Huisgenoot

HY HET MY LEWE GEKAAP

SY WAS een van daardie mense wat gelyk het of hulle vir sosiale media uitgeknip is. Met haar groot oë, helder glimlag en vrolike persoonlikheid het Abby Furness van Brighton in Engeland ’n gemaklike selfvertroue uitgestraal.

Die talentvolle Abby het ’n graad in die uitvoerende kunste agter haar naam gehad. Sy het vuur geblaas, gedans, gesing en modelwerk gedoen. Veral haar Instagram- rekening was ’n uitstalplek vir haar vele talente.

Sy het hard gewerk en was trots daarop dat sy op ’n jong 20 jaar haar aanlyn teenwoordigheid kon gebruik om gereeld werkaanbiedings van bemarkers en geleent-heidsmaatskappye te kry.

Sy het veral ’n natuurlike aanleg gehad om te netwerk en aanlyn kontakte op te bou.

“Ek het altyd gesê dis my superkrag,” sê sy met ’n gespanne glimlag terwyl sy aan haar ou self terugdink. “Sosiale media was waar ek al my werk gekry het. En ek het elke naweek en die meeste aande gewerk.”

Haar aanlyn profiel het gegroei. In 2019 op ’n vakansie op Ibiza saam met haar kêrel het sy vriende gemaak met ’n groep beeldskone jong vroue wat genoeg aanlyn invloed gehad het om as “beïnvloeders” op te tree.

Sy was in haar noppies toe hulle haar op ’n glansryke boottoer saamnooi. Saam met hulle het sy vir selfies poseer – die ene swembroeke en sonsondergange – wat toe met die wêreld gedeel is. Dit was soos ’n droom. “Ek het baie gelukkig gevoel.”

Maar kort nadat

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Twee betogers van in die 80, wat lede is van die groep Just Stop Oil, het die glas oor die Magna Carta gebreek. Die Magna Carta is ’n bitter belangrike geskiedkundige Britse dokument uit 1215 – dis die eerste keer in die wêreld wat erken is dat die k
Huisgenoot4 min read
Hoe Werk ’n Kamera?
‘GOED, hier’s die tydskrif. Help my nou om ’n oulike advertensie te soek vir my skooltaak,” sê Bibi en sit die Huisgenoot op die tafel in die Babbelboomhuis neer. “Kan dit enige advertensie wees?” vra Palawa die kameelperd. “Is jy op soek na iets spe
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers

Related