Weg!

Hakuna matata, jy’s in Kenia!

Ná 5 000 km deur Ethiopië voel ons vodde en sien uit na ses salige nagte op die Lamu-eiland aan die kus van Kenia. Dinge loop seepglad by die Moyalegrenspos tussen Ethiopië en Kenia. Trouens, toe ons teen 6 nm. daar aankom, sê die immigrasiebeampte ons is maar die eerste voertuig die week!

Aan die Keniaanse kant word ons egter meegedeel dat die immigrasiekantoor gesluit is. Met “Hakuna matata!” dui ’n sekerheidswag ’n kol aan waar ons kan tent opslaan vir die nag. Die volgende dag is ons ná tien minute se papierwerk vort.

Is dit ’n dassie of ’n vampier?

Die 250 km – op ’n goeie teerpad, nogal – tussen Moyale en die dorpie Marsabit loop deur ’n enorme stuk halfwoestyn. Geen mens of dier is in sig nie: Dis net ons en die uitgestrekte landskap oortrek met vulkaniese rotse. ’n Boom versteur plek-plek die eentonige toneel.

Drie uur later hou ons op Marsabit by ’n winkel stil. Soos twee uitbundige kinders bestorm ons die yskaste met jogurt, kaas, wyn en ander lekkertes waarvan ons

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en
Weg2 min read
Op Reis
Ek kan nie “My Way” soos Frank Sinatra sing nie, maar net soos hy is daar net ’n handjievol besluite in my lewe waaroor ek spyt is… eintlik too few to mention. Ek moes wel jare gelede in The Littlest Bookshop op Molteno volumes I en II van Travels in
Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis

Related