Huisgenoot

LOUIS: DIE STUKKE VAN DIE LEGKAART

HY DRA klaarblyklik genoeg baadjies om ’n verkleurmannetjie se kop dronk te maak.

By die omstrede sakeman Louis Liebenberg se sosiale troue in Pretoria is bekende gaste soos die gewese skopkoning Derick Hougaard en die radioman Niekie van den Berg gekiek – maar ook politieke hooggeplaastes soos die geskorste ANC-lid Carl Niehaus en een van oudpres. Jacob Zuma se dogters.

Hy vertel graag hoe hy voorheen ’n boemelaarsbestaan op straat gevoer het, maar het daarna miljoene rande by casino’s rondgestrooi.

Hy spog met sy vaardighede as diamanthandelaar, maar talle mense beweer hy het hulle ingeloop. En volgens Bheki Cele, die minister van polisie, word hy deur die direktoraat vir prioriteits-misdaad ondersoek.

Onlangs is sy rassistiese uitlatings in klankgrepe uitgelek, en daarna het verdere rassistiese en neerhalende opmerkings uit sy mond die nuus gehaal.

So tussendeur skaar hy hom oënskynlik by Jacob Zuma, volgens hom “die beste president”, ondanks dié se berugte nalatenskap. Luidens nuusberigte het hy R500 000 aan Zuma gegee sodat die beleërde oudpresident van sy hofkostes kan dek – maar Louis self sê die bedrag is baie meer.

Boonop beweer Louis oënskynlik in opnames wat aan Rapport gelek is dat hy en die Zuma-kamp ’n plan het om van pres. Cyril Ramaphosa en regter Raymond Zondo ontslae te raak.

‘HY KAN MENSE AFTREK. WANNEER JY JOU GELD GEVRA HET, HET HY LELIKE TAAL GEBRUIK’

Hoekom? Want hy wil na bewering met sy beplande betrokkenheid in die politiek ’n volkstaat probeer stig – iets wat hy nou ontken.

Maar wie is Louis Liebenberg werklik – en hoe pas die stukke van sy legkaart inmekaar?

WAAR SY SPOOR BEGIN

Louis Petrus

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie

Related