Huisgenoot

SKROP, SKROP – ONS HOU JOU DOP

DIS die hoenders teen die arende.

En nee, ons praat nie van ’n wedstryd in ’n nuwe sportliga nie.

Hier gaan dit oor derduisende rande en smerige aantygings. In die een hoek is “die hoenders”, en hul voorbokke het name soos Veronica Pierce, Dezzi Bokdrol, Koekie Een en

Tanja Liebenberg.

In die ander hoek is “die arende”, bestaande uit die omstrede diamantsmous Louis Liebenberg en die beleggers wat getrou aan hom gebly het.

Die hoenders het verlede jaar ontstaan nadat talle mense Louis daarvan beskuldig het dat sy diamantonderneming ’n piramideskema is. Hulle maak dit nou hul taak om te sorg dat die stof nie oor Louis gaan lê nadat daar beweer is hy het van die mense se geld soos mis voor die son laat verdwyn nie.

Nadat talle mense begin vra het waar hul geld is, het Louis en sy Forever Diamonds and Gold-sakegroep (FDG) dié mense bestempel as “hoenders” wat op hom pik. Hy het vir sy ondersteuners gesê hy en mense wat inkoop op sy sogenaamde diamantpakkies is arende met visie by wie hulle gerus kan belê.

“Arende kan nie sulke hoenders onder ons akkommodeer nie. Hoe groter hoogtes ons in ons besigheid bereik, hoe meer pik die hoenders.,” het hy in ’n stadium vir sy arende in hul privaat groep, FDG, op Facebook gesê.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Breipatrone By Dosyne
Alle breiliefhebbers, hier is Huisgenoot se nuwe Brei-uitgawe. Propvol patrone om hierdie winter af te skop sodat daar iets vir elkeen in die gesin is: truie vir peuters en kleuters, volwassenes en selfs jul geliefde brakkie. Allerlei komberse en kus
Huisgenoot1 min read
Agter Die Skerms
▶ Die reeks is in die noordelike voorstede van Kaapstad verfilm, asook op Stellenbosch en in die Jonkershoek-omgewing. ▶ Die vervaardigers het ’n ou herehuis op ’n kleinhoewe naby Durbanville gehuur om as Oupa en Ouma se huis te dien. Hulle het die p
Huisgenoot2 min read
Kolskoot Vir ’n cowboy
MET daai skrefiesoë wat onder die rand van ’n breërandhoed uitgluur, en ’n pistool sekuur op sy vyande gerig, kon hy enige skurk in hul broek laat … bewe. As speurder kon hy sonder om eens ’n oomblik te aarsel vir die skelm toesnou: “Go ahead, make m

Related