Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Suikervry: 8 Weke na Vryheid van Suiker en Koolhidraatverslawing
Suikervry: 8 Weke na Vryheid van Suiker en Koolhidraatverslawing
Suikervry: 8 Weke na Vryheid van Suiker en Koolhidraatverslawing
Ebook419 pages3 hours

Suikervry: 8 Weke na Vryheid van Suiker en Koolhidraatverslawing

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Suikervry is die eerste selfhelpboek wat in Suid-Afrika geskryf is om mense met 'n suiker- en koolhidraat-verslawing te help om dit te bowe te kom. Dit is deur Karen Thomson en Kerry Hammerton met die steun van die dieetkundige Tamzyn Campbell geskryf, en daar is 'n voorwoord deur prof. Tim Noakes. Dit staan eetgewoontes met min koolhidrate en meer vet voor. Dit is die enigste beskikbare boek wat die emosionele en gedragspatrone van 'n suiker- en koolhidraat-verslaafde aanspreek. Vir baie mense is dit nie genoeg dat hulle bloot weet wat om te eet nie. Suikervry spreek dié saak aan. Bo en behalwe 'n program van agt weke lank, bevat Suikervry ook persoonlike verhale van verslawing, maaltydprogramme en resepte sonder suiker.
LanguageAfrikaans
PublisherJonathan Ball
Release dateApr 1, 2015
ISBN9781920289867
Suikervry: 8 Weke na Vryheid van Suiker en Koolhidraatverslawing
Author

Karen Thomson

KAREN THOMSON is the founder of the Harmony Eating Lifestyle Program (HELP) helpdiet.co.za, the world’s first inpatient programme treating carbohydrate and sugar as an addiction. She started the programme with Professor Tim Noakes, dietician Rael Koping and the Harmony Addictions Clinic. She also has an online programme called ‘The Sugar Free Revolution’.

Related to Suikervry

Related ebooks

Related articles

Reviews for Suikervry

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Suikervry - Karen Thomson

    cover.jpg

    Is jy ’n suikerverslaafde? Smag jy na soetgoed, brood, pasta en souserige kos? Ervaar jy lusteloosheid en gemoedskommelings omdat jou bloedglukose die hoogte inskiet en dan weer skerp daal? Ry jou gewig buite beheer wipplank? As jy ja antwoord op enige van hierdie vrae, kan jou gesondheid ’n tikkende tydbom wees. Waar vet voorheen die vyand was, wys wetenskaplikes ons nou daarop dat die groot hoeveelhede suiker wat ons inneem ons ongesond maak.

    Suikervry is propvol wetenskaplike navorsing en voedingsadvies om jou te help om suiker- en koolhidraatverslawing te verstaan. Dit bevat weeklikse maaltydplanne en resepte wat deur ’n dieetkundige goedgekeur is, en sluit opsies vir vegetariërs in, asook dagboekoefeninge om jou te help om die denkpatrone, en die fisieke en emosionele kettings van ou eetpatrone, te breek.

    Jy hou die antwoord op ’n volhoubare suikervrye lewenstyl in jou hande. Met hierdie eenvoudige en doeltreffende agtweekprogram om suiker uit te sny, kan jy en jou gesin die gesondheidsvoordele van verhoogde energievlakke en gewigsverlies geniet.

    Die skrywers Karen Thomson en Kerry Hammerton, wat albei gerehabiliteerde suiker- en koolhidraatverslaafdes is, verstaan presies wat jy moet weet om die verslawingsiklus met behulp van hulle begeleide agtweekprogram te breek.

    KAREN THOMSON is die stigter van die Harmony Eat & Lifestyle Program (HELP), www.helpdiet.co.za, die wêreld se eerste program vir binnepasiënte wat koolhidrate en suiker as ’n verslawing behandel. Sy het die program saam met professor Tim Noakes, dieetkundige Rael Koping en die Harmony-verslawingskliniek begin. Sy het ook ’n aanlynprogram, The Sugar Free Revolution.

    KERRY HAMMERTON is ’n lewenstyl- en gesondheidsafrigter. Sy is die skrywer van twee poësiebundels, These Are The Lies I Told You en The Weather Report. Kerry het ’n Lisensiaat in Akupunktuur en is ’n geregistreerde dokter van Chinese Medisyne en Akupunktuur in Suid-Afrika.

    TAMZYN MURPHY CAMPBELL is ’n geregistreerde dieetkundige, met ’n BSc-graad in Menslike Lewenswetenskappe van die Universiteit van Stellenbosch, en ’n BSc Med (Hons) in Human Nutrition and Dietetics van die Universiteit van Kaapstad. Sy is die voedingsredakteur en -skrywer by die tydskrif Health Intelligence. Tamzyn lewer gereeld bydraes tot verskeie publikasies, staan onderhoude op radio en televisie toe en is betrokke by onderwys en opleiding.

    VOORWOORD DEUR PROFESSOR TIM NOAKES

    Suikervry

    8 WEKE NA VRYHEID VAN SUIKER-

    EN KOOLHIDRAATVERSLAWING

    KAREN THOMSON & KERRY HAMMERTON

    met dieetkundige Tamzyn Murphy Campbell

    JONATHAN BALL UITGEWERS

    JOHANNESBURG & KAAPSTAD

    Ek het 150 mense se lewens met hartoorplantings gered. As ek vroeër in voorkomende medisyne begin belangstel het, sou ek 150 miljoen mense se lewens gered het.

    – Prof. Christiaan Barnard

    pic29.jpg

    Hierdie boek word opgedra aan

    prof. Christiaan Barnard

    en prof. Tim Noakes

    Albei hierdie mans het hierdie boek op so baie maniere moontlik gemaak.

    Voorwoord deur prof. Tim Noakes

    Ons lewens word dikwels deur sleuteloomblikke gerig, en dan besef ons eers baie jare later, indien ooit, die belangrikheid daarvan.

    Op Sondag 3 Desember 1967 was ek in Los Angeles, Suid-Kalifornië, die bevoorregte ontvanger van ’n beurs wat dit vir my moontlik gemaak het om ’n jaar lank aan Huntington Park High School te studeer. Om drie-uur daardie middag was ek op pad terug na Los Angeles, ná ’n besoek aan die sendingdorp San Juan Capistrano. Die radio was toevallig aan. Die drie-uurnuus het met ’n storie begin wat my lewe vir altyd verander het. Dit het so begin: ’n Sjirurgiese span in Kaapstad, Suid-Afrika, het die wêreld se eerste suksesvolle menslike hartoorplanting uitgevoer.

    Vir ’n oomblik was ek heeltemal stomgeslaan. Hoe kon dit moontlik wees? Vanweë die magdom hulpbronne in die Verenigde State en toonaangewende sofistikasie van bykans alles daar het ek bloot aanvaar dat alle wêreldveranderende gebeure heel eerste in die VSA sou plaasvind. Later het ek uitgevind die wêreld se mees ervare hartsjirurge het by Stanford University in Kalifornië, ’n paar honderd myl noord van Los Angeles, gewerk. Almal het verwag dat hulle die eerstes sou wees om hierdie wonderwerk te verrig. Hoe kon sjirurge uit my klein tuisdorp aan die suidpunt van die Donkerste Vasteland hulle voorspring?

    Teen die aand het ek die naam geken van die sjirurg wat die Kaapstadse sjirurgiese span gelei het: prof. Christiaan Barnard van die Groote Schuur-hospitaal, ook betrokke by die Universiteit van Kaapstad. Op daardie tydstip het ek nie geweet die ontvanger van hierdie nuwe hart, Louis Washkansky, was ’n diabeet wie se hart onherstelbaar beskadig is deur sy siekte nie. Of dat daar grondige wetenskaplike bewyse is wat die inname van suiker met die ontwikkeling van tipe 2-diabetes verbind nie.

    Twee weke later het prof. Barnard na die Verenigde State gereis om op Face the Nation, in daardie tyd die belangrikste televisieprogram in die VSA, te verskyn. Ek het vasgenael daarna sit en kyk. Hy het so jonk gelyk vir so ’n merkwaardige deurbraak. Hy was onpretensieus, skrander, en het alle vrae presies beantwoord. Hy was waardig en kalm, en heeltemal ongeïntimideer deur die mediawaansin wat die operasie ontketen het. Hy het selfvertroue en ’n teenwoordigheid gehad wat ek selde tevore gesien het, wat nog te sê van iemand wat so skielik wêreldwyd in die nuus was. Sy verskyning op TV daardie dag het ’n diepgaande uitwerking op my onderbewuste gehad – een wat uiteindelik my toekomsrigting bepaal het.

    Mettertyd het prof. Barnard die beroemdste dokter in die wêreld geword. En met goeie rede. Hy was een van Suid-Afrika se merkwaardigste mans – ’n genie, wat ’n behae geskep het in die uitdaging om dit te waag waar geen mens in die lang geskiedenis van medisyne dit al ooit gewaag het nie. Hy het op die grens tussen lewe en dood beweeg. Prof. Barnard en sy span het die hoogste suksessyfer in die wêreld vir hierdie operasie behaal. Basies was dit omdat hy met ’n visie begin en die geloof uitgespreek het dat sy span bestem was om daardie visie te bereik. Hy het later só daaroor besin: Ander het in die werk geglo en kort voor lank deur die nag in ’n kaal vertrek begin werk … Hulle het, soos ek, geglo dat ons ’n mediese waarheid sou vind. Omdat ons jonk was, het ons nie gevra waar hierdie geloof vandaan kom nie. Ons het dit geglo, ons het dit gevoel, en dit is wat ons tot hierdie dramatiese eindresultaat gedryf het.

    Presies drie maande na daardie eerste operasie, net voordat ek veronderstel was om na Kaapstad terug te keer, het ek een oggend wakker geword met ’n boodskap uit my onderbewuste: Tim, wanneer jy teruggaan Kaapstad toe, sal jy aansoek doen om medisyne aan die Universiteit van Kaapstad te studeer, en jy sal medisyne jou beroep maak. En dit is presies wat ek gedoen het. Dit is waarom ek elke dag dankbaar is teenoor prof. Barnard dat hy my ’n rigting in die lewe gegee het wat ek andersins dalk nie sou gekies het nie.

    Die skakel met hierdie boek is natuurlik dat Karen Thomson prof. Barnard se kleindogter is. Karen is ook die dogter van Deirdre Barnard, my tydgenoot en ’n skoolvriendin van my vrou, Marilyn. Maar dit het lewensveranderende gebeure in albei van ons se lewens geverg voordat ek uiteindelik my ikoon se kleindogter ontmoet het. En om die skakel tussen haar, hierdie boek en haar oupa te sien.

    Op 12 Desember 2010, 43 jaar en ’n paar dae na die eerste menslike hartoorplanting, het ek die tweede openbaring in my lewe ervaar. Ek het besluit dat my eetgewoontes van die afgelope 33 jaar, sedert ek as mediese dokter gekwalifiseer het, skadelik is vir my gesondheid, selfs al was dit die benadering wat deur my beroep voorgeskryf is. Ek het besluit om ’n dieet te begin volg wat die absolute teenoorgestelde was van wat ek geleer het gesond was. En daarom het ek begin om byna alle koolhidrate en alle suiker uit my dieet te verwyder en om meer proteïene en vet te begin eet. Die uitwerking op my gesondheid was revolusionêr. Waar ek voorheen my ouderdom gevoel het, het ek skielik 20 jaar jonger gevoel. My hardlopery is ook as’t ware vernuwe, en ek kon weer die hardlooptye wat ek laas in my vroeë veertigerjare opgestel het, behaal.

    Vir minstens ’n jaar het ek my geheim vir almal wat my nie in persoon gesien het nie, weggesteek. Hulle het dus nie geweet hoeveel gewig ek vanweë my nuwe dieet verloor het nie. Toe het Derek Watts ’n onderhoud met my op Suid-Afrika se Carte Blanche-program gevoer en effe moedswillig gevra of ek sou voorstel dat ons die dik laag vet van die lamstjop wat hy my vir middagete aangebied het, moet afsny. Toe ek gesê het ons behoort die vet te eet en die vleis weg te gooi, was my benadering skielik geopenbaar. En nie almal was, of is, beïndruk daardeur nie.

    Karen Thomson het ook na daardie program gekyk. Toe ek gesê het dat my eetplan honger laat verdwyn, terwyl koolhidrate, en veral suiker, tot verslawende eetgewoontes lei, het sy tot groot insigte gekom. Omdat sy in die veld van verslawingsbehandeling gewerk het en pasiënte met verslawings behandel het, was haar onmiddellike reaksie: het mense met ander verslawings ook verslawende eetpatrone? En, indien wel, kan ’n suikervrye, laekoolhidraat-hoërvetdieet hulle help om hulle primêre verslawing te oorkom? En indien suikerverslawing bestaan, is dit nie dalk moontlik om die toestand te behandel met dieselfde beginsels wat gebruik word om ander verslawings te hanteer nie?

    Karen se genetiese neiging om hierdie moeilike vrae te vra om pasiënte te help wat met komplekse gesondheidskwessies worstel, bewys dat sy, soos haar oupa, nou ’n mediese pionier geword het. Karen se visie het gelei tot die ontwikkeling van die wêreld se eerste program wat daaraan toegewy is om suikerverslawing te behandel volgens gevestigde metodes waarvolgens ander verslawings behandel word. Sy vra veral die volgende: Is vetsug as siekte in sommige mense in werklikheid ’n suikerverslawing wat nie herken word nie, en wat slegs genees kan word indien dit as ’n verslawing behandel word? Is suikerverslawing dieselfde soort verslawing as heroïen-, kokaïen- en alkoholverslawing?

    In Suikervry beskryf Karen haar persoonlike en professionele odussee na hierdie nuutgevonde visie, saam met haar medeskrywer Kerry Hammerton. Met hierdie nuwe rigting wat hulle inslaan, baan hulle die weg vir die res van die wêreld. Wanneer die boodskappe in hierdie boek werklik begryp word, sal ons die waarskynlike rol van suikerverslawing in die moderne wêreldwye epidemies van vetsug en diabetes beter verstaan. Tensy ons presies weet hoe suiker ons eetlus en voedselkeuses beïnvloed, is dit onwaarskynlik dat ons ooit daardie epidemies wat hand aan hand loop – die grootste uitdagings ooit vir die mens se gesondheid – sal kan omkeer.

    Prof. Barnard se grootste begeerte was om sy pasiënte te help om hulle lewensgehalte te verbeter. Naby die einde van sy lewe het hy geskryf dat sy persoonlike sjirurgiese vaardighede net tiene uit honderde individuele pasiënte gehelp het, maar as hy hom aan die voorkoming van die siekte toegewy het, hy dalk honderde miljoene meer mense kon gehelp het.

    Met hierdie boek reik Karen Thomson en Kerry Hammerton uit na daardie miljoene mense wat Karen se oupa nie bereik het nie. Ons weet nie tans wat die volle omvang van die nadele is wat suikerverslawing vir die gesondheid van die wêreldbevolking inhou nie, maar dit is waarskynlik baie ernstiger as wat ons nou besef. Soos die verswakte hart wat Karen se oupa met sy sjirurgiese skalpel verwyder en met die belofte van ’n nuwe hart vervang het, moet die plaag van suiker en die verslawing daaraan uit ons samelewing gesny word as ons dié wat die kwesbaarste is, wil help.

    Deur hierdie onderwerp te belig en haar persoonlike reis te onthul, is Karen Thomson die pionier en leier wat ons na ’n dramatiese eindpunt toe lei.

    Karen se oupa sou so trots gewees het.

    Wanneer om hulp te kry

    Hierdie boek is ’n instrument vir selfverkenning. Al die voorstelle in die boek is gegrond op die skrywers se persoonlike ervarings. Indien jy tydens jou eie selfverkenning oorweldig word deur jou emosies of dink jy kan dit nie hanteer nie, kry asseblief professionele hulp.

    Indien jy onmiddellik hulp nodig het, kontak asseblief ’n organisasie soos LifeLine. Spoor jou plaaslike tak aanlyn of in die telefoongids op. Jy kan ook met ’n professionele terapeut of sielkundige praat.

    Hierdie boek moet nie gebruik word om mediese toestande te diagnoseer of te toets nie. Indien jy die risiko van enige mediese toestand loop, gaan spreek asseblief jou mediese praktisyn. Gaan spreek ook ’n praktisyn voordat jy enige van die veranderinge in jou dieet en lewenstyl maak wat in hierdie boek aanbeveel word.

    Aanbevole professionele hulpbronne:

    Behandelingsfasiliteite vir binne- en buitepasiënte

    •  HELP Harmony Eating & Lifestyle Program, helpdiet.co.za

    •  Harmony Addictions Group, harmonygroup.co.za

    Aanlyn-voedingsleiding en -ondersteuning

    •  Die Noakes-stigting, thenoakesfoundation.org

    •  Real Meals, realmealrevolution.com

    •  Suikervry, sugarfreebook.co.za

    •  The Sugar Free Revolution, thesugarfreerevolution.com

    •  Dr. Ann Childers, annchilders.blogspot.com

    Groepondersteuning

    •  Overeaters Anonymous, oa.org.za

    Gesondheid- & Oefengemeenskap

    •  Sleek Geek, sleekgeek.co.za

    Indien jy aan enige mediese toestand soos onderaktiewe skildklier, diabetes, hoë bloeddruk, hoë cholesterol of hartsiekte ly, beveel ons sterk aan dat jy saam met ’n geïntegreerde mediese praktisyn werk om jou te help om jou toestand holisties te hanteer. Hier is twee aanbevole dokters:

    Dr. Neville Wellington

    Kenilworth Medicross, Kaapstad

    Tel. 27-21-683-5867

    Dr. Gail Ashford

    Kenridge Mediese Sentrum, Parktown

    Johannesburg

    Tel. 27-11-482-8297

    13857.jpg

    Waaroor gaan hierdie boek?

    Die nuwe kosrevolusie is hier. Almal praat daarvan, baie volg dit, en dit gaan alles oor lae koolhidrate en hoë vet (LKHV). Dit word ook Banting genoem, en is ’n manier van eet wat deur prof. Noakes in sy boek Die Kosrevolusie bekendgestel en gewild gemaak is.

    Talle blogs en baie boeke kan vir jou inligting oor LKHV gee: wat, hoe en wanneer om te eet. Sommige fokus op gesinsmaaltye. Ander verduidelik vir jou hoe om ’n hoëprestasie-atleet te wees en LKHV te eet, of verskaf wonderlike resepte en kosidees.

    Wat maak hierdie boek dus anders? Ja, ons is voorstanders van die LKHV-eetplan (kyk hoofstuk drie vir wat jy kan of nie kan eet nie, porsiegroottes, en ’n praktiese inkopielys van basiese gesonde kosse). Maar as jy ’n suiker- en koolhidraatverslaafde is, is wat en hoeveel om te eet net die helfte van die storie. Jy kan vasgevang wees in vernietigende patrone wat kos betref. Dalk ooreet jy jou, eet jy om jouself te troos of vergryp jy jou aan kos.

    Die LKHV-eetplan sal jou help om jou suiker- en koolhidraatverslawing te oorwin, maar jy sal ook jou lewenstyl moet verander. Ons Suikervry agtweekprogram sal jou na harmonie, balans en gesondheid lei. Ons gee jou ook die allerbelangrike en noodsaaklike hulpmiddels en tegnieke om die verslawende patrone en gedrag in jou lewe wat met suiker- en koolhidraatverslawing verband hou te oorkom. Ons wil jou help om die gesonde en wonderlike mens te word wat jy veronderstel is om te wees.

    Maar wie is ons?

    11739.jpg

    EK IS KAREN THOMSON

    My verhouding met suiker en koolhidrate – en my weersin in my liggaam en myself – het begin toe ek vier jaar oud was. Ek het myself op honderde maniere uitgehonger, vermink, volgeprop en onteer. Ek het my hele lewe lank gesukkel met lae selfagting en selfwaarde; ek het altyd gevoel dat ek op elke liewe gebied iets kortkom. Ek het nooit mooi of goed genoeg gevoel nie en het nooit baie selfvertroue gehad nie. Ek het hierdie emosies self met middels en my gedrag probeer dokter. Ek het basies geglo dat iets wesenlik verkeerd was in my en dat dit net reggestel kon word deur hierdie middels in te neem.

    Ek het altyd verhoudings, werksituasies en gebeure nagejaag wat my kernoortuiging versterk het: Ek het nie waarde nie, en sal nooit goed genoeg wees nie. Vandat ek op 16-jarige ouderdom begin modelwerk doen het, totdat ek in verhoudings beland het waarin ek misbruik is, het elke pad wat ek gekies het, elke persoon

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1