VOOR jou lê die see eindeloos uitgestrek. Die middagson weerkaats op die helder blou water en branders breek teen yslike rotse net hier by jou voete.
Die kronkelpad hier by Kwaaiwater naby Skulpiesbaai is vandag, nes elke ander dag, ’n bedrywigheid van stappers en drawwers. Kort-kort skep een asem en tuur ’n oomblik ondertoe, na daar waar die rotse lê.
Die kronkelpad lei na ’n nou voetpaadjie –