Weg!

Waar trane blydskap word

My man, Hancu Louw, spot gereeld dat ek nie ’n roete op my staplysie afmerk totdat hy dit nie saam met my gestap het nie. Die afgelope Nuwejaar gaan wys ek vir hom die poort. Ons vriende Tanya Erasmus, Maude Sandham en Daniel Buckland gaan saam.

Dis eintlik vreemd dat Hancu nog nooit hier was nie, want hy is in ’n voetslaan-familie gebore. My skoonma, Louise, onthou nog goed hoe sy as kind dié roete in die winter saam met haar ouers kom stap het: “Soggens rol die wasem uit jou mond, só koud is dit. Maar die handskoene en ekstra lae klere het gou gewaai sodra die son uit was. My ma het elke oggend met ’n long johns onder haar broek begin stap, en dan was dit ’n vreeslike gedoente om die ding weer uit te trek!”

Die langwerpige Blyderivierspoort-natuurreservaat (sowat 22500ha) strek van net buite Graskop vir sowat 50km noord saam met die gelyknamige canyon tot ánderkant die Blyderivierspoortdam. Die driedagstaproete lei ’n mens deur die suide van die poort.

DAG 1 3,5 KM God’s Window na Watervalspruit

Die stapgroep ontmoet mekaar by die Bourke’s Luck-kolkgate. Hier’s plek onderdak waar die motors die volgende paar dae veilig agter ’n hek kan staan. ’n Bussie neem ons en ons dagsakke na die beginpunt langs die R534-luspad, ’n entjie verby die God’s Window-uitkykpunt. Dis ietwat van ’n teleurstelling – hier’s nie eens ’n bordjie wat die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg2 min read
Agter Die Skerms
Jy het in die Kaap grootgeword… het jy toe ook in De Hoop gekuier? Ja, ek het goeie herinneringe aan De Hoop toe ons kleintyd daar vakansie hou het; dit was voor die opknappingswerk in 2007. Die reservaat was nog basies en ek onthou ek het volstruisv

Related