Huisgenoot

G’N GEWAG VIR JAWOORD

MET haar eerste boek, Lean In, het sy vroue mekaar leer ondersteun. En met haar tweede het Sheryl Sandberg ’n padkaart aangebied vir ander mense wat dood en verlies moet verwerk. Die titel was Option B, want opsie A, om by haar man te wees, was nie meer moontlik nie.

Dave Goldberg (47) is aan ’n hartaanval dood terwyl hulle in 2015 in Mexiko met vakansie was. Al was Sheryl bedroef, het sy geweet sy moes om hul twee kinders se onthalwe voortbeur. Met haar kenmerkende moedigheid het Facebook se hoofbedryfsbeampte toe besluit om die beste van opsie B te maak.

Nou, vyf jaar later, gebruik Sheryl (50) haar nuwe romanse om vroue aan te moedig om hul eie lotsbestemming te bepaal. Sy straal toe sy my tydens ons ontmoeting vroeër vanjaar van haar verlowing aan Tom Bernthal die vorige week vertel. Hy is die uitvoerende hoof van ’n konsultasiefirma en ’n voormalige televisievervaardiger.

“Toe ek en Tom verloof geraak het, het ons die naweek saam beplan,” vertel sy. Haar nuwe liefde, wat sy by ’n familiebarmitswa ontmoet het, was ’n vriend van haar oorlede man se broer, Rob.

“Dit was vir my belangrik dat ons saam beplan hoe ons verloof sou raak. Ons het oor die ‘verras my; vra my die jawoord’-model gepraat, maar dit is een van die grootste besluite wat jy ooit gaan neem.”

Sheryl skud haar kop. “Hoekom verras mans in 2020 steeds vroue en wag vroue dat mans hulle vra om te trou en roer dit nie self aan nie? Ek voer soveel gesprekke met die wonderlikste jong vroue wat sê: ‘Ek gaan nie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Die Spele In Syfers
Soveel etes sal daagliks in die Olimpiese dorp bedien word. Die aantal lande wat sal deelneem, insluitend die IOK se vlugtelingespan. Soveel ton CO₂ sal deur die Olimpiese Spele in Parys gegenereer word. Die organiseerders noem dit die groenste Spele
Huisgenoot2 min read
Wat Jy Moet Weet Oor Gedwonge Of Vroeë Aftrede
1 Is ek kragtens die wet verplig om op ’n sekere ouderdom af te tree? Nee. Die neiging is tussen 60 en 65, maar geen Suid-Afrikaanse wet skryf dit voor nie. Jy kan werk so lank as wat jy wil, of as wat jou dienskontrak bepaal. Werkgewers mag nie teen
Huisgenoot4 min read
Wintertyd, Fliektyd
As jy klaar deur die agt seisoene van Monk gekyk het wat vroeër vanjaar op Netflix uitgereik is, kan jy regskuif vir die fliek. Ná 14 jaar maak die eienaardige dog snaakse TV-speurder Adrian Monk (Tony Shalhoub) sy buiging op ons skerms in ’n fliek w

Related