DIS ’n storie wat die hartsnare roer, een wat so te sê vra om ’n fliek te word. ’n Laerskoolmeisie wat te doen kry met tydlose kwessies: puberteit, geloof, jou verhouding met jou ouers, jou identiteit.
Deesdae word byna elke tweede topverkoperboek sommer blitsvinnig in ’n fliek omskep. Maar dit het 50 jaar geduur voor dit met Judy Blume se geliefde boek Are You There God? It’s Me, Margaret. gebeur het. En ’n hele paar generasies lesers kan nie wag om dit te sien nie.
Toe dié boek in 1970 verskyn het, was die internet nog ver in die toekoms, om nie eens te praat van Google of slimfone of TikTok nie. Die hoofkarakter en haar maats moes