Kuier

KINKELS IN KINNEAR-SAAK

Vir landsburgers was hy die man wat gesorg het dat geregtigheid sal geskied. Vir mense in die kriminele onderwêreld was hy een van die grootste bedreigings. Vir joernaliste die kalm ondersoekbeampte en speurder met die grinnik wat altyd met dossiere onder die arm geloop het. Vir die gemeenskap en jeug was hy ’n steunpilaar. Vir sy kinders die beskermer en liefdevolle pa en vir sy vrou die liefde van haar lewe …

Dít was lt.kol. Charl Kinnear (52) wat op 18 September 2020 koelbloedig vermoor is.

Sy sluipmoord is ’n dolk in wetgehoorsame Suid-Afrikaners se harte. Dit is een wat koue rillings langs menige se ruggrate afgestuur het en gesorg vir groot opskudding en omstredenheid in die land se regstelsel.

Dié top cop was ’n bevelvoerder van die teenbende-eenheid in Kaapstad wat verskeie prominente figure in die kriminele onderwêreld ondersoek het. Hy was inderdaad soos ’n hond met ’n been – as hy eers gebyt het, het hy nie weer laat gaan nie. En toe word hy koelbloedig vermoor. Vol lood gepomp, helder oordag, voor sy huis in Bishop Lavis op die Kaapse Vlakte.

Zane Kilian (39) van Gauteng, wat na bewering as debt collector werk en ’n tracking-diens lewer, is op 22 September in verband met die moord op Charl gearresteer en het reeds in die hof verskyn. Volgens Netwerk24 staan hy tereg op aanklagte van moord, sameswering tot moord en die onregmatige onderskepping van kommunikasie (tracking van ’n selfoon). Hy het Charl se foon glo meer as 1 000 keer getrack.

Netwerk24 berig verder Kilian

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier1 min read
Fotoblokraai
NR. 311 WEN R350 KONTANT! VOLTOOI: Sy's ‘n dominee op Lambertsbaai met baie aanlyn followers. SKRYF SÓ IN: Vul die Fotoblokraai korrek in, skryf die letters in die kleurblokke neer en gebruik dit om die antwoord te ontrafel. SMS jou antwoord, naam, v
Kuier4 min read
Wat Die Hart Van Vol Is
Net voor ek moes skool toe gaan het dokters en familie gesê dis beter as ek na ‘n spesiale as ‘n hoofstroomskool gaan weens breinbeserings wat ek in ‘n motorongeluk opgedoen het. Ek was net twee jaar oud en die skade het my linkerkant verlam. Maar my
Kuier4 min read
Whatsapp: dink Voor Jy Praat
Jy is óf mal daaroor óf dit dryf jou teen die mure uit. Dis nou “voice notes”, oftewel daai stemboodskappe wat jy op geselsplatforms soos WhatsApp kry. Maar hoe ook al jy daaroor voel, daardie blikstemme oor jou selfoon gaan nie sommer stilraak nie.

Related