‘TOE EK DIE BOODSKAP AAN HOM OORDRA, HET HY GEVRA: WAAR IS MY PA? TOE EK VIR HOM SÊ HY’S DOOD, HET HY IN TRANE UITGEBARS’
OORNAG is die huis in Ou Nooiensfonteinstraat ’n ander kleur geverf, asof iemand dit ’n nuwe identiteit wou gee. Selfs die tuin lyk ekstra goed versorg, maar die deure en vensters is dig toe.
Oningeligte verbygangers sou dalk dink die vier huismense is gou uit en sal binnekort tuis wees, want op die grasperk drentel ’n kat en langs die huis sien ’n mens twee honde agter ’n hekkie.
Maar die gemeenskap van Kuilsrivier weet van beter, want al wat leef en beef is steeds verbyster oor die ondenkbare tonele wat dae tevore agter die skynbaar vreedsame mure afgespeel het. Die “huis van