Weg!

Die Hoëveld se Jungle Book

My broer, Deon van der Merwe, en sy vrou, Danielle, se heel eerste staptog was vier jaar gelede op Suikerboschfontein. Sedertdien kan hulle by famieliekuiers steeds nie uitgepraat raak oor die naweekroete óf die plaas buite Carolina, Mpumalanga, nie. Dit gaan ook gewoonlik gepaard met die gespog van foto’s op hulle selfone. Foto’s van ’n voetpad wat deur diep valleie kronkel, watervalle en strome, leertjies waarmee ’n mens teen rooi kranse uitklouter… Met die eerste melding van Suikerboschfontein was ek reeds vas oortuig om ook die roete te stap, maar ek en my man, Hancu, kon vanjaar eers daarby uitkom.

Ons vertrek vroegdag uit Johannesburg. Met net ’n raps meer as 250km se ry kan ’n mens maklik eers die Saterdagoggend die pad vat én nog genoeg daglig hê vir die eerste skof. My ánder broer, Marcus, sy vrou, Nenine, en hulle agtjarige dogter, Mischa, het ook eers met hanekraai van Mbombela (Nelspruit) gery, en ons ontmoet mekaar op Suikerboschfontein by die Oom Japie-hut. Dis uiteindelik tyd om te sien waaroor Deon al die jare so ’n bohaai maak.

DAG 1 10 KM Oom Japie na Rooikrans

Dit is Marcus, Nenine en Mischa se eerste naweekroete, en ons durf dit soos properse pakesels aan met al ons kos en klere op die rug. Vandag gaan ons klim, klouter en kreun!

Teen 1820m bo seespieël is die vertrekpunt hier by die hut die hoogste punt op die roete waarvandaan dit vir byna ’n uur geleidelik deur

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Agter Die Skerms
Jy het in die Kaap grootgeword… het jy toe ook in De Hoop gekuier? Ja, ek het goeie herinneringe aan De Hoop toe ons kleintyd daar vakansie hou het; dit was voor die opknappingswerk in 2007. Die reservaat was nog basies en ek onthou ek het volstruisv

Related