Huisgenoot

FACEBOOK SE PLEISTER?

DIS nog ’n slegte week vir Facebook, haar man se maatskappy, toe dit tyd word vir my onderhoud met Priscilla Chan.

Die sosiale netwerk wat Mark Zuckerberg gestig het toe hulle saam aan Harvard studeer het, haal die hoofopskrifte – en om al die verkeerde redes.

Ek verwag Priscilla gaan dit kanselleer, maar toe nie. Maar haar kantoor vra dat ek vrae oor Facebook moet vermy, want sy kan nie namens haar man praat nie.

Dit gaan egter nie maklik wees terwyl ’n media-en politieke storm woed en Facebook gebuk gaan onder bewerings dat dit winste bo die gesondheid en veiligheid van sy gebruikers stel nie. Daarby span dit glo algoritmes in wat verdelende en potensieel skadelike inhoud bevorder.

Ek ontmoet Priscilla in die hartjie van Silicon Valley, in die blinknuwe Redwood City-hoofkantoor van die Chan Zuckerberg Initiative (CZI). Deur CZI wil sy en haar man 99% van hul rykdom weggee. En met dié dat hulle die grootste aandeelhouers van ’n biljoendollarmaatskappy is, is dit ’n reusebedrag geld.

Hulle het groot ambisies: “Om teen die einde van die eeu alle siektes te help genees, voorkom of bestuur” en ’n regverdiger samelewing te skep waar alle kinders gelyke geleenthede het. Hulle het al meer as R45 miljard weggegee.

Ek tref Priscilla op die kantore se daktuin aan waar sy vir die fotograaf poseer. Sy is ontspanne en glimlag maklik, een van daardie mense van wie jy nie kan help om te hou nie – so anders as haar man, wat dikwels kil voorkom.

Sy sê dis die eerste keer sedert die pandemie dat sy hakskoene dra. “Skryf asseblief ek het twee stelle trappe in dié hakke uitgeklim,” sê sy voor sy haar Manolo Blahniks vir ’n paar wit tekkies verruil.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot4 min read
Nog Altyd ’n Ster
OP ’N dag in 2005 het sy in haar volgepakte Toyota Tazz die langpad van Grabouw na Johannesburg aangepak. Sy was 25, met ’n kop vol drome en geen plan B nie. Maar haar wit tjor se nommerplaat het sy as ’n goeie voorteken beskou: CEO, “soos in chief e
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr

Related