Rapport

‘Daar ís goeie polisielede’ ‘Ons stem saam dat ons harder moet werk om hierdie aanvalle te voorkom,’ sê polisie-‘sheriff’

Daar is ’n ou waarheid in Suid-Afrika, dis township-gospel: Al manier om die regering se aandag te kry, is om iets aan die brand te steek – die rookseine te laat opgaan.

Dan eers gee die politici aandag.

Dan eers skryf die president ’n ope brief.

“Nee, nee, nee, nee, nee,” smeul min. Bheki Cele se lont kwartpad in ons Zoom-onderhoud.

“Dis die verkeerde ding om te sê! Ons is ’n grondwetlike demokrasie, alle Suid-Afrikaners het die reg om te betoog, maar jy kan nie eiendom vernietig of mense seermaak nie. Jy noem townships – as jy kla oor daar nie water is nie, hoekom brand jy skole af?”

Hoekom ruk boere op Senekal toe, minister? Wetsgehoorsame boere wat voel hulle het elke wettige roete reeds uitgeput?

Nou maar hoe kan hulle só voel, vra die minister ergerlik. Daar is tog wettige roetes.

“Die verdagtes is in die kortste moontlike tyd aangekeer. Hoekom brand jy dieselfde polisiewa wat die verdagtes selle toe gery het? Die hofgebou waarin hulle aangekla word? Hoekom neem jy die reg, wat reeds werk, in eie hande?”

Sy gesig onder sy swart hoed met die rooi veertjie is uitdrukkingloos.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport5 min read
China Wil Vrede Maak
Gert Grobler. Met die Amerikaanse presidentsverkiesing om die draai, woed pres. Donald Trump en sy minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, se aanslag teen China voort. Die aanslag word gekenmerk deur die idee dat ekonomiese en tegnologiese band
Rapport1 min read
SA Se Nuwe Koningin!
Shudufhadzo Musida is gisteraand gekroon as die nuwe Mej. Suid-Afrika. Die 23-jarige Shudu, soos haar ondersteuners haar noem, het ’n BA-graad in politiek, filosofie en ekonomie (PPE) van die Universiteit van Pretoria. Sy het grootgeword in Ha-Masia
Rapport3 min read
ANC Swaai Om Oor Verdagte Lede
Presies agt weke nadat pres. Cyril Ramaphosa aangekondig het ANC-lede wat aangekla is van korrupsie mag vir geen regeringspos oorweeg word nie, het die party dié besluit herroep. Groot opwinding het geheers toe Ramaphosa op Maandag 31 Augustus in ’n

Related