Weg!

Die vader van alle voetslaanroetes

“Hierdie herinner my aan die begin van The Lord of the Rings, die toneel waar Frodo in die woudpaadjie afhardloop om vir Gandalf te groet,” sê Rachel Fischer.

Dis ons eerste dag op die Fanie Bothastaproete en ek, Rachel en Annelize Mare het pas by die Ceylon-hut weggespring. As ’n voetpad deur ’n dennewoud reeds soos ’n hobbit se shire lyk, wag ’n fantasiewêreld vorentoe.

Toe Rachel vroeër die week vir haar medewerkers van ons vyfdag-Fanie vertel, het een glo gegrap: “Ek hoop vir julle onthalwe die roete is makliker as die man!” Maar moeilik of nie, dié oudminister van die destydse Nasionale Party het ’n visie gehad.

Die staproete is in 1973 geopen en was die baanbreker van ’n beoogde nasionale netwerk van voetslaanpaaie. Mnr. Botha het gedroom van ’n staphoofweg uit die Soutpansberg in Limpopo tot by die Sederberg in die Wes-Kaap. Sy idee was gebaseer op die bekende Appalachiese voetslaanpad wat vir 3 500 km deur die ooste van Amerika strek.

Al het hierdie “deurpad” nooit ’n werklikheid geword nie, bly die Fanie Botha legendaries en ’n puik opsie om twee, drie, vier óf vyf dae lank die Drakensbergplatorand te verken.

Die roete loop deur denneplantasies, inheemse woude, grasvelde en sandsteenrotsformasies met ’n Laeveldse lappieskombers wat onder jou voete uitstrek. En onthou jou baaibroek! Hier is oral riviere, watervalle en poele.

DAG 1 9KM

Ceylon na Maritzbos

Die eerste dag is eintlik net opwaming. Die roete kronkel meestal deur denneplantasies. Vir die eerste uur loop ons effens opdraande, en dan vir die volgende uur geleidelik af verby die Lone Creek-waterval.

Die waterval is sowat 750m links van die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Kortliks
ABALOBI is ’n slimfoon-app wat kleinskaalse vissersgemeenskappe met klante verbind. Restaurante en individue kan met die app vars vis direk by ’n visserman koop. Sodoende kry die vissermanne ’n goeie prys en toegang tot ’n groter mark. Dié grensversk
Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke

Related Books & Audiobooks