Huisgenoot

‘BEDROG’ VAN DIE ‘GOUE’ DIAKEN

OP DIE oog af sou jy beswaarlik ’n deugsamer egpaar kon vind: albei diakens van hul gemeente en steunpilare van hul kusgemeenskap met die asemrowende uitsigte op Tafelberg oorkant die blou water.

Tydens eredienste in die NG kerk Melkbosstrand kon jy die aantreklike en welvarende Cloetes nie miskyk nie. Monique, met haar gladgestrykte swart lokke en skitterwit glimlag, het die aankondigings voor die diens behartig. Die charismatiese Jaco, met daardie tikkie grys aan sy slape, het Bybels uitgedeel en was altyd onder die voorsangers.

“Jaco het tromme gespeel in die band, en as kerkraadslid was hy die voorsitter van die eiendomskommissie. Verder was hy ’n prima weldoener … As die kerk ’n braaier nodig het, dan gaan koop hy een. As ’n kragopwekker ontbreek, dan sorg hy,” vertel Pieter*, ’n jare lange gemeentelid, aan Huisgenoot.

Aan geld is daar skynbaar ook nie ’n tekort nie. Jaco, ’n voormalige Bloemfonteinse makelaar in sy 40’s, het ’n renperdstoet en vervoersaak. Hy en Monique, sy derde vrou, het glo ’n voorliefde vir duur motors. Sowat ’n dekade lank is hulle gesiene mense in dié welgestelde vakansieen aftreeparadys. Maar toe bars die bom.

In September verlede jaar daag die polisie se Valke-ondersoekeenheid op by die hoewe waar die egpaar woon en neem Jaco summier in hegtenis.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot6 min read
Menings Oor Stories Op Huisgenoot.com
Hy gaan op 72 deur ’n rowwe tyd weens rugbeserings, sê Leon Schuster. Maar hy maak grappies deur die pyn – en hy gáán nog sy droomfliek maak My prins, ek love jou en bid vir jou. Wees sterk my ou en beweeg, staan op, beweeg. My liewe grapjas, hou net
Huisgenoot6 min read
Tuindoepa
ALLES is in skakerings van groen. Swartgroen struike groei welig in die skadu van die fluoressente geelgroen koorsboom. ’n Groepie unieke blougroen broodbome word deur olyfgroen siergras omsoom. Eenkant groei die skoonma-se-tong. Geharde blaartonge k
Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru

Related