie te gebruik nie.

    Notas

    1. Yager, Dexter & Ball, Ron 1997. Dynamic People Skills, USAInterNET Services Corporation, 144-145, 153.

    2. Adjabeng, Joshua 1999. Before You Marry, Accra, Ghana: Olive Publications, 26-27.

    3. Long, Eddie L 1998. I Don’t Want Delilah, I Need You, Tulsa, OK: Albury, 192.

    4. Small, Dwight Hervey 1974. Design for Christian Marriage, Old Tappan NJ, Fleming H Revell Company, 177-201. Andrews, Gini 1974. Your Half of the Apple. God and the Single Girl, Grand Rapids MI: Zondervan Publishing House, 69-79.

    DEEL 2

    DIE GRONDBEGINSELS

    Hoofstuk 4

    Definisie van die huwelik

    Inleiding

    Die huwelik is ’n instelling wat deur God bepaal en voorgeskryf is. ¹ Dit is die enigste instelling wat gevestig is voordat sonde in die wêreld ingekom het.

    Drie maniere om te trou

    1. Die burgerlike huwelik.

    (Dit is in ooreenstemming met die burgerlike wette van die land.)

    1. In die meeste lande bepaal die huwelikswet dat ’n sertifikaat van die plaaslike regering verkry moet word, wat vir drie maande geldig is waarbinne die paar in die huwelik moet tree nadat hulle name vir drie weke deur die plaaslike regering of die kerk bekend gemaak is. As niemand binne hierdie drie weke die huwelik teenstaan nie, mag die huwelik plaasvind.

    2. Die wetlike register moet deur ten minste twee getuies geteken word.

    3. Toestemming van die ouers is verkieslik en word aangemoedig, maar dit is nie absoluut noodsaaklik as die paar bo agtien jaar oud is nie.

    4. Die huwelik mag alleen deur ’n wetlike egskeiding verbreek word.

    5. Dit is ’n misdryf om weer te trou terwyl jy onder die huwelikswet steeds getroud is.

    2. Die tradisionele huwelik.

    (Dit is vir die betrokkenheid van die families.)

    1. Die families kom bymekaar en gee die dogter op tradisionele wyse af nadat die gebruiklike seremonies afgehandel is.

    2. Die seremonies hang af van die familie- en die stamverband.

    3. Sommige families beskou dit as die volledige en behoorlike huweliksbevestiging en verwag van die paar om daarna hulle lewe saam deur te bring.

    4. Sommige families beskou dit net as ’n verlowing, dit is ’n ooreenkoms om in die huwelik te tree.

    5. Ons kerk erken nie tradisionele huwelike as huwelike nie, behalwe as dit deur die pastors ingeseën is. Tradisionele huwelike is ’n poligame reëling. (Dit beteken dat ’n man met soveel vroue kan trou as wat hy wil.) Die kerk glo dat dit vir sy lidmate belangrik is om onder die huwelikswet te trou omdat die wetlike huwelik nie poligamie toelaat nie.

    3. Die geestelike huwelik.

    (Dit vind plaas sodat die paar kan belowe om God se wil met betrekking tot hulle huwelik na te kom en ook sodat die huwelik deur God verseël kan word.)

    1. Die kerk handel die huweliksbeloftes af en seën die paar in. ²

    2. Sover dit die kerk aangaan, is jy nie getroud as dit nie gedoen is nie.

    3. Die kerk publiseer ook die name van alle pare wat in die huwelik gaan tree, vir ten minste drie weke op sy kennisgewingbord, sodat enige besware teen die huwelik ingebring kan word.

    Ons verwag van alle pare om al drie vorms van die huwelik na te kom om latere verwarring en meningsverskil te voorkom oor die vraag of hulle werklik in die huwelik getree het. ³

    Notas

    1. Janssen, Al 2001. The Marriage Masterpiece, Wheaton IL: Tyndale, 3-4. Laryea, Evans A 2002. Joining of Lives, Accra, Ghana: PAL International, 33-38. Prince, Derek & Ruth 2003. God Is a Matchmaker, Grand Rapids MI: Chosen Books, 51-52. Ash, Christopher 2003. Marriage, Sex in the Service of God, Leicester, Engeland: InterVarsity Press, 66-69.

    2. Dawn, Marva J 2001. Sexual Character: Beyond Technique to Intimacy, Grand Rapids MI: William B Eerdmans Publishing, 2007.

    3. Clulow, Christopher ed 1995. Women, Men and Marriage, London: Sheldon Press, 40-43. Adjabeng, Joshua 1999. Before You Marry, Accra, Ghana: Olive Publications, 63-67.

    Hoofstuk 5

    Bybelse redes vir die huwelik

    Inleiding

    Die huwelik is nie ’n idee van die mens nie, en dit is ook nie deur hom ingestel nie. Dit was God self wat die mens se behoefte aan ’n maat besef het en daarin voorsien het. Om te verstaan waarom God die huwelik ingestel het, moet ons antwoorde in die Bybel gaan soek.

    Bybelse redes vir die huwelik

    1. Om die probleem van alleenheid op te los.

    Ook het die Here God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ’n hulp maak wat by hom pas.

    Genesis 2:18

    2. Om ’n hulp te hê wat by jou pas.

    Ook het die Here God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ’n hulp maak wat by hom pas.

    Genesis 2:18

    ’n Hulp: maniere waarop die vrou die man kan help – deur gebed, seks, die voorsiening van voedsel, raad, bemoediging, gerief, deur gasvryheid te wys, deur huishoudelike verantwoordelikhede na te kom en om finansieel, sosiaal en so meer te help. ¹

    3. Om owerspel te vermy.

    Met betrekking tot die dinge waaroor julle aan my geskryf het — dit is goed vir ’n man om ’n vrou nie aan te raak nie. Maar vanweë die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê.

    1 Korintiërs 7:1-2

    4. Om kinders te hê.

    En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

    En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

    En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.

    Genesis 1:26-28

    Wanneer kinders buite die huwelik in die wêreld gebring word, het hulle ’n agterstand en word hulle dikwels jeugoortreders.

    Let asseblief daarop: die feit dat daar nie kinders is nie, maak nie ’n huwelik tot niet nie. Op dieselfde manier is dit ook nie die geboorte van kinders wat ’n huwelik geldig maak nie.

    Notas

    1. Packer, Lana 2003. Women Making a Difference in Marriage, Nashville TN: Lifeway Press, 13-20. Searle, David ed 1997. Truth and Love in a Sexually Disordered World, Carlisle, Cumbria, UK: Paternoster Publishing, 6-7, 72-74.

    DEEL 3

    DIE VERHOUDING

    Hoofstuk 6

    Die huwelik soos God dit wil

    Toe het die Here God ’n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak. En die Here God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ’n vrou en bring haar na die mens.

    Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem. Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees. En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.

    Genesis 2:21-25

    Die vyfvoudige patroon

    1. Een man en een vrou. ¹

    En die Here God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ’n vrou en bring haar na die mens.

    Genesis 2:22

    2. Om te verlaat en aan te kleef. ²

    Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.

    Genesis 2:24

    Daar is vier maniere om te verlaat:

    1. Om fisies te verlaat (’n ander plek).

    3. Om die invloed, koersaanwysing en raad van die ouers en ander lede van die uitgebreide familie te verlaat.

    4. Om naby vriende te verlaat, veral van die teenoorgestelde geslag. ³

    3. Om ’n metgesel te kry. ⁴

    (Die mens was alleen, sonder ’n vriend.)

    Ook het die Here God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ’n hulp maak wat by hom pas.

    Genesis 2:18

    4. Openheid. ⁵

    (Laat jou egmaat alles van jou weet om verrassings, wantroue en agterdog te vermy.) ⁶

    En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.

    Genesis 2:25

    Daar is vier maniere om naak/openhartig/deursigtig te wees:

    1. Geskiedkundig, byvoorbeeld verhoudings en kinders uit die verlede.

    2. Finansieel, byvoorbeeld skuld, inkomste, beleggings en verpligtings.

    3. Fisiek, byvoorbeeld om by die huis naak te wees en seksuele vryheid te geniet.

    4. Geestelik, byvoorbeeld doelstellings vir die toekoms, persoonlike sondes. ⁷

    5. Seks en voortplanting.

    God se plan is vir seks en voortplanting binne die raamwerk van die huwelik. 8 Seks en voortplanting buite die raamwerk van die huwelik lei tot allerhande soorte probleme – stiefhuise, stiefkinders en seksueel oordraagbare siektes.

    En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

    En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.

    Genesis 1:26-28

    Notas

    1. Laney, Carl J 1981. The Divorce Myth, Minneapolis MN: Bethany, 26. Lewis, Robert & Hendricks, William 1991. Rocking the Roles, Colorado Springs CO: Navpress, 41-47.

    2. Mossholder, Ray 1990. Marriage Plus: The Bible and Marriage, Lake Mary FL: Creation House, 148. Trobisch, Walter 2003. I Married You, Leicester, Engeland: InterVarsity Press, 23-28. Laney, Carl J 1981. The Divorce Myth, Minneapolis MN: Bethany, 20.

    3. Rainey, Dennis & Barbara 2000. Starting Your Marriage Right, Nashville TN: Thomas Nelson Publishers, 15-19.

    4. Adams, Jay E 1980. Marriage, Divorce and Remarriage, Grand Rapids MI: Baker Book House, 11-12. Mac Donald, Gordon 1982. Magnificent Marriage, Wheaton IL: Tyndale House, 6-7, 44-46.

    5. Laryea, Evans A 2002. Joining of Lives, Accra, Ghana: PAL International, 67-69.

    6. Rainey, Dennis & Barbara 2000. Starting Your Marriage Right, Nashville TN: Thomas Nelson Publishers, 26-28.

    7. Horner, Bob & Jan 2000. Resolving Conflict in Your Marriage, Loveland CO: Group Publishing Inc, 28-31.

    8. Searle, David ed 1997. Truth and Love in a Sexually Disordered World, Edinburgh: Paternoster Publishing, 64-66.

    Hoofstuk 7

    Die Christelike huis

    Omskrywing

    Die Christelike huis is nie net ’n gebou nie. Dit is ’n atmosfeer, ’n plek waar jy altyd graag wil wees. ’n Huis is die plek waar die gesin woon. Die eerste huis was ’n tuin. Dit gee twee indrukke van ’n huis.

    1. ’n Plek om te geniet – mooi, vredevol, verwelkomend.

    2. ’n Plek om te versorg en mooi te maak.

    Die belangrikste element van ’n huis is egter nie die gebou nie (hoe groot of hoe mooi dit is) nie, maar die verhoudings wat daarbinne tussen die mense bestaan.

    ’n Dwase seun is ’n ramp vir sy vader, en die gekyf van ’n vrou is ’n aanhoudende gedrup.

    Spreuke 19:13

    Om te woon op die hoek van ’n dak, is beter as by ’n twisgierige vrou en ’n gemeenskaplike huis.

    Spreuke 25:24

    ’n Aanhoudende gedrup op die dag van ’n stortreën en ’n twisgierige vrou is net eenders. Wie haar wil teëhou, hou wind teë, en sy regterhand ontmoet olie.

    Spreuke 27:15-16

    Die huis kan selfs in ’n krotbuurt of in ’n sloot of selfs die busstop wees, op voorwaarde dat dit ’n plek is waar twee mense wat mekaar liefhet, ooreengekom het om te woon en ’n gesin groot te maak wat hulle net soveel kan liefhê.

    En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.

    Lukas 12:15

    Die belangrikheid van die huis vir die man en die vrou

    1. ’n Plek van ontspanning – vir die man.

    2. ’n Skild van beskerming teen die wêreld en sy spanning – vir die vrou.

    3. ’n Plek van verkwikking en versterking – vir albei.

    4. ’n Plek om die kinders op te voed. ¹

    Vier stappe om ’n Christelike huis te ontwikkel

    ’n Gelukkige en gebalanseerde huis is altyd die droom van ’n bruid en ’n bruidegom. Baie mense ervaar egter nooit die vreugde en die geluk waarna hulle strewe wanneer hulle besluit om te trou nie. ’n Gelukkige huis val nie uit die lug uit nie. Dit moet ontwikkel word. Niks gebeur toevallig nie! Dit kom nie sommer vanself na vore nie. ²

    Waar geen beeste is nie, is die krip leeg, maar deur die krag van die os is die inkomste baie.

    Spreuke 14:4

    1. Christus moet erken word as die fondament en die hoof van die huis.

    Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en dit doen — Ek sal julle wys soos wie hy is. Hy is soos ’n man wat ’n huis bou, wat gegrawe en diep ingegaan en die fondament op die rots gelê het; en toe die vloedwater kom en die stroom teen daardie huis losbreek, kon hy dit nie beweeg nie, omdat sy fondament op die rots was.

    Lukas 6:47-48

    Wanneer God die fokuspunt van die egpaar is, word hulle nader na mekaar toe getrek omdat hulle nabyheid aan God hulle ook nader aan mekaar bring (Figuur 2). As gevolg daarvan het hulle uiteindelik ’n gelukkige huis. ³

    Wanneer God die fokuspunt van net een van hulle is, kom hulle nie nader nie (Figuur 3). In sommige gevalle dryf hulle nie uit mekaar uit nie, maar hulle kom ook nie nader nie (Figuur 4), maar hulle verhouding is verslete en hulle huis is nie regtig ’n gelukkige tuiste nie.

    In die geval waar

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1