Weg!

Vyf uit vyf vir die High Five!

Ek het ’n voëltjie hoor fluit oor die uitgebreide netwerk van staproetes en -basiskampe tussen eNtokozweni (Machadodorp) en eManzana (Badplaas) in Mpumalanga. Noemnoem, High Five, Mount Komati, Oom Paul, Bloutrein, Bermanzi, noem maar op... Een van die beste maniere om die Skurweberg in die verre noordooste van die Drakensberg te ervaar is op die High Five-oornagroete (voorheen die Noem-noem –sien kassie op bl.43).

Ek en my man, Hancu, het die roete twee keer in een jaar gestap én ’n paar van die dagroetes. Op dié roetes stap jy in die wind op die Hoëveldse eskarp, klim oor die rand, kronkel deur klipdoolhowe, vleg deur die gras en staan gereeld in die skadu van woudreuse.

Die kok-kok van die bloukuifloerie volg jou dwarsdeur die bos. Die gladde boomwortels dwing jou oë afwaarts, maar uit die hoek van jou oog flits rooi vlerke van tak tot tak. Bo die roesbruin berghange sweef ’n kransaasvoël hoog bo jou kop. Langs die Komatirivier tree jy weer suutjies oor nat klippe. Jy moet jou ore spits om die bruinkopvisvanger te hoor; daai klee-kleeklee ding mee met die gedruis van water. Ja-nee, jy hoor beslis voëltjies fluit

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg12 min read
Ver In Die Wêreld
Party mense glo in liefde met die eerste oogopslag, maar dit is nie juis die geval met St. Helena-eiland nie. Dis ’n vulkaniese knoets in die middel van die wye Atlantiese Oseaan, skaars 16 km lank en 8 km breed. “Dis nie ’n aantreklike plek nie. Dit
Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke
Weg2 min read
Sterreweg
Wanneer een hemelliggaam voor ’n ander inbeweeg, praat ons van ’n “okkultasie”. Die bekendste voorbeeld hiervan is natuurlik ’n sonsverduistering wanneer die maan voor die son inbeweeg. Die maan beweeg ook voor sterre verby. ’n Mens sou dink dit gebe

Related