Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

’n Reënboog deur my trane: Troos vir treurendes
’n Reënboog deur my trane: Troos vir treurendes
’n Reënboog deur my trane: Troos vir treurendes
Ebook77 pages46 minutes

’n Reënboog deur my trane: Troos vir treurendes

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Reënboog deur my trane bied 31 dagstukkies, gebede en inspirerende aanhalings wat God se vertroosting in onstuimige tye met die leser deel, asook ’n lys van beloftes uit die Bybel vir spesifieke behoeftes in tye van nood.
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateApr 15, 2015
ISBN9780796319302
’n Reënboog deur my trane: Troos vir treurendes
Author

Solly Ozrovech

Solly Ozrovech is a beloved South African author of best-selling spiritual books and daily devotionals. His practical approach to faith has captured the hearts of many people, while his homespun wisdom provides honest answers to the complex questions of contemporary life.

Read more from Solly Ozrovech

Related to ’n Reënboog deur my trane

Related ebooks

Related articles

Reviews for ’n Reënboog deur my trane

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    ’n Reënboog deur my trane - Solly Ozrovech

    Reënboog deur my trane

    Troos vir treurendes

    Solly Ozrovech

    Lux Verbi

    Opgedra aan almal saam met wie

    ons sterwensbegeleiding en die

    verwerking van hul droefheid

    meegemaak het.

    Ook aan oupa en ouma Du Toit

    wat ons geleer het om ons

    droefheid met waardigheid te dra.

    1 God se vertroosting

    Die dood van ’n dierbare kom altyd as ’n skok – of dit skielik en onverwags is en of dit lank reeds verwag is. Met die verlies van ’n dierbare is dit asof ’n mens uit voeling raak met die werklikheid. Die droefheid oor en die finaliteit van jou verlies oorweldig jou met ’n byna onhanteerbare eensaamheid. Daarby besef jy dat die toekoms skielik moeilike beslissings én veranderinge inhou.

    Al is jou verlies op hierdie oomblik pynlik en byna ondraaglik, moet jy altyd aan God se belofte van bystand en troos vashou:

    Soos ’n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel (Jes 66:13). God antwoord op sy kinders se verwarde Waarom? met hierdie gerusstellende versekering: Ek is by jou; Ek versterk jou.

    Victor Hugo het gesê: Droefheid is ’n vrug. God laat dit slegs groei aan lote wat Hy sterk genoeg ag om dit te dra. Wanneer jy dus worstel met die pyn ná die dood van ’n geliefde, kan jy ryke vertroosting put uit die Skrif en die ervarings van ander wat dieselfde smartlike pad geloop het.

    ’n Wyse man het aan ’n bedroefde vriend gesê: Ek het nie gekom om jou te vertroos nie – alleen God kan dit doen. Ek het net vir jou kom sê hoe diep en innig ek met jou meevoel in jou verlies. Mense wat opreg omgee, kan nie uit hulleself dié vertroosting bring wat verskeurde harte sal genees nie, maar God kan hulle gebruik om kanale vir sý vertroosting te wees.

    Vertrou net stilweg van dag tot dag op God. Hy sal sy vertroosting skenk soos ’n lentereën in die barre woestyn. As jy op Hom vertrou het toe jou lewensboom oortrek was met lentebloeisels, kan jy Hom ook nou in die koue van jou wintersmart vertrou. Buite God om is daar geen hoop op blywende troos nie.

    Ek pleit om u vertroosting, Here,

    soos wat U alleen dit kan gee.

    Skenk genesing vir my verskeurde gemoed

    en laat my deur my trane die reënboog van

    hoop sien. Om Christus ontwil.

    Moenie bang wees nie,

    Ek is by jou,

    moenie bekommerd wees nie,

    Ek is jou God.

    Ek versterk jou,

    Ek help jou,

    Ek hou jou vas,

    met my eie hand red Ek jou.

    (Jes 41:10)

    ONS VERSTAAN DIE DOOD EERS WANNEER HY SY HAND LÊ OP IEMAND WAT ONS LIEFHET

    – Anne L de Stael.

    2 Lig in die duisternis

    Die wêreld kan skielik stikdonker lyk wanneer ’n dierbare sterf. Dan verloor ’n mens maklik uitsig op die lewe. Jy reageer soos ’n blinde wat onseker voortstrompel. Dit word vir jou so moeilik om die duisternis te hanteer dat jy selfs nie die hulpmiddels wat God tot jou beskikking stel, doeltreffend kan gebruik nie. Dit voel asof alles in jou lewe bydra om die nag nog swarter te maak.

    Daar is mense wat dié blindheid triomfantlik oorwin – nie op grond van hulle verskerpte sintuie, brailleskrif of ’n wit kierie nie, maar deur Christus wat hulle in staat stel om uit die duisternis die lig te betree. Jesus is die ware lig wat elke mens verlig (vgl Joh 1:9). Wanneer jou pad vorentoe onseker is en jy moeilike beslissings moet maak, lei Christus jou tree vir tree uit die duisternis van droefheid en verwarring tot in sy wonderbare lig.

    In die donker is daar geen keuses nie – dit is die lig wat ons in staat stel om verskille waar te neem. Christus is die gewer van dié lig (C T Whitmell). God gee jou

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1