Weg!

Ken jy dié Queen?

Waar? In die Nelshoogte-reservaat

Afstand 26 km

Lengte 2 dae

Terrein Meestal rivierlangs deur ruigtes en dikwels gladde modderkolle ná reën.

Die Queen Rose is ’n bekende voetslaanpad in die Laeveld. Die roete en akkommodasie is nou onder nuwe bestuur en alles is die afgelope jaar opgeknap – des te meer rede om dié 26 km lange voetpad oor twee dae te kom verken.

’n Mens begin by die Queens River Adventure Camp, ’n veldskool- en-spanboukamp in die Nelshoogte-natuurreservaat, en stap dan deur verskeie biome wat wissel van sub-tropiese woud met watervalle tot grasvlaktes hoër op in die berg. Die roete sny deur die Montrose-denneplantasie, maar die pad lei stappers meestal deur die natuurreservaat en al dieper die riviervallei se klowe in.

Die 26 rivierkruisings met behulp van houtbrûe, kabels en soms net gladde klippe verseker nat sokkies!

Pak dus maar genoeg pare in en kyk ook mooi waar jy trap. Iets anders om jou oë voor oop te hou, is diere soos bobbejane, hiënas en luiperds – ons het gelukkig slegs

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg12 min read
Ver In Die Wêreld
Party mense glo in liefde met die eerste oogopslag, maar dit is nie juis die geval met St. Helena-eiland nie. Dis ’n vulkaniese knoets in die middel van die wye Atlantiese Oseaan, skaars 16 km lank en 8 km breed. “Dis nie ’n aantreklike plek nie. Dit
Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke
Weg2 min read
Sterreweg
Wanneer een hemelliggaam voor ’n ander inbeweeg, praat ons van ’n “okkultasie”. Die bekendste voorbeeld hiervan is natuurlik ’n sonsverduistering wanneer die maan voor die son inbeweeg. Die maan beweeg ook voor sterre verby. ’n Mens sou dink dit gebe

Related Books & Audiobooks